Swellendam Tennisklub

Swellendam Tennisklub Ons verwelkom alle tennis spelers om deel te raak van die Swellendam Tennisklub.

Lente BesigheidsligaBeker Wenners: Spar2de Boshoff VisserPlaat Wenners: Optic2de AH MaraisBaie dankie aan ons borge:Bilt...
18/09/2025

Lente Besigheidsliga

Beker Wenners: Spar
2de Boshoff Visser

Plaat Wenners: Optic
2de AH Marais

Baie dankie aan ons borge:
Biltong Boys
Midas
Wimpy
PNA
Debonairs
Pizza World
Cardio Zone

16/09/2025

Lente Besigheidsliga Finale vannaand om 17h30

Tennis Besigheidsliga!!!
26/08/2025

Tennis Besigheidsliga!!!

Dames kontak Daniel Gericke  as jy wil deel neem. 0833866605
28/07/2025

Dames kontak Daniel Gericke as jy wil deel neem. 0833866605

28/07/2025
21/01/2025

Algemene Jaarvergadering
24 Maart 2025 om17h15 te tennisklub.
Almal welkom

So kom die Lente Besigheidsliga 2024 tot 'n einde. Baie geluk aan die volgende wenners;Liga wenners: BVSAPlaat wenners: ...
17/09/2024

So kom die Lente Besigheidsliga 2024 tot 'n einde. Baie geluk aan die volgende wenners;

Liga wenners: BVSA
Plaat wenners: Hermitage Huisies
Gees wenners: Thornlands
Jokers: Aan de Drostdy

Dankie vir almal wat ondersteun het en deelgeneem het aan die Lente Besigheidsliga 🎾 Ons hoop om julle volgende jaar weer te sien met goeie gees.
Tennis groete

16/09/2024

Heeltemal te vinnig het ons aan die einde van die kwartaal en Lente Liga gekom.

Dinsdag aand, 17 Sept 2024 is die FINALE😬🎾

Ons gaan weereens vanjaar 'n Ope uitklop speel sowel as Plaat. Almal gaan dus speel.
Die formaat is as volg: Top 8 spanne speel in Ope finaal.

Die eerste rondte begin 17:00 in die volgende orde:

Ope:
1 teen 5, 2 teen 6, 3 teen 7, 4 teen 8
Die wenners in die onderskeie wedstryde spook dan sake uit in die semi-finaal, waarna die wenners van die semi's in die Finaal speel.
Elke wedstryd sal uit 7 potte bestaan(beste uit 7 dring deur).

Plaat:
1 is automaties in Semi's, 2 teen 5, 3 teen 6, 4 teen 7
Die wenners van onderskeie wedstryde speel teen spanne 1 en 2, waarna die wenners van die wedstryde in die Plaat finaal sal speel.
Elke wedstryd sal uit 7 potte bestaan(beste uit 7 dring deur).

Lekker boerewors rolle sal verkoop word teen R20 een. Bestel asb voor die tyd by Willie, Sel 081 443 4212.

Genoeg koue bier sal beskikbaar wees.

Die Lente Besigheidsliga het afgeskop en is daar goeie gees onder die spelers. Kom ondersteun en kyk saam Tennis elke Di...
04/09/2024

Die Lente Besigheidsliga het afgeskop en is daar goeie gees onder die spelers. Kom ondersteun en kyk saam Tennis elke Di. en Do. middag om 17:30. Almal welkom!

Die finaal sal plaasvind op 17 Sept. 2024 om 17:30.
Tennis groete 🎾😬

Ledegeld 2024/25
01/05/2024

Ledegeld 2024/25

"Ek wil weereens my dank betuig aan die klubbestuur en al ons lede vir hul bydraes gedurende die afgelope jaar. Sonder e...
22/04/2024

"Ek wil weereens my dank betuig aan die klubbestuur en al ons lede vir hul bydraes gedurende die afgelope jaar. Sonder elkeen se insette sou ons klub lankal nie meer bestaan nie."
- Matthys Heyns in sy Voorsitterverslag gelewer by ons algemene Tennis Jaarvergadering soos op 4 April 2024.

Jacobus Laubscher tree uit as bestuurslid en Hendrik Engelbrecht is verkies as additionele bestuurslid.

Nuwe Tennisbestuur 2024/25
Elmarie Swart (Ere-president)
Matthys Heyns (Voorsitter)
Willie Conradie (Onder- Voorsitter)
Mariska Augustyn (Tesourier)
Marike de Wet (Sekretaresse)
Julia van Zyl (Sosiaal)
Hendrik Engelbrecht (Instandhouding)

20/03/2024

Swellendam Tennisklub se Algemene Jaarvergadering sal plaasvind op Donderdag middag, 4 April 2024 om 17:15. Almal welkom! 🎾

Address

Kerkstraat
Swellendam
6740

Telephone

+27825545505

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Swellendam Tennisklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Swellendam Tennisklub:

Share

Category