15/09/2026
Ons Legend Verjaar 🥳🎣 58🥳
Waarom beskou ons jou as 'n Legend?
Jy het 'n hart en 'n passie vir hengel soos wat ons nog nooit vantevore gesien het nie!
Jy het 'n hart van platinum; jy doen alles vanuit die hart en verwag niks in ruil daarvoor nie!
Jy het storms oorleef en sterker daaruit gestap!
Jy het 'n wonderlike gesin gebou wat vir jou lief is! Jy is die beste Pa vir Noah – sy beste vriend, sy held en 'n ongelooflike voorbeeld van 'n ware Gentleman!
Jy is 'n liefdevolle en omgee-eggenoot vir Lorinda, haar ‘Safe Haven’!
Jy vervaardig vir meer as 30 jaar hengelaas met ware toewyding – iets wat soveel mense die geleentheid gegee het, en steeds gee, om te hengel!
Jou woord is goud werd! Jou passie is opreg! Jou hart is een uit 'n miljoen!
En jou liefde vir kinders is onvoorwaardelik!
Veels geluk met jou verjaardag, ons Schalla! Mag God se lig nooit ophou skyn oor jou, jou gesin, jou besigheid en al die mense in jou lewe wat jou laat glimlag nie!
Lekker Verjaar ONS Legend🥳