Protea RVK

Protea RVK Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Protea RVK, Sports Team, De Doorns.

07/09/2026

Goeie dag Protea Faithful

Vanaf Protea RVK en Bestuur wil ons graag ons innige simpatie en meegevoel betuig aan die voorsitter van Multisure Villagers Worcester RVK, mnr. John Vergotini, en sy familie met die afsterwe van hul moeder.

Mag die Here julle omvou met Sy liefde en vertroosting in hierdie moeilike tyd. Mag julle krag en vrede ontvang deur die wete dat Hy altyd naby is aan diΓ© wat hartseer is.

β€œDie Here is naby die gebrokenes van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.”
Psalm 34:19

Ons bid vir julle en wens julle alle sterkte, moed en vertroosting toe.

πŸ’šπŸ’›

Goeie dag Protea Faithful Ons spelers wat ons gaan verteenwoordig in die GrootUitdaag Uitspele vir 2027 en die Sanlam Bo...
05/09/2026

Goeie dag Protea Faithful

Ons spelers wat ons gaan verteenwoordig in die GrootUitdaag Uitspele vir 2027 en die Sanlam Boland Rugby Super16 is bekend gemaak.

Baie geluk aan elke speler wat die groep gehaal het. Julle harde werk, opoffering en toewyding word raakgesien. Ons wens julle alle sterkte toe met die voorbereiding wat voorlΓͺ.

Ons staan agter julle as ’n span en as ’n dorp. Gaan uit en maak ons trots. Ons bid en vra ons Hemelse Vader om elke speler en afrigter te beskerm te bewaar en te lei deur hierdie volgende uitdaging.

πŸ’šπŸ’›

Goeie dag Protea Faithful Na ’n ongelooflike seisoen vol genade, uitdagings en oorwinnings wil ons as Protea RVK en Best...
04/09/2026

Goeie dag Protea Faithful

Na ’n ongelooflike seisoen vol genade, uitdagings en oorwinnings wil ons as Protea RVK en Bestuur graag vir elke speler en ondersteuner uitnooi om Sondag, 6 September 2026 saam met ons die diens by die AME Kerk by te woon.

Kom ons kom saam as een span en gee eer aan ons God vir Sy onvoorwaardelike genade, Sy krag en dat Hy ons deur elke wedstryd elke uitdaging en elke oomblik gedra het.

Ons glo dat elke sukses begin met dankbaarheid. Kom ons staan saam nie net op die rugbyveld nie maar ook in geloof en as ’n gemeenskap.

Ons vra ook graag dat almal indien moontlik hulle Protea T-shirt of Tops aantrek om ons ondersteuning, eenheid en dankbaarheid te wys. Indien jy nie ’n Protea top het nie dra gerus iets groen om saam met ons die Protea gees te wys.

Diens begin om 10:00.

Ons nooi elke speler, afrigter, bestuur en ondersteuner uit om saam met ons hierdie spesiale oomblik te deel.

πŸ’šπŸ’›

Happy Birthday Ally! πŸŽ‚πŸŽ‰πŸŽŠ  πŸ’šπŸ’›
04/09/2026

Happy Birthday Ally! πŸŽ‚πŸŽ‰πŸŽŠ
πŸ’šπŸ’›

Baie geluk aan Pat Marran met die groot eer om tot die Wes-Kaapse Parlement opgeneem te word. Ons wens jou alle sterkte ...
03/09/2026

Baie geluk aan Pat Marran met die groot eer om tot die Wes-Kaapse Parlement opgeneem te word.

Ons wens jou alle sterkte toe met hierdie nuwe verantwoordelikheid. Mag jy met wysheid en toewyding jou termyn aanpak en ’n positiewe verskil maak.

Baie geluk en voorspoed vir die pad vorentoe! πŸ’ͺ

πŸ’šπŸ’›

Die Saterdag, 5 September 2026.
02/09/2026

Die Saterdag, 5 September 2026.

En so het ons liga seisoen tot ’n einde gekom. Ons kan met trots sΓͺ dat ons gekroon is as die BreΓ«rivier Streekuitdaag K...
29/08/2026

En so het ons liga seisoen tot ’n einde gekom. Ons kan met trots sΓͺ dat ons gekroon is as die BreΓ«rivier Streekuitdaag Kampioene vir 2026. πŸ’šπŸ’›

Ons sluit die seisoen af met 105 punte op die punteleer en slegs een nederlaag vir die hele jaar. Dit wys net wat moontlik is wanneer daar geloof, harde werk, dissipline en eenheid binne ’n span is.

Die seisoen is egter nog nie klaar nie. Daar wag nog doelwitte en missies wat ons wil bereik voordat die jaar tot ’n einde kom. Maar vandag vat ons ’n oomblik om hierdie besondere prestasie te geniet.

πŸ’šπŸ’›

29/08/2026

DIE BREΓ‹RIVIER STREEKUITDAAG KAMPIOENE 2026!!
πŸ’šπŸ’›

Final Score!  πŸ’šπŸ’›
28/08/2026

Final Score!
πŸ’šπŸ’›

Isidingo Premium Lounge bied Vrydag aand nΓ‘ die wedstryd ’n viering aan vir ons Kampioene se prestasie.πŸ•— Deure open 20:0...
27/08/2026

Isidingo Premium Lounge bied Vrydag aand nΓ‘ die wedstryd ’n viering aan vir ons Kampioene se prestasie.

πŸ•— Deure open 20:00
🎟️ Toegang: R20
🚫 Geen persone onder 18 toegelaat nie.

Streng sekuriteit sal by die ingang en buite wees.

Kom vier saam met ons en kom ondersteun ons spelers met ’n woord van aanmoediging.

πŸ’šπŸ’›

Address

De Doorns

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Protea RVK posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category