05/06/2026
🚨 Belangrike Kennisgewing: Dyllan is vandag amptelik 24 jaar oud! 🚨
Baie geluk aan ons Assistant Manager. Vir die van julle wat gewonder het hoekom hy deesdae so baie grys hare kry... dis nie die ouderdom nie, dit is die job!
Dyllan, dankie dat jy die skip in die regte rigting stuur, selfs as die res van ons roei soos mal mense. Jy is die ou wat die vure doodslaan en sorg dat almal op hul poste is (en wakker is). Jy hanteer die druk soos ’n baas en ons is rigtingloos sonder jou.
Gaan gooi vir hom ’n lekker "Happy Birthday" hieronder sodat hy weet ons laaik hom stukkend! 👊🎉