Rangers Rugby Club Dysselsdorp

Directions Contact the business

Rangers Rugby Club Dysselsdorp The mission of Rangers Rugby Club is to promote and teach the sport of rugby, developing player athlets.

KENNISGEWING: SPESIALE ALGEMENE VERGADERING Dysselsdorp Rangers Rugby KlubDie bestuur van Dysselsdorp Rangers RFC nooi h...
16/10/2026

KENNISGEWING: SPESIALE ALGEMENE VERGADERING

Dysselsdorp Rangers Rugby Klub

Die bestuur van Dysselsdorp Rangers RFC nooi hiermee alle lede uit na ’n Spesiale Algemene Vergadering.

📅 Datum: Saterdag, 31 Oktober 2026
⏰ Tyd: 14:00
📍 Plek: Score

AGENDA:

Opening en verwelkoming

Bywonings en verskonings

Registrasie/Nuwe lede

Sekretariële verslag

Finansiële state

Verkiesing van nuwe bestuur

Bedankings en afsluiting

Ons doen ’n vriendelike beroep op alle lede om die vergadering by te woon, aangesien belangrike sake rakende die klub bespreek sal word, insluitend die verkiesing van ’n nuwe bestuur.

Julle teenwoordigheid en deelname word opreg waardeer. Kom ons werk saam vir die groei en toekoms van ons geliefde klub!
❤️🤍

Kom ondersteun die spelers van DYSSELSDORP RANGERS RFC en bederf jouself met ietsie LEKKER!Op die spyskaart is ons heerl...
14/10/2026

Kom ondersteun die spelers van DYSSELSDORP RANGERS RFC en bederf jouself met ietsie LEKKER!

Op die spyskaart is ons heerlike ROOSTERBROOD MET VARKCHOP & STEW, teen slegs R50!

Datum: Saterdag, 17 Oktober 2026
Tyd: Vanaf 12h00
Plek: Dysselsdorp Score
Prys: Slegs R50

BRING 'N VRIEND OM SY EEN OOK TE KRY!

JOU ONDERSTEUNING WORD WAARDEER.
❤️🤍❤️🤍

Namens die Kapelaan, Bestuur, Afrigters, Spelers en die hele Rangers-familie wil ons aan elke matrikulant van 2026 alle ...
12/10/2026

Namens die Kapelaan, Bestuur, Afrigters, Spelers en die hele Rangers-familie wil ons aan elke matrikulant van 2026 alle sterkte en voorspoed toewens met julle finale eksamens.

FILIPPENSE 4:13
"Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee."

Mag die Here julle seën met wysheid, kennis, kalmte en deursettingsvermoë.

Bly gefokus, vertrou op julle voorbereiding en moet nooit ophou om in julself te glo nie.

Onthou: jou toekoms is vol moontlikhede.
Stap elke eksamenlokaal binne met moed, vasberadenheid en geloof.

Met liefde en gebede,

Kapelaan Lee-Roy Henrico Lindt
Dysselsdorp Rangers RFC

❤️🤍

Dysselsdorp Rangers RFC Spelers wil graag uit ons harte BAIE DANKIE sê aan elke persoon wat ons funksie ondersteun en by...
30/09/2026

Dysselsdorp Rangers RFC Spelers wil graag uit ons harte BAIE DANKIE sê aan elke persoon wat ons funksie ondersteun en bygedra het tot die sukses van die dag.

’n Spesiale woord van dank aan Build it Oudtshoorn, wat as een van die borge van die dag opgetree het. Julle ondersteuning en bereidwilligheid om in ons klub en gemeenskap te belê, word opreg waardeer.

Dit is met groot hartseer dat Dysselsdorp Rangers RFC kennis neem van die afsterwe van Mnr Saag Jonker, ’n voormalige bo...
29/09/2026

Dit is met groot hartseer dat Dysselsdorp Rangers RFC kennis neem van die afsterwe van Mnr Saag Jonker, ’n voormalige borg en ondersteuner van ons klub.

Mnr Jonker se ondersteuning en bydrae tot Rangers sal met opregte waardering onthou word. Mense wat bereid is om in ’n gemeenskap en sy sport te belê, laat ’n nalatenskap wat veel verder strek as net die speelveld.

Aan sy familie, werkers, vriende en kennisse wil die hele Rangers-familie ons diepste en opregte medelye betuig. Mag julle in hierdie moeilike tyd krag en vertroosting vind in die mooi herinneringe wat julle saam met hom kon deel.

Ons gedagtes en gebede is met elkeen wat deur sy heengaan geraak word. 🙏🏽

Rus sag, Mnr Saag Jonker.🕊🕊

Kom ondersteun die Players van Rangers RFC en geniet sommer ’n heerlike dag saam met ons! ❤️🤍ROOSTERBROOD MET VARKCHOP &...
22/09/2026

Kom ondersteun die Players van Rangers RFC en geniet sommer ’n heerlike dag saam met ons! ❤️🤍

ROOSTERBROOD MET VARKCHOP & STEW – SLEGS R50!
Saterdag, 26 September 2026
Vanaf 12:00
Dysselsdorp Score

NA 12:00 SKOP ONS FAMILIEDAG AF!

Bring die hele familie, jou kampstoel en jou goeie gees! Daar sal lekker aktiwiteite vir groot én klein wees. Die kinders kan hulself geniet terwyl die grootmense lekker kuier.

Pak jou mandjie, bring jou mense en kom geniet ’n gesellige middag saam met die Rangers-familie.

Kom ondersteun ons spelers, bring die huiskinders saam en kom kuier saam!

❤️🤍 RANGERS RFC – EEN KLUB. EEN FAMILIE. ❤️🤍

Vrydagaand het ons Rangers-spelers behoorlik die plek aan die brand gedans by Club Dayla D! ’n GROOT DANKIE aan elkeen w...
13/09/2026

Vrydagaand het ons Rangers-spelers behoorlik die plek aan die brand gedans by Club Dayla D!

’n GROOT DANKIE aan elkeen wat uitgekom het, saamgespeel, gedans en ons spelersfunksie ondersteun het. Julle maak hierdie dinge moontlik!

’n SPESIALE DANKIE aan Club Dayla D vir julle venue, gasvryheid en ondersteuning. Ons waardeer julle ongelooflik baie!

En aan ons DJ, dankie vir die musiek en die vibes! Jy het seker gemaak niemand wou huis toe gaan nie!

RANGERS FAMILIE, JULLE IS YSTERS! ❤️🤍

LUCKY DRAW FRIDAY Hierdie is nie net nóg ’n Vrydagaand nie… hierdie is ’n VIBE! 😎🔥DIE EERSTE 300 PERSONE wat opdaag, kry...
07/09/2026

LUCKY DRAW FRIDAY
Hierdie is nie net nóg ’n Vrydagaand nie… hierdie is ’n VIBE! 😎🔥

DIE EERSTE 300 PERSONE wat opdaag, kry ’n kans om deel te wees van ons LUCKY DRAW!
So moenie dink jy kan laat arriveer nie… WEES VROEG EN SECURE JOU CHANCE!

DOMINOES GAME NIGHT
DJ FIBO gaan die vibes bring!
LUCKY DRAW
En natuurlik… RANGERS ENERGY!

VRYDAG | 11 SEPTEMBER 2026
Club Dayla D
20H00
R10

Bring jou vriende, bring jou familie, bring die VIBES, maar MOENIE TE LAAT WEES NIE! 💃💃

Gister het ons Rangers-spelers ’n baie suksesvolle spelersfunksie gehou, en wat ’n lekker dag was dit nie! ’n Groot DANK...
06/09/2026

Gister het ons Rangers-spelers ’n baie suksesvolle spelersfunksie gehou, en wat ’n lekker dag was dit nie!

’n Groot DANKIE aan al ons spelers en almal wat gehelp het om die dag moontlik te maak.

’n Spesiale DANKIE aan elkeen wat ons kom ondersteun het. Julle ondersteuning beteken vir ons ongelooflik baie en help ons om Rangers sterk te hou.

Ons waardeer elke speler, ondersteuner en persoon wat op enige manier ’n hand bygesit het.

❤️🤍❤️🤍

Die SWD Eagles O/21 pak môre die Boland, en ons is ongelooflik trots om te weet dat twee van ons eie huiskinders van Dys...
04/09/2026

Die SWD Eagles O/21 pak môre die Boland, en ons is ongelooflik trots om te weet dat twee van ons eie huiskinders van Dysselsdorp deel is van die span.

THEMBILE GELANT
BRAD AVONTUUR

Namens Dysselsdorp Rangers RFC en die breë rugbygemeenskap van Dysselsdorp wil ons julle baie gelukwens met hierdie besondere geleentheid!

Julle verteenwoordig nie net julleself nie julle dra die naam van Dysselsdorp saam met julle op die veld. Ons is trots op elke tree wat julle geneem het om hier te kom en wens julle alle sukses toe vir môre se wedstryd.

Thembile & Brad
Ons staan agter julle! 🏉❤️🤍

Address

Dysselsdorp
6628

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rangers Rugby Club Dysselsdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Rangers Rugby Club Dysselsdorp:

Shortcuts

Share

Category

Nearby gyms & sports facilities