19/06/2026
π BLOEMFONTEIN HIER KOM ONS MANNE! π
Zalala Equestrian Centre wil vandag baie geluk en die allerbeste van sterkte toewens aan ons drie top ruiters wat vanaf vandag die Zalala Pensteek klub se naam hoog gaan hou in Bloemfontein! πΏπ¦π
Hulle neem deel aan die gesogte Pensteek-divisie en Meesterskampioenskappe wat vandag afskop. Ons is ongelooflik trots op julle harde werk en toewyding om hierdie vlak te bereik.
Baie sterkte aan:
π Lukas Swanepoel
π Casper Vos
π Chris van Zyl
Mag die perde fiks wees, die lyne reguit, en die penne almal sit! Ry met julle harte, manne, ons hele Zalala-familie staan bankvas agter julle en hou styf duime vas! π₯β¨
Bring dit huis toe! ππ