Delicious Rugby Klub Ceres

Delicious Rugby Klub Ceres 'n Gemeenskaps rugby klub in die hartjie van die Boland, wat passievol is oor die spel van rugby, en toegewyd is tot die ontwikkeling van jong spelers.
(1)

16/09/2026

Kennisgewing❗❗❗

Daar is venaand en more oefening van die Delicious 7's. Oefening begin 18:30. Alle spelers is welkom.

Delicious groete.🇧🇬🇧🇬🇧🇬

Ons wil nie uitsonderings maak nie, maar kan ons gou vir die coach sy blomme gee vir wat hy bereik het met ons 3 spanne....
09/09/2026

Ons wil nie uitsonderings maak nie, maar kan ons gou vir die coach sy blomme gee vir wat hy bereik het met ons 3 spanne.

Wat is n rugby speler wat nie fiks is nie? Hy maak foute, hy skel en is negatief...

Maar dankse die yster, het ons spanne tot en met ons laaste liga wedstryd, 80min gespeel. Ons spelers se fiksheid het ons menigte kere toegelaat om tot na die 80ste minuut, n wedstryd te wen.

Daar is n staaltjie wat se: die spelers is bang om 19:00 te gaan oefen, want hulle is bang vir coach Gharra... Maar eindlik is hy wie jou tot op n ander vlak vat.

Andre van Wyk, ons salute jou vir wat jy gedoen het die jaar. Welldone op puik werk! 💐👏👏👏

Kennisgewing❗❗❗Save the date! Dis weer daai tyd van die jaar waar ons die spelers vereer vir hulle opofferings op die ve...
04/09/2026

Kennisgewing❗❗❗

Save the date! Dis weer daai tyd van die jaar waar ons die spelers vereer vir hulle opofferings op die veld.

Datum: 10 Oktober 2026
Prys: R200
Gratis vir spelers
Plek: Ceres Stadsaal
Die tyd sal nog bevestig word.

Delicious groete. 🇧🇬🇧🇬🇧🇬

Dankie Delicious gemeenskap. ❤️💚Namens die klub wil ons eerste dankie se vir die Hemelse Vader vir n ongelooflike jaar v...
03/09/2026

Dankie Delicious gemeenskap. ❤️💚

Namens die klub wil ons eerste dankie se vir die Hemelse Vader vir n ongelooflike jaar van rugby. Daar was geen ernstige, maar minimale beserings. Waar ons gereis het, het Hy vir ons veilig in die holte van Sy hande gehou. Alle eer kom U toe.

Alle spelers, vanaf 3de span tot 1ste span, ons salute julle!!! Dankie dat julle geglo het in Delicious en dat julle ons klub gekies het. Dankie dat julle, julle lywe op die spel geplaas het. Julle was briljant die jaar. Dinge kon soveel anders gewees het. Gaan kyk die log vandag, en gaan kyk terug na die jaar en vorige jare - daar wys groot vordering!!! Hier en daar was ons ongelukkig, maar dis deel van rugby. 2026 was die jaar wat julle weer respek vanaf ander gekry het, wat wys ons kan weer die top span wees. Ons vertrou dat almal volgende jaar weer Die Mop julle tuiste sal maak. Ons kan net mooi dinge verwag vir volgende jaar. Vir nou, geniet die rus periode en werk liggies terwyl dit afseisoen is. Welldone op n goeie jaar!!!

Aan ons afrigters, vanaf 3de span tot 1ste span, job welldone!!! As ons kyk waar ons aan die begin van die 1ste rondte was, en waar ons geeindig het, wys dit die gehalte afrigters wat julle is. Wedstryd vir wedstryd, het ons net beter geraak. Toe toe mense twyfel in die keuses, het julle self hulle vertroue gewen. Dankie vir julle opofferings, deur die week en naweke, en so ook die werk wat julle agter die skerms insit. 7 uit 22 verloor, was n groot verbetering van ander jare. Julle het ons klub se naam herstel en ons is dankbaar dat ons julle het. Geniet die breek, en ons weet dat julle sterker gaan terugkom volgende jaar. Dankie, julle is daai ysters wie julle se julle is.

Aan ons bestuur, wie kan rugby speel sonder julle? Om n bestuurslid van n klub te wees, moet jou vel dik wees. As dit nie goed gaan, is dit die bestuur se skuld, as dit goed gaan, kry die bestuur nie krediet. Gelukkig was dit egter nie die geval by ons klub nie. Die Delicious gemeenskap het hulle vertroue in julle gesit, en julle het met onderskeiding geslaag. Dis julle wat die skakel tussen spelers, afrigters, Die Unie, borge en die gemeenskap is. Dis julle wat kyk na die welstand van die klub, die spelers en afrigters. Die kosbare tyd wat julle moet afstaan, om ons klub te dien, gaan nie ongesiens verby nie. Ons waardeer julle!!! Geniet die rus periode.

Aan al ons borge, dankie dat julle altyd daar is om n bydrae te lewer - groot of klein. In die moderne rugby era, moet n klub se finansies floreer om vorentoe te gaan. Verseker help julle bydrae met dit. Mag julle besighede van krag tot krag gaan, en geseend bly. Ons waardeer julle.

Laaste en die belangrikste, Die Sterkmense!!! n Sterkmens is nie iemand wat van klub na klub beweeg nie, n Sterkmens is n Delicious ondersteuner tot sy kis sak! Dankie vir al julle opofferings om by die velde uit te kom, uit of tuis. Dankie vir julle ondersteuning by elke funksie. Al is die finansies nie altyd so goed nie, nogtans is julle op die veld. Nog meer belangrik, dankie dat julle span lig met julle stemme, wanneer dit swaar gaan tussen die vier lyne. Julle is die vuur van die enjinkamer. Ons waardeer julle!!!

Ons teken uit tot vroeg volgende jaar.

Delicious groete. 🇧🇬🇧🇬🇧🇬

29/08/2026

Graveyard toe!!! 🇧🇬🇧🇬🇧🇬

Die naweek reis ons na na Die Graveyard vir ons laaste liga wedstryd. Dit beloof om n grote te wees. Ons kan verseker se...
28/08/2026

Die naweek reis ons na na Die Graveyard vir ons laaste liga wedstryd. Dit beloof om n grote te wees. Ons kan verseker se dat die Rastas met alles gaan kom!

Ons wys ons boys dat ons agter hulle staan. Ons daag op in getalle om ons klub te verseker van n goeie posisie op die log.

Delicious of niks!!!🇧🇬🇧🇬🇧🇬

Kennisgewing❗❗❗Ons klub bied n steakbraai aan Vrydag 28 Augustus 2026. Hiermee vra ons dat u vir ons asb sal ondersteun....
27/08/2026

Kennisgewing❗❗❗

Ons klub bied n steakbraai aan Vrydag 28 Augustus 2026. Hiermee vra ons dat u vir ons asb sal ondersteun. U bydrae tot die klub word hoogs waardeer.

Delicious groete. 🇧🇬🇧🇬🇧🇬

Die naweek reis ons vir die laaste keer die seisoen na Wellington. Ons wys ons boytjies dat ons tot op die laaste bankva...
21/08/2026

Die naweek reis ons vir die laaste keer die seisoen na Wellington. Ons wys ons boytjies dat ons tot op die laaste bankvas agter hulle staan.

Bai dankie aan ons ondersteuners vir die opkoms vir al die kere wat ons ver gereis het. Ons salute julle!!!

Delicious of niks!!! 🇧🇬🇧🇬🇧🇬

Die naweek reis ons na Tulbagh. Baie dankie vir die goeie vertoning van die vorige wedstryd teen Ceres. Ons gaan steeds ...
14/08/2026

Die naweek reis ons na Tulbagh. Baie dankie vir die goeie vertoning van die vorige wedstryd teen Ceres. Ons gaan steeds voort met die goeie dinge.

Delicious of niks!!!

Address

Ceres

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Delicious Rugby Klub Ceres posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Delicious Rugby Klub Ceres:

Shortcuts

Share