KoedoesKroon

KoedoesKroon KoedoesKroon is in die Onverkende Noordwes Provinsie. Die plaas is onlangs ontwikkel met net die basiese geriewe vir kampeerders. Kom kyk sterre en planete.

Een van ons gaste het eendag gesê 'Die ware bosveld begin daar waar jy nie meer mense kry wat sakkies hout langs die pad verkoop nie.'

Ek stem nogal saam daarmee. Koedoeskroon lê plus minus 35 km wes van Boshoek en 20km noord van Swartruggens. Rustenburg plus minus 60 km weg. Sun City is ook net n klipgooi van minder as 50km. Kom ervaar die mooi van die bosveld. Kom sien die son opkom met

n koffie, en drink n glasie wyn as die laaste strale verdwyn in n oranje en goud bosveld skildery. Loop deur die veld soos jy wil. Volg bokke en soek n vlakvark. Koedoeskroon is nie n 'fancy' plek nie. Dit is 'n plek vir mense wat privaatheid soek en alleen wil wees saam met hulle geliefdes. Ons tent kamp bestaan uit 2 safari tente met Buitelug badkamers waar jy onder die sterre kan stort. Die kamp kan slegs bereik word deur voertuie met n hoë grondvryhoogte. (Sou sit n probleem wees kan ons n plan maak.) Vir verdere inligting stuur asb navraag na my inbox of los n boodskap op die Koedoeskroon bladsy.

Lente in die Bosveld.
30/09/2025

Lente in die Bosveld.

08/07/2025
Kat loop rond asof hy die baas is.
11/06/2025

Kat loop rond asof hy die baas is.

Na die reën is daar genoeg kos en water vir 'n lang ruk.
26/04/2025

Na die reën is daar genoeg kos en water vir 'n lang ruk.

Begin die nuwejaar met 'n 'bang'!
21/01/2025

Begin die nuwejaar met 'n 'bang'!

Lekker naweek saam met die jong klomp.
19/01/2025

Lekker naweek saam met die jong klomp.

Amper amper deur die droë  seisoen! Kom nou reën  kom.
08/12/2024

Amper amper deur die droë seisoen! Kom nou reën kom.

Address

Bestershoek
Swartruggens

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when KoedoesKroon posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share