VELD Opleiding

VELD Opleiding Veld Opleiding

Ons bied praktiese en veilige veldopleiding vir mans, vroue, kinders en paartjies wat hul vaardighede wil slyp.

Leer verantwoordelikheid, veiligheid en praktiese veldvaardighede in n ondersteunende omgewing.

📞 Bespreek jou plek vandag

27/03/2026

Volgende Veld Opleiding is om die draai…
Kom wys vir ons hoe lyk jou “regte” mooi.

Bos make-up… waar “glow” beteken jy sweet en “foundation” kom reguit uit die aarde ..Hier is geen plek vir fieterjasies ...
27/03/2026

Bos make-up… waar “glow” beteken jy sweet en “foundation” kom reguit uit die aarde ..
Hier is geen plek vir fieterjasies nie – net grit, lag en ’n bietjie modder op die regte plekke.
En glo my… jy het nog nooit só mooi gevoel soos wanneer jy jouself hier ontdek nie.
Dis nie vir almal nie…
Net vir dié wat lus is om hulself te verras
Volgende Veld Opleiding roep…
Gaan jy antwoord, of net weer kyk?

Veldt Gun Cleaning Technology een van Veld Opleiding se trotse borge.Onderhou jou vuurwapen soos jy na jou vrou kyk — me...
23/03/2026

Veldt Gun Cleaning Technology
een van Veld Opleiding se trotse borge.

Onderhou jou vuurwapen soos jy na jou vrou kyk — met respek, sorg en aandag aan elke klein detail. Want wat jy koester, hou langer… en dien jou altyd getrou.

https://share.google/EPQu5bO6f88NFV6u1

23/03/2026

Vier riviere het dag vir dag al sterker begin praat — bruin en bruisend, elkeen met sy eie storie. Tog moes ons daardeur ry om by die lodge uit te kom… en juis daarin het die avontuur gelê.
Elke oorsteek was ’n bietjie waagmoed, ’n bietjie lag en ’n hele klomp opwinding. Want hoe wilder die water geloop het, hoe harder het die dames se harte vir die oomblik geklop.

Met al die water wat neerdaal, soos die hemel se eie emmers wat oorloop… bly die dames avontuurlustig.Nie eens die reën ...
17/03/2026

Met al die water wat neerdaal, soos die hemel se eie emmers wat oorloop… bly die dames avontuurlustig.
Nie eens die reën wat die paaie verspoel, kan daai vuur in hul oë blus nie.

16/03/2026

Die hemel het by Inkonka sy sluise behoorlik oopgedraai. 🌧️
Reën wat sag begin het, het later in ’n volgehoue stort verander. Die veld drink gulsig, maar die water loop sterk – brue begin oorstroom en paaie verspoel.
Dis die natuur wat wys wie regtig baas is.
Vandag stap ons maar stadig, kyk mooi waar ons ry, en respekteer die krag van die water.

Maar tussen die donderwolke en nat grond lê daar steeds iets besonders – die reuk van vars reën oor die bos, en ’n plaas wat asemhaal na elke druppel.

Toe die reën uiteindelik sagter begin val en die wolke vir ’n oomblik asem skep, het ons die kans gegryp en reguit skiet...
15/03/2026

Toe die reën uiteindelik sagter begin val en die wolke vir ’n oomblik asem skep, het ons die kans gegryp en reguit skietbaan toe gegaan.
Die meisies het die aktiwiteit só geniet – elke skoot, elke lag, elke oomblik. En hoor hier… hulle skiet ongelooflik goed!
Daai tevredenheid op hulle gesigte vertel sommer boekdele. Dis daai trots wat in iemand se oë lê wanneer hulle iets nuuts bemeester.
Want selfs die reën kon hulle nie afskrik nie… inteendeel, dit het net nog ’n storie bygevoeg vir eendag om om die vuur te vertel.

13/03/2026

Elke goeie jagter begin by kennis. Vandag leer ons die “hoekom” agter alles wat ons môre in die veld gaan doen.

Veld Opleiding verwelkom Gun Powder Addiction as borg.’n Ware eenstop winkel waar jy jou volgende vuurwapen kan aanskaf,...
08/03/2026

Veld Opleiding verwelkom Gun Powder Addiction as borg.
’n Ware eenstop winkel waar jy jou volgende vuurwapen kan aanskaf, sommer ’n paar skote kan gaan skiet… en net voor jy uitstap, gryp jy ook jou ammunisie om seker te maak jy het genoeg vir jou volgende avontuur.

https://www.gunpowder.co.za/

Address

Inkonka Game Safaris
Tzaneen
1034

Telephone

+27736436089

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VELD Opleiding posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to VELD Opleiding:

Share