18/09/2022
RWFL se naam is hoog gehou in Saterdag (17 September 2022) se Breedekloof trout run by Dwarsberg naby Rawsonville. Dit was die 1ste keer dat Worcester Atletiek klub die race aanbied. Daar kort 'n bietjie skaaf werk, maar op die ou end was dit 'n baie lekker roete (baie oppe en affe 😀) en was daar baie lekker gees gewees. Daar was natuurlik 'n kans om 'n troosprysie los te slaan. Aangesien ons in die hart van die Boland was, kan 'n mens net raai waaruit het die troospryse bestaan.