La Studio

La Studio Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | Aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefeninge. Stres hantering tegnieke, Hormoon balansering, Balans en Beter Brein funksie is van die voordele wat jy kan ervaar.

’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. OEFENTYE:

MAANDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

DINSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND kLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

WOENSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 - 17:45 : MIDDAG KLAS

DONDERDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

VRYDAE
7:45 – 8:30 : DIEP STREKKE EN "STRESS RELIEF"


JAAR FOOI : R180
MAAND FOOIE :
1 x per week : R300 per maand
2 x per week : R350 per maand
3 x per week : R400 per maand
4 x per week : R450 per maand
5 x per week : R500 per maand

AANLYN OEFENKLASSE :

Zoom word aangebied en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word. Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Jy gaan wel die volgende apparate nodig he. Pilates ring
Fascia balletjie
1kg hand gewiggies
Enkel gewigte
Oefenrek
(Al die bogenoemde kan aan gekoop word by die Studio en word gekoerier.) Oefenmat
Besemstok

WANNEER IS ZOOM KLASSE:

Maandae tot Vrydae : 7:45 - 8:30
Maar Zoom klas word per WhatsApp gestuur en kan op eie tyd voltooi word)

MAAND FOOI VIR AANLYN KLASSE : R380.00


KONTAK GERUS MARIETJIE SHEPHERD VIR VERDERE NAVRAE. 0829240872

DIE SPIERE WAT JY VANDAG BOU, GAAN JY LATER NODIG HÊ. 💪🌿Ons d**k maklik aan kragoefening as iets vir ’n mooi liggaam of ...
23/09/2026

DIE SPIERE WAT JY VANDAG BOU, GAAN JY LATER NODIG HÊ. 💪🌿

Ons d**k maklik aan kragoefening as iets vir ’n mooi liggaam of om gewig te verloor…

Maar swiep deur 👉, want spierkrag doen baie meer as dit.…

22/09/2026

Hoe lekker gesels ek en oom Pierre wat almal wat reeds oefen by ons motiveer maar ook die wat nog moet kom kuier. So trots op hom🙌🏻🙌🏻🙌🏻
Dit is NOOIT TE LAAT OM TE BEGIN OEFEN NIE. Kom uit kom saam. Daar is mans en dames en rehabklasse

JOU LIGGAAM HET NIE NET KRAG NODIG NIE… DIT HET OOK RUIMTE NODIG. 🌿’n Spier wat styf voel, is nie noodwendig ’n sterk sp...
21/09/2026

JOU LIGGAAM HET NIE NET KRAG NODIG NIE… DIT HET OOK RUIMTE NODIG. 🌿

’n Spier wat styf voel, is nie noodwendig ’n sterk spier nie. Swakheid en onvoldoende beheer kan ook tot spanning en styfheid bydra.

Daarom versterk én strek ons by La Studio — sodat die liggaam weer as een eenheid kan saamwerk, van jou oogspiere tot by jou kleintoontjies.

En soms is ’n goeie diep strek presies die tyd wat jy nodig het om weer asem te haal en op jouself te fokus. 🤍

Ons klasse oefen méér as net spiere. Ons oefen die hele mens.

🌿 Nog plek beskikbaar in ons 17:00-klasse en aanlynklasse.

20/09/2026

🤍SOMS BEGIN ’N STERKER RUG BY JOU HEUP. 🌿

’n Lunge met beheerde rotasie vra baie meer as net beenkrag. Die rotasie verhoog die uitdaging aan die gluteus medius, heupstabiliseerders en romp om die pelvis en ruggraat tydens beweging te beheer.

Waarom ons dit in rugrehabilitasie gebruik:

• Aktiveer en versterk die gluteus medius
• Verbeter pelvis- en heupstabiliteit
• Leer die heup en romp om beter saam te werk
• Verbeter enkelbeenbeheer en balans
• Bou funksionele krag vir stap, draai, trappe en sport
• Kan help om onnodige kompensasie deur die lae rug te verminder wanneer swak heupbeheer ’n bydraende faktor is

Rugrehabilitasie gaan dus nie altyd net oor die rug nie.

Soms moet ons die spiere rondom die pelvis weer sterk genoeg maak om hul deel van die werk te doen.

Sterker heupe. Beter beheer. Meer vertroue in beweging. 🌿

WAT AS ONS OPHOU OM OUDERDOM MET SWAKHEID TE VEREENSELWIG?Ons verloor nie ons behoefte aan beweging wanneer ons ouer wor...
18/09/2026

WAT AS ONS OPHOU OM OUDERDOM MET SWAKHEID TE VEREENSELWIG?

Ons verloor nie ons behoefte aan beweging wanneer ons ouer word nie — ons het dit juis méér nodig.

Oefening op ’n ouer ouderdom help om:
• spierkrag en funksionele vermoë te behou en verbeter
• balans en stabiliteit te verbeter en valrisiko te verminder
• beendigtheid en gewrigsgesondheid te ondersteun
• onafhanklikheid langer te behou
• makliker op te staan, trappe te klim, stap en alledaagse take te doen
• selfvertroue, energie en lewenskwaliteit te verbeter

My meestersgraad het gefokus op ouer mense en oefening, en dit bly ’n besondere passie by La Studio.

Hier hoef jy nie die sterkste, fiksste of vinnigste in die vertrek te wees nie.
Jy moet net nog wíl beweeg. Ons help jou van daar af. 🤍

Kom oefen saam. Kom bou weer krag. Kom behou jou onafhanklikheid.

JY OEFEN JOU SPIERE… MAAR OEFEN JY OOK JOU ASEMHALING? 🫁Ons kan maklik d**k dat asemhaling net iets is wat vanself gebeu...
18/09/2026

JY OEFEN JOU SPIERE… MAAR OEFEN JY OOK JOU ASEMHALING? 🫁

Ons kan maklik d**k dat asemhaling net iets is wat vanself gebeur. Maar jou asemhaling, beweging en senuweestelsel werk voortdurend saam.

Daarom gebruik ons by La Studio soms verskillende asemhalingspatrone tydens beweging — nie net om “diep asem te haal” nie, maar om die liggaam te leer aanpas wanneer die taak verander.

👉 Ander asemhaling.
👉 Dieselfde beweging.
👉 Nuwe uitdaging vir jou brein en liggaam.

Want goeie beweging gaan nie net oor sterk spiere nie — dit gaan oor ’n liggaam wat kan AANPAS. 🌿

Aanlynklasse
17:00 klasse

Nie almal se liggaam kan vandag dieselfde doen nie — en dit hoef ook nie.’n Oefening kan aangepas word sonder om die doe...
16/09/2026

Nie almal se liggaam kan vandag dieselfde doen nie — en dit hoef ook nie.

’n Oefening kan aangepas word sonder om die doel daarvan te verloor. Jy kan steeds sterker word, jou mobiliteit verbeter en vordering maak op jóú vlak.

By La Studio gaan dit nie oor wie die meeste kan doen nie.
Dit gaan oor opdaag, veilig beweeg en aanhou vorder.

En wanneer iemand sê: “Ek sien uit na elke oefensessie…”
dan weet ons beweging het méér geword as net oefening. 🤍

Leef Ligter. Beweeg op jou vlak. Word sterker van waar jy nóú is.
DAMES GROEPKLAS 9:00
MANS GROEPKLAS 9:00
Kontak☎️ ons vir jou afspraak

15/09/2026

EEN OEFENING MAAR SOVEEL MEER!!
Hierdie is deel van ’n heup-rehabilitasieprogram, maar kyk hoeveel moet saamwerk om die posisie te beheer:

* Adduktore — die baldruk aktiveer die binne-dyspiere en help met heup-/be**enbeheer.
* Quadriceps — werk isometries om die knieposisie te ondersteun.
* Iliopsoas/heupfleksore — dra by tot die hover-posisie en heupbeheer.
* Diep kernspiere — stabiliseer die romp en be**en terwyl die bene van die vloer af is.
* Skouer- en skapulêre stabiliseerders — dra liggaamsgewig en hou die bolyf sterk en stabiel.
* Neuromuskulêre beheer — verskeie spiergroepe moet gelyktydig saamwerk sonder dat die postuur verloor word.

Dis hoekom rehabilitasie nie net gaan oor waar die pyn is nie.
Ons leer die liggaam weer om as ’n EENHEID sterk en stabiel te beweeg. 🌿

La Studio | Wetenskap van HOOP

SOEPELHEID IS VRYHEID. 🤍Ons oefen sodat jou liggaam meer kan doen.Goeie skouermobiliteit help jou om:* makliker bo in di...
14/09/2026

SOEPELHEID IS VRYHEID. 🤍
Ons oefen sodat jou liggaam meer kan doen.

Goeie skouermobiliteit help jou om:

* makliker bo in die kas iets te kry
* aan te trek en jou hare te versorg
* beter postuur en bolyfbeweging te behou
* jou arms en borug rug vryer te beweeg
* alledaagse take met minder beperking te doen

En soos ons ouer word, word dit nóg belangriker om die bewegingsomvang wat ons het, te behou en doelbewus te oefen.🤍🤍

Want soepelheid gaan nie oor hoe ver jy kan strek nie…
dit gaan oor hoeveel VRYHEID jou liggaam jou elke dag gee. 🌿

La Studio — ons klasse bied meer as net gewigsverlies.
Ons oefen vir die lewe.
DAAR IS NOG AANLYN EN IN DIE 9:00 en 17:00klasse PLEK ☎️📞☎️📞☎️

KRAG IS GOED.MAAR HOE VINNIG KAN JOU LIGGAAM DAARDIE KRAG GEBRUIK? ⚡Dis waar plofkrag inkom.Om vinnig van rigting te ver...
13/09/2026

KRAG IS GOED.
MAAR HOE VINNIG KAN JOU LIGGAAM DAARDIE KRAG GEBRUIK? ⚡

Dis waar plofkrag inkom.

Om vinnig van rigting te verander, te spring, te land, weg te trek of jouself te stabiliseer vra dat jou brein, senuweestelsel en spiere vinnig saamwerk.

Pliometriese oefening kan help om:
krag + spoed + reaksievermoë + veerkragtigheid te ontwikkel.

En dis nie net vir elite-atlete nie. Die regte vlak vir die regte persoon kan deel wees van sportkondisionering én ’n progressiewe terugkeer na dinamiese beweging.

Ons doel is nie net sterker spiere nie —
ons wil ’n liggaam bou wat vinnig, sterk en voorbereid kan reageer. 🌿

La Studio | Meet. Oefen. Vorder.

Address

Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441

Telephone

+27829240872

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when La Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to La Studio:

Shortcuts

Share