07/09/2026
As jy al gehoor het in Pilates hulle praat van ʼn "springboard" of "tower/Cadillac"... dis heerlike apparaat om te hê. Dieselfde resultaat kan wel ook bereik word, en baie van die oefeninge kan presies gedoen word met innovasie. Met behulp van rekke van verskillende sterktes, met handvatsels, wat jy aan ʼn stewige struktuur kan koppel (in my geval venster diefwering) kan jy ʼn hele uur ʼn lekker klas doen wat groot verskeidenheid spier groepe teiken. Die hoogte van die rekke kan verskuif word na gelang van behoefte, en wat die spesifieke oefening vereis.