Suikerbos VoortrekkerKommando

Suikerbos VoortrekkerKommando Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Suikerbos VoortrekkerKommando, Heidelberg.

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.🇿🇦 ’N BOODSKAP UIT SUID-AFRIKA VIR ONS 95STE VERJAARSDAG!Dit is hi...
14/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

🇿🇦 ’N BOODSKAP UIT SUID-AFRIKA VIR ONS 95STE VERJAARSDAG!

Dit is hier, aan die suidpunt van Afrika, waar die Voortrekkervlam 95 jaar gelede aangesteek is.

Sedertdien is dié lig van geslag tot geslag aangegee – ’n lig van geloof, karakter, diensbaarheid en koersvastheid. Soos ’n lantern wat nie net vir homself brand nie, het Die Voortrekkers deur die jare jongmense toegerus om ook vir ander die pad te help verlig.

Vandag brand daardie lig oor verskeie landsgrense heen en herinner ons aan ons 2026-tema:

Voortrekkers, as ligdraers in die wêreld.

Mag ons lantern nooit uitdoof nie. Mag elke nuwe geslag die lig ontvang, dit helder laat brand en dit weer verder aangee.

HOU KOERS!




Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.🇳🇿 ’N BOODSKAP UIT NIEU-SEELAND VIR ONS 95STE VERJAARSDAG!Ons Voor...
12/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

🇳🇿 ’N BOODSKAP UIT NIEU-SEELAND VIR ONS 95STE VERJAARSDAG!

Ons Voortrekkervriende in Nieu-Seeland stuur ’n besondere boodskap:

“Geluk met 95 jaar van diens, leiding en karakterbou!

Vir 95 jaar help Die Voortrekkers om jongmense toe te rus met waardes, kennis en leierskapvaardighede. Dit is vir ons in Nieu-Seeland ’n voorreg om deel van hierdie ryk erfenis te wees en as Voortrekkerligdraers hier die werk voort te sit.

Mag Die Voortrekkers nog vir baie geslagte ’n positiewe invloed op die jeug van Suid-Afrika, Namibië en Nieu-Seeland hê.

Hou koers!”

95 jaar. Vier lande. Een Voortrekkerhart.



Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.HOU KOERS… AL IS DIT OP VIER HOEWE!Wanneer jy só ernstig is oor Di...
11/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

HOU KOERS… AL IS DIT OP VIER HOEWE!

Wanneer jy só ernstig is oor Die Voortrekkers dat selfs jou perd regstaan vir ‘n spanbyeenkoms.

Die hoed is op, die houding is reg… nou kort hy net sy kentekens.

Gee dié Voortrekkerperd ’n naam! 👇
Ons wil die beste (en snaaksste!) voorstelle hoor. Druk op die Skakel en praat met ons: https://www.facebook.com/share/p/1HP8Bqemyu/



Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

HOU KOERS… AL IS DIT OP VIER HOEWE!

Wanneer jy só ernstig is oor Die Voortrekkers dat selfs jou perd regstaan vir ‘n spanbyeenkoms.

Die hoed is op, die houding is reg… nou kort hy net sy kentekens.

Gee dié Voortrekkerperd ’n naam! 👇
Ons wil die beste (en snaaksste!) voorstelle hoor.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor Die Voortrekkers:
📧 [email protected]
📞 012 329 6011
📧 [email protected]



Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers. HOE SKERP IS JOU KAMPOOG?’n Kampterrein is vol dinge wat ’n mens ...
10/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

HOE SKERP IS JOU KAMPOOG?

’n Kampterrein is vol dinge wat ’n mens nodig het – party voor die hand liggend en ander… wel, dalk is dit tyd vir ’n tentinspeksie! 😂

Ons het verskeie kampartikels en stukke toerusting in dié prent versteek.

👉 Hoeveel kan jy raaksien?
👉 Noem dié wat jy kry in die kommentaar.
👉 Kry jy almal, verklaar ons jou kampgereed!



Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.Die Voortrekkers ken geen grense nie.  Het jy geweet Die Voortrekk...
09/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

Die Voortrekkers ken geen grense nie.

Het jy geweet Die Voortrekkers is amptelik reeds in vier lande?

🇿🇦 Suid-Afrika
🇳🇦 Namibië
🇳🇿 Nieu-Seeland
🇦🇺 Australië

Vier lande. Een beweging. Dieselfde waardes.

Vertel vir ons: Waar in die wêreld is jý ’n Voortrekker?


Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.Die Voortrekkers bied verskeie kortkursusse aan waar lede nuwe ken...
08/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

Die Voortrekkers bied verskeie kortkursusse aan waar lede nuwe kennis en praktiese vaardighede aanleer. Ná suksesvolle voltooiing ontvang jy ’n kenteken wat op jou formele Voortrekkerdrag gedra kan word.

Wat is jóú gunsteling Voortrekkerkenteken en waarom?


🎉 *GEBIED OOSVAAL - VOORSLAG 2026* 🎉Baie geluk aan al die Voorslag-lede van Gebied Oosvaal wat deelgeneem het aan die Vo...
07/09/2026

🎉 *GEBIED OOSVAAL - VOORSLAG 2026* 🎉

Baie geluk aan al die Voorslag-lede van Gebied Oosvaal wat deelgeneem het aan die Voorslag-kamp!

Sterkte - nou kom die wag vir die uitslae!

Dit was ’n kamp vol uitdagings, vriendskap, groei en trots. Julle het weer eens gewys wat die Voortrekker-gees regtig beteken.

’n Groot dankie aan al die offisiere en ouers vir julle hulp, ondersteuning en deelname. Julle bydrae help om die toekoms van ons beweging te bou - en daarvoor is ons opreg dankbaar.

Hou Koers, Oosvaal! 💪🔥

Gebied Oosvaal Dagbestuur

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.Kan jy raai wanneer is hierdie foto geneem?
07/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

Kan jy raai wanneer is hierdie foto geneem?



03/09/2026

Baie sterkte Meiring! Mag jy elke oomblik van jou Voorslagkamp geniet!

Goud, silwer of brons...die herinneringe word in volkleur gekoester!

Ons is trots op wie jy is, 'n Voortrekker deur en deur.

Ons bid dat die kamp geseënd sal wees en dat jy terugkom met baie stories om te vertel!

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.By Die Voortrekkers mik ons altyd hoër✈️ - nie om bo ander uit te ...
02/09/2026

Op 30 September vier ons 95 jaar van Die Voortrekkers.

By Die Voortrekkers mik ons altyd hoër✈️ - nie om bo ander uit te styg nie, maar om meer te beteken, verder te dink en ons lig al helderder in die wêreld te laat skyn.
Al 95 jaar lank.



Address

Heidelberg

Opening Hours

17:00 - 18:00

Telephone

0836119589

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Suikerbos VoortrekkerKommando posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Suikerbos VoortrekkerKommando:

Shortcuts

Share