Welkom Stoei Klub / Welkom Wrestling Club

Welkom Stoei Klub / Welkom Wrestling Club Amature Wrestling Club in Welkom

🇿🇦🤼‍♂️ TROTS OP ONS WELKOM STOEI KLUB SE TALENT! 🤼‍♂️🇿🇦Met ongelooflike trots kondig ons aan dat die volgende 9 stoeiers...
15/09/2026

🇿🇦🤼‍♂️ TROTS OP ONS WELKOM STOEI KLUB SE TALENT! 🤼‍♂️🇿🇦

Met ongelooflike trots kondig ons aan dat die volgende 9 stoeiers van Welkom Stoei Klub gekies is om die Vrystaat Provinsie te verteenwoordig by die SAWF Nasionale Kampioenskappe! 🏆💪

📍 UCT Sport Sentrum, Kaapstad
📅 2–3 Oktober 2026

JAN PHILLIP DU PLESSIS – 0/8
RYNHARD GREEFF – 0/8
LIAM HERBST – 0/8
HAYDEN SEIDER – 0/8
LEWIES JONKER – 0/9
JOSHUA HALLATT – 0/10
JARED VAN DER MERWE – 0/11
WIAN VAN DER MERWE – 0/15
CJ SWART – 0/15

Julle harde werk, deursettingsvermoë, dissipline en liefde vir die sport het julle tot hier gebring. 💙💚💛

Om die Vrystaat se kleure op nasionale vlak te mag dra, is ’n besonderse eer. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! 🇿🇦🏆

Mag julle in Kaapstad met trots, selfvertroue en veggees op die mat klim. Gee alles, geniet elke oomblik en onthou altyd: julle is reeds wenners omdat julle die geleentheid gekry het om julle provinsie te verteenwoordig! ❤️
Welkom Stoei Klub staan agter julle!
Ons is trots op julle, manne! 💪🔥🤼‍♂️

VAN WELKOM NA KAAPSTAD
VRYSTAAT, ONS IS GEREED! 🧡💙💚🇿🇦

🏉 WHY RUGBY PLAYERS SHOULD WRESTLE! 🤼‍♂️🔥Wrestling is about so much more than taking someone down — it builds strength, ...
14/09/2026

🏉 WHY RUGBY PLAYERS SHOULD WRESTLE! 🤼‍♂️🔥
Wrestling is about so much more than taking someone down — it builds strength, balance, agility, explosiveness, coordination, fitness, discipline and mental toughness. 💪🔥
For any young rugby player, wrestling can help develop the skills needed to tackle harder, stay on your feet, control your opponent and never give up. 🏉💯
Rugby + Wrestling = A stronger, tougher, smarter player! 💪🏉🤼‍♂️

Trots op elkeen van julle! 🖤❤️Harde werk, deursettingsvermoë en toewyding betaal altyd vrugte af. 💪🏻 Julle het op die ma...
08/09/2026

Trots op elkeen van julle! 🖤❤️

Harde werk, deursettingsvermoë en toewyding betaal altyd vrugte af. 💪🏻 Julle het op die mat gewys wat dit beteken om nooit op te gee nie. 14 inskrywings en 13 plekke behaal! 👏🏻🏆
Ons is ongelooflik trots op elke stoeier van Welkom Wrestling Club. Hou aan werk, hou aan glo en hou aan baklei! 🔥🥇

Discipline • Hard Work • Dedication • Results ❤️🖤

04/09/2026

🤼‍♂️🔥 VRYSTAAT KAMPIOENSKAPPE – BOTHAVILLE 🔥🤼‍♂️
Die Vrystaat Kampioenskappe in Bothaville was ’n lekker, egte “local” stoeikompetisie – vol energie, harde gevegte en baie trots! 💪🏆
Ons Welkom Stoeiklub se seuns het uitmuntend gevaar en gewys wat gebeur wanneer harde werk, dissipline en deursettingsvermoë bymekaarkom. 👊🔥
Elke wedstryd, elke poging en elke geveg op die mat maak hulle sterker. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! ❤️💙
Hou aan werk. Hou aan baklei. Hou aan groei.
Die pad na kampioenskap begin op die mat! 🤼‍♂️🏆
Welkom Stoeiklub – Die LEKKERSTE klub, groot hart!

🥇 WELKOM STOEI KLUB SKITTER BY VRYSTAAT KAMPIOENSKAPPE! 🥇Wat ’n ongelooflike naweek vir Welkom Stoei Klub! 🤼‍♂️🔥 Ons het...
31/08/2026

🥇 WELKOM STOEI KLUB SKITTER BY VRYSTAAT KAMPIOENSKAPPE! 🥇

Wat ’n ongelooflike naweek vir Welkom Stoei Klub! 🤼‍♂️🔥 Ons het met trots aan die Vrystaat Kampioenskappe in Bothaville deelgeneem en met 34 medaljes teruggekeer klub toe! 🏆🥇🥈🥉

Elke stoeier het moed, dissipline, deursettingsvermoë en spanwerk gewys. Ons is ongelooflik trots op elkeen wat die mat betree het en alles gegee het! ❤️🖤🤍
34 MEDALJES – EEN KLUB – EEN SPAN! ONS HET KRAG. ONS STOEI! 💪🔥

🏆 KZN OPE – UITSLAG 🏆Aan al ons stoeiers wat die KZN Ope aangepak het: baie geluk, julle! 💪🏻🤼‍♂️Elke medalje is hard ver...
23/08/2026

🏆 KZN OPE – UITSLAG 🏆
Aan al ons stoeiers wat die KZN Ope aangepak het: baie geluk, julle! 💪🏻🤼‍♂️
Elke medalje is hard verdien en ons is ongelooflik trots op elkeen van julle. Julle harde werk, deursettingsvermoë en veggees wys op die mat! 🔥👏🏻
🥇 GOUE MEDALJES
🥇 Jared – Pres. GR
🥇 Jared – O/11 FS
🥇 Jan-Phillip – O/8 FS
🥈 SILWER MEDALJES
🥈 Wian – Pres. GR
🥈 Jared – Pres. GR
🥉 BRONS MEDALJES
🥉 Wian – O/15 FS
🥉 Rynhard – O/8 FS
🥉 Rynhard – Pres. GR
🥉 Reuben – O/13 FS
🥉 Nathan – O/13 FS
🥉 Nathan – Pres. FS
🏅 4DE PLEK
🏅 Jan-Phillip – Pres. FS
🏅 Reuben – Pres. FS
🔥 3 Goud | 2 Silwer | 6 Brons | 2 × 4de plek 🔥
👏🏻👏🏻 Baie geluk aan elkeen van julle!
Hou aan hard werk, hou aan glo en, die belangrikste, moet nooit ophou veg nie! 💪🏻🤼‍♂️
Ons is trots op julle! ❤️💙

🥇🤼‍♂️ STOEIERS VAN DIE WEEK! 🤼‍♂️🥇Hallo almal! 👋Hier is ons twee ysters van die week! 🔥💪Twee manne wat week ná week op d...
23/08/2026

🥇🤼‍♂️ STOEIERS VAN DIE WEEK! 🤼‍♂️🥇
Hallo almal! 👋
Hier is ons twee ysters van die week! 🔥💪
Twee manne wat week ná week op die mat klim, hard werk en wys dat deursettingsvermoë, dissipline en ’n bietjie stoei-gogga ’n mens ver kan vat! 😂🤼‍♂️
Hulle gee nie maklik pad nie — as die fluitjie blaas, is dit kop af, hande op en volle krag vorentoe! 💥
Ons is trots op julle twee manne! Hou aan werk hard, hou aan leer en, die belangrikste… hou aan stoei! 🏆🔥
Welkom Stoeiklub se twee ysters! ❤️🖤

🤼‍♂️❤️ STERKTE VIR VANDAG, SEUNS VAN WELKOM STOEI KLUB! ❤️🤼‍♂️Gaan vandag uit en gee julle beste! 💪🔥 Moenie bang wees ni...
08/08/2026

🤼‍♂️❤️ STERKTE VIR VANDAG, SEUNS VAN WELKOM STOEI KLUB! ❤️🤼‍♂️
Gaan vandag uit en gee julle beste! 💪🔥 Moenie bang wees nie, glo in julleself en onthou hoeveel harde werk julle ingesit het.
God is met julle en Hy sal vir julle sorg. 🙏✝️ Vertrou Hom, doen julle deel en laat die res in Sy hande.
Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! 🏆❤️
Stoei hard, veg met trots en geniet elke oomblik op die mat!
🙏 Mag God julle vandag beskerm en seën.
Kom ons gaan, Welkom Stoei! 🤼‍♂️🔥❤️

20/07/2026

Address

8 9th Street
Welkom
9459

Opening Hours

Monday 17:30 - 19:00
Wednesday 17:30 - 19:00

Telephone

+27833477750

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Welkom Stoei Klub / Welkom Wrestling Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category