30/03/2026
MPVP Wenners 2025/2026 – Baie geluk! 🏆
Baie geluk aan al die MPVP wenners van die 2025/2026 Besigheidliga seisoen.
Julle harde werk en toewyding het beslis vrugte afgewerp.
Redemption, julle het gewys wat deursettingsvermoë beteken en tot die einde deurgedruk. Welgedaan!
’n Groot dankie aan:
Elke span/Besigheid.
Elke speler
Ons umpires
En elke ondersteuner langs die veld.
JC, baie dankie vir jou harde werk met die syfers – dit word opreg waardeer.
Dankie ook aan Stephan, Hugenote Laerskool en jou span vir julle ondersteuning en bydrae.
Mag die Wellington Besigheidliga net soos die Six-a-Side kompetisie aanhou groei en elke jaar nóg beter word!
Julle bydraes maak dit moontlik Vir die dekking van ons brandstof kostes per seisoen wat astronomies is .
Ons waardeer julle.
Bestuur