Boland Rugby Union-BRU

Directions Website

Boland Rugby Union-BRU The Boland Rugby Union was founded in 1939. The Union with the most clubs in the country: 213

13/11/2026

𝐀𝐔𝐍𝐓𝐈𝐄 𝐋𝐈𝐄𝐙𝐄𝐋 𝐈𝐒 𝐑𝐔𝐆𝐁𝐘 𝐒𝐄 𝐌𝐎𝐎𝐈𝐒𝐓𝐄 𝐒𝐓𝐎𝐑𝐈𝐄

Elke klub in Boland Rugby se mooiste storie het mense wat die klub opdra in gebed en gedurig die span, afrigters, en leiers intree. Aunty Liezel Carelse van Abbotsdale Rugby staan bankvas agter haar Lillies. Die klub is haar trots en sy vertel ons meer van waar haar liefde vir die klub kom. Geniet hierdie hoofstuk van Rugby se Mooiste Storie.

📹 Abbotsdale Rugby & Boland Rugby Media

𝐒𝐀𝐍𝐋𝐀𝐌 𝐁𝐎𝐋𝐀𝐍𝐃 𝐓𝐎𝐏 𝟏𝟐: 𝐖𝐀𝐓 𝐌𝐎𝐄𝐓 𝐉𝐎𝐔 𝐒𝐏𝐀𝐍 𝐃𝐎𝐄𝐍 𝐎𝐌 𝐃𝐄𝐔𝐑 𝐓𝐄 𝐆𝐀𝐀𝐍?Die laaste ronde van die Sanlam Boland Top 12 is hier en in...
13/11/2026

𝐒𝐀𝐍𝐋𝐀𝐌 𝐁𝐎𝐋𝐀𝐍𝐃 𝐓𝐎𝐏 𝟏𝟐: 𝐖𝐀𝐓 𝐌𝐎𝐄𝐓 𝐉𝐎𝐔 𝐒𝐏𝐀𝐍 𝐃𝐎𝐄𝐍 𝐎𝐌 𝐃𝐄𝐔𝐑 𝐓𝐄 𝐆𝐀𝐀𝐍?

Die laaste ronde van die Sanlam Boland Top 12 is hier en in albei poele is daar nog alles om voor te speel.

Met net die top twee spanne in elke poel wat na die halfeindronde deurdring, kan een wedstryd die hele prentjie verander.

Hier is wat elke span nodig het:

POOL A

1. Roses United – 17 punte

Roses beheer hul eie lot. ’n Oorwinning of gelykopuitslag teen Hawston plaas hulle in die halfeindronde. Selfs met ’n nederlaag het hulle goeie kanse, maar hulle moet minstens ’n bonuspunt probeer kry.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=MhoxzN6QNik

2. Hawston – 17 punte

Dieselfde geld vir Hawston. ’n Oorwinning of gelykopuitslag teen Roses United beteken kwalifikasie. ’n Nederlaag maak die deur oop vir Vredenburg.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=MhoxzN6QNik

3. Vredenburg – 14 punte

Vredenburg moet wen teen Delicious NW. ’n Bonuspunt-oorwinning gee hulle die beste kans, maar selfs dan sal hulle moet kyk wat tussen Roses United en Hawston gebeur. Hulle het hulp van die uitslag in dié wedstryd nodig.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=Ddy86tRIH6c

4. Robertson Town – 12 punte

Robertson Town is nog wiskundig in die wedloop, maar hulle het ’n baie moeilike pad. Hulle moet met ’n bonuspunt teen Abbotsdale wen en sal daarna op verskeie ander uitslae moet staatmaak.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=OfO-JZNGctc

Abbotsdale en Delicious NW: Hulle kan nie meer die top twee haal nie.
Abbotsdale livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=OfO-JZNGctc
Delicious NW livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=Ddy86tRIH6c

POOL B

1. SaldanhaBay – 16 punte

Saldanha is in ’n sterk posisie. ’n Oorwinning teen Invincible verseker hul plek. ’n Gelykopuitslag is ook genoeg om hulle minstens tweede te plaas. Selfs met ’n bonuspunt-nederlaag behoort hulle deur te wees.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=mLwBdNCSTos

2. Multisure Villagers Worcester – 14 punte

’n Oorwinning teen Safcol United plaas Villagers in die halfeindronde. ’n Gelykopuitslag kan egter gevaarlik wees, want Safcol kan hulle steeds verbysteek.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=uvW8xHUDkac

3. Safcol – 12 punte

Safcol moet wen teen Worcester Villagers. Met hul indrukwekkende +73 punteverskil kan selfs ’n gewone oorwinning hulle in die top twee plaas, mits Saldanha verloor. ’n Bonuspunt-oorwinning versterk hul posisie verder.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=uvW8xHUDkac

4. BELLA VISTA – 11 punte

Bella Vista het nog ’n kans, maar het min ruimte vir foute. Hulle moet met ’n bonuspunt teen Wesbank wen en sal daarna op ’n gunstige uitslag tussen Safcol en Villagers moet hoop.
Livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=B6p7ilsYd8g

Wesbank en Invincible RFC: Hulle kan nie meer die top twee haal nie.
Wesbank livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=B6p7ilsYd8g
Invincible livestream link: https://www.youtube.com/watch?v=mLwBdNCSTos

𝐃𝐈𝐄 𝐆𝐑𝐎𝐎𝐓 𝐕𝐑𝐀𝐀𝐆

Roses United en Hawston veg om die twee plekke in Pool A, terwyl Vredenburg nog kan inmeng.

In Pool B is Saldanha Bay naby aan ’n kwalifikasie, maar die stryd tussen Worcester Villagers, Safcol United, en Bella Vista kan die tweede plek behoorlik deurmekaar krap.

Alle wedstryde skop Saterdag 14 November om 16:00 af. Wie is jou vier halfeindfinaliste?

Santam Vumatel AfriSam Herotel Umbro RAINBOW SA Amstel SA Mama's Pies

𝐌𝐨𝐞𝐧𝐢𝐞 𝐊ô 𝐏𝐚𝐝 𝐓𝐨𝐞 𝐯𝐚𝐧𝐚𝐚𝐧𝐝 𝐨𝐦 𝟏𝟗:𝟎𝟎 𝐦𝐢𝐬𝐥𝐨𝐨𝐩 𝐧𝐢𝐞!Meeka is reg met haar klerasie, Nicole het ’n splinternuwe span gekies, e...
13/11/2026

𝐌𝐨𝐞𝐧𝐢𝐞 𝐊ô 𝐏𝐚𝐝 𝐓𝐨𝐞 𝐯𝐚𝐧𝐚𝐚𝐧𝐝 𝐨𝐦 𝟏𝟗:𝟎𝟎 𝐦𝐢𝐬𝐥𝐨𝐨𝐩 𝐧𝐢𝐞!

Meeka is reg met haar klerasie, Nicole het ’n splinternuwe span gekies, en Uncle Pettas gaan ons vanaand verras met sy spankeuse vir die Top 12!

En dan is Davie ook ingeroep om by ’n span aan te sluit wat probleme op stut het! 👀

Die Vise-President kom kuier ook saam en deel die reëlings en belangrike inligting rondom die komende Semi-finaal!

Daar wag groot verrassings, interessante keuses en hope rugbygesprekke!

Vanaand om 19:00 – Moenie dit misloop nie! 📺🔥

13/11/2026

𝐃𝐈𝐄 𝐏𝐋𝐀𝐍𝐍𝐄 𝐖𝐎𝐑𝐃 𝐁𝐄𝐑𝐀𝐀𝐌 - 𝐖𝐈𝐄 𝐇𝐀𝐀𝐋 𝐃𝐈𝐄 𝐋𝐀𝐀𝐒𝐓𝐄 𝐕𝐈𝐄𝐑?

Die 2024 Sanlam Boland Top 12-kampioen, Robertson Town, het 'n buite kans om nog vir die semi-finals te kwalifiseer. Hulle is nog wiskundig in die wedloop, maar Town het ’n baie moeilike pad. Hulle moet met ’n bonuspunt teen Abbotsdale wen en sal daarna op verskeie ander uitslae moet staatmaak. Luister na wat die kaptein van Town, Jumainiane Arendse, te sê het vir 1.8 miljoen Robertson Town supporters.

13/11/2026

𝐌𝐀𝐌𝐀, 𝐘𝐎𝐔 𝐊𝐍𝐎𝐖 𝐖𝐄 𝐋𝐎𝐕𝐄 𝐘𝐎𝐔!

Roses United are gearing up for a top-of-the-table clash with Hawston SVN in Wellington. How will the six-time Boland champ do against a very talented and spirited Skrik Vir Niks side? The players refuelled after this week's training with some hearty pies from Mama's Pies. "Gee daai man 'n pie, man!"

13/11/2026

𝐌𝐀𝐌𝐀, 𝐘𝐎𝐔 𝐊𝐍𝐎𝐖 𝐖𝐄 𝐋𝐎𝐕𝐄 𝐘𝐎𝐔!

Mama's Pies has been making sure that every player has something to replenish the body after a tough session, but at Safcol United this week, the cub decided to back those who came out in force to support the team at training. Saffies are hosting Worcester Villagers at Bousand Park.

12/11/2026

𝐁𝐎𝐍𝐆𝐈𝐋𝐄 𝐖𝐀𝐒 𝐀𝐋𝐋 𝐓𝐇𝐀𝐓 𝐖𝐀𝐒 𝐍𝐄𝐄𝐃𝐄𝐃 𝐈𝐍 𝐓𝐇𝐄 𝐄𝐍𝐃

Chanrey spent last weekend in Saldanha, where the Round Four epic clash was unfolding - defending champs Saldanha Bay going up against the 2023 champs, Safcol United. It was a day of great fun, hardcore banter, passionate singing, and of course, telling 𝑅𝑢𝑔𝑏𝑦 𝑠𝑒 𝑀𝑜𝑜𝑖𝑠𝑡𝑒 𝑆𝑡𝑜𝑟𝑖𝑒 with a Weskus flavour.

📹 Boland Rugby Media/Chanrey Gibbons

11/11/2026

𝐃𝐈𝐄 𝐏𝐋𝐀𝐍𝐍𝐄 𝐖𝐎𝐑𝐃 𝐁𝐄𝐑𝐀𝐀𝐌 - 𝐖𝐈𝐄 𝐇𝐀𝐀𝐋 𝐃𝐈𝐄 𝐋𝐀𝐀𝐒𝐓𝐄 𝐕𝐈𝐄𝐑?

Worcester Villagers meen hulle het die nodige skietgoed om die 2023 Sanlam Boland Top 12-kampioen te klop op Bousand Park. ’n Oorwinning teen Saffies plaas Villa in die halfeindronde. ’n Gelykopuitslag kan egter gevaarlik wees, want Safcol kan hulle steeds verbysteek.

Ondersteun jou span in Grabouw of skakel in om die wedstryd te livestream.

Address

50 Fontein Street
Wellington
7655

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boland Rugby Union-BRU posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category