Team Tactical

Team Tactical Tactical & Close Quarter Combat Training

Firearm Fondamentals, Close Combat, Knife Fighting, Hand to Hand.

Tacmed Rescuer, R**e Defense, etc

KD - IS (Krav Defense - Israeli System)

05/04/2022

10 REëLS OM N VERSTEEKTE VUURWAPEN TE DRA.
(Deur PROTEXUM GROUP)

1. As jy n vuurwapen aan jou
dra, dra hom elke keer waar
jy gaan.
2. Versteek jou wapen altyd op
dieselfde plek waar dit vinnig
bereikbaar is, en dat jy
dit behoorlik kan beskerm
indien iemand dit wil afneem.
3. Moenie 'n versteekte
vuurwapen dra indien jy nie
bereid is om hom te gebruik
wanneer nodig.
4. Moenie nalatig wees met jou
vuurwapen indien jy dit
versteek dra, nalatigheid
trek die oë van ongewenste
persone.
5. Kry die nodige opleiding van
hoe om jou vuurwapen vinnig
en effektief te trek.
6. Weet wat jy doen indien jy
jou wapen getrek het, en
vereenselwig jouself met
die vuurwapen wetgewing.
7. Verstaan die fyner punte van
die dra en versteek van jou
vuurwapen, versteek dit in n
gepaste "holster"
8. Maak seker dat jou
vuurwapen asook
ammunisie altyd in goeie
kondisie en bruikbaar is.
9. Ken altyd die "stand" van jou
vuurwapen wat jy versteek
aan jou dra.
10. Dra ook altyd jou wettige
lisensie met jou as jy jou
wapen versteek dra.

21/12/2021

Al ons kliente, vriende en volgers

06/11/2021

OM TE LEWE

Wanneer jy in n "ambush" gelei word deur jou vyand en kontak maak....

Wanneer jy moet veg en skiet vir oorlewing....

Wanneer al jou ammo en magasyne leeg geskiet is....

Wanneer jy die enigste lid van jou seksie oor is wat leef....

Wanneer jy in skok gaan en jou adrenalien pomp deur jou, en jy voel niks anders meer as net oorlewing....

Wanneer jy nie meer kan terug baklei en moet vlug vir oorlewing....

Wanneer jy weet hul volg jou spoor en jy moet weg kruip omdat hul jou soos n hond jag om jou ook te dood....

Wanneer jou eie hartklop soos tromme in jou ore klink en jou verdoof....

Wanneer jy moet staatmaak op jou opleiding en skills....

Wanneer jy net BID oor het en HOM smeek vir oorlewing....

DAN besef jy eers werklik wat die lewe werd is.....

DAN eers besef jy hoeveel van ons mense vandag nie REGTIG weet wat dit is om werklik te leef....

DAN wonder jy hoekom staan ons mense nie bymekaar, hoekom verdra ons mekaar nie meer....

LEEF jy werklik om te weet wat jou lewe werd is..........

07/04/2021

Kosbare Tyd

05/04/2021

DEEL 1 VAN 2 BESKERMING VAN LEWE EN EIENDOM - WANNER KAN JY SKIET OF DOODSKIET?

Wat sê die Grondwet en Handves vir Menseregte?? Wanneer mag jy skiet om jouself te verdedig?? Mag jy dodelike geweld gebruik om jou eiendom te beskerm, en indien wel, wanneer??

SuidAfrikaners is onseker oor hoeveel geweld hulle mag gebruik om hulself teen misdaad te beskerm. Die verkeerde optrede kan rampspoedige regsgevolge hê.

Terwyl die wet steeds onduidelik is, sal die konstitusionele reg op lewe waarskynlik voorkeur geniet bo die reg om jou eiendom te beskerm.

Navorsing bepaal dat Suid-Afrikaners het vandag ‘n groter vrees vir misdaad as wat hulle in 1998 gehad het. Hierdie groeiende angs het aanleiding gegee tot ‘n wye reeks self-verdedigingsmaatreëls, met baie mense wat vuurwapens aanskaf ingeval hulle met misdaad gekonfronteer word.

Daar was onlangs verskeie goed gepubliseerde gevalle waar dodelike geweld gebruik is om eiendom te beskerm.
Dit was vergesel van media-uitsprake wat daarop neerkom dat dit aanvaarbaar is ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing om iemand te dood ten einde eiendom te beskerm. Hierdie situasie kom met sy eie gevare.!!!!

Sedert die debat rondom die gewysigde wetgewing oor die gebruik van geweld om ‘n misdadiger te stop in koerantopskrifte verskyn het, is SuidAfrikaners onseker oor hoe hulle hul vuurwapens mag gebruik om hulself te beskerm. Indien hulle té versigtig optree, kan hulle hul lewens verloor. Indien hulle egter die geweldsopsie sou volg, kan hulle hul vryheid verloor.

Ingevolge die gemenereg is “proporsionaliteit” die hoofbeginsel wat geld ten opsigte van die reg om geweld te gebruik om jouself of jou eiendom te beskerm: die verdedigende optrede mag egter nie meer skade aanrig as wat nodig is om die aanval af te weer nie. Alhoewel daar geen vaste reëls is nie, weeg die howe gewoonlik die belange wat beskerm word deur die geweldadige optrede op teenoor die belange wat geskend word deur die onwettige aanval.

Wanneer daar bepaal moet word of ‘n slagoffer van misdaad redelik opgetree het, sal die hof elke saak op meriete beoordeel.
Daar sal sekerlik nie van ‘n eienaar wat deur ‘n rower gekonfronteer word verwag word om van sy eiendom afstand te doen nie. Hy het die reg om sy eiendom te beskerm en die hof sal ál die omstandighede oorweeg wanneer daar besluit word of die wyse waarop hy/sy eiendom beskerm het redelik was.

Hierdie reg op self-beskerming kan dien as ‘n verweer teen ‘n aanklag van geweld of selfsmoord. Ons wetgewing laat jou toe om jouself, iemand anders, jou eindom of die eiendom van iemand anders te beskerm teen ‘n onmiddellike of dreigende onwettige aanval.

Hierdie gemenereg-verweer word dikwels verwar met die statutêre belang in artikel 49 van die Strafprosesreg, soos gewysig, wat voorsiening maak vir die gebruik van geweld om ‘n misdadiger te stuit.

Ten spyte van sekere ooreenkomste, behoort hierdie tipes verweer nie met mekaar saam te smelt nie aangesien hulle vir verskillende doeleindes gebruik word en aan verskillende vereistes onderhewig is.
Daar moet aan verskeie vereistes voldoen word voordat sodanige optrede as wettig beskou sal word :-

Die aanval moet:
* reeds ‘n aanvang geneem het of dreigend wees;
* teen ‘n erkende wettige belang gemik wees; en
* onwettig wees

Die optrede ter verdediging moet:
* noodsaaklik wees om die aanval af te weer;
* redelik wees in terme van die mate van geweld wat gebruik word; en
* gemik wees op die aanvaller.

Jou optrede moet dus in reaksie op ‘n dreigende aggressiewe aanval wees en die wetgewing sluit pertinent enige optrede van ‘n voorkomende aard of “wraakneming” uit.

Wat sê die reg soos deur hofuitsprake ontwikkel?

In die saak van die Staat vs. Van Wyk, het ‘n winkelier by wie daar herhaaldelik ingebreek is ‘n haelgeweer op so ‘n wyse gestel dat die inbreker die sneller sou aktiveer wanneer hy by die winkel inbreek. Een nag tydens ‘n inbraak is die sneller toe geaktiveer en die inbreker is noodlottig gewond. Op die aanklag van moord, het die winkelier staatgemaak op die privaatheidsverweer en die hof het dit aanvaar en hom onskuldig bevind op alle aanklagte.

Die hof het geredeneer dat ‘n persoon in buitegewone omstandighede dodelike geweld mag gebruik om sy eiendom te beskerm wanneer daar geen ander manier is waarop hy sy besittings kan behou nie.
Die enigste beperking wat die hof hierop plaas is dat die waarde van die goedere nie minimaal moet wees nie.

Hierdie uitspraak is egter byna 40 jaar gelede gelewer – lank voordat Suid-Afrika se skuif na ‘n menseregte-demokrasie. Indien die howe vandag met soortgelyke feite gekonfonteer word sal hulle ongetwyfeld anders besluit. Suid-Afrika se nuwe konstitusionele demokrasie het ‘n drastiese verandering in ons regstelsel meegebring.

Die Handves van Fundamentele Regte (Bill of Rights) beskerm verskeie basiese menseregte, met inbegrip van die reg op lewe en die reg op die beskerming van eiendom. In geval van die privaatheidsverweer is dit onvermydelik dat hierdie regte opgeweeg sal moet word teenoor mekaar.

Die hof se balansering van hierdie regte sal moet voldoen aan die vereistes soos uiteengesit in artikel 36 van die handves, naamlik: was die optrede redelik en geregverdig in ‘n oop en demokratiese samelewing gegrond op die beginsels van menswaardigheid, gelykheid en vryheid?
Indien hierdie toets gebruik word, is dit onwaarskynlik dat enige hof dit as geregverdig sal beskou om iemand se lewe te neem ten einde eiendom te beskerm.

Kyk na die volgende scenario:

Jy word in die middel van die nag wakker gemaak deur ‘n die geluid van glas wat breek. Jy kyk uit jou slaapkamervenster en sien ‘n dief wat steelsgewys met jou nuwe sportmotor wegry.

Jy skree vir die dief om jou motor uit te los maar hy ignoreer jou en ry weg. In desperasie gryp jy jou vuurwapen en skiet na die dief. Jy tref hom en hy sterf.

Jou verweer is dat jy probeer het om jou waardevolle eiendom te beskerm en dat daar geen ander manier was om te voorkom dat die dief die voertuig steel nie.
Verder, die diefstal was besig om te gebeur, dus sal jou verweer in lyn wees met die vereiste dat die optrede gemik moet wees op ‘n aanval wat nog nie voltooi is nie.

Ingevolge die Van Wyk-beslissing sal hierdie verweer heel waarskynlik suksesvol wees. In lig van die konstitusionele veranderings soos hierbo genoem, bestaan daar egter die gevaar dat jy moontlik skuldig bevind kan word aan moord.

Andersins kan jy argumenteer dat die Handves van Fundamentele Regte ook jou reg tot eiendom beskerm en dat die grondwet nie voorsiening maak vir ‘n hiërargie van regte nie. Dit mag waar wees, maar onlangse beslissings het aangedui dat die reg tot lewe nie willekeurig verontagsaam mag word nie en dat dodelike geweld slegs aanvaarbaar is in situasies waar die lewens van onskuldige persone beskerm moet word.

In die keerpunt-saak van die Staat vs. Makwanyane – wat effektief weggedoen het met die doodstraf in Suid-Afrika – het die hof met verwysing na artikel 49 van die Strafproseswet gewaarsku dat indien die staat nie meer die bevoegdheid het om ‘n lewe te neem as straf vir ‘n veroordeelde misdadiger nie, dan kan die wet ook nie toelaat dat enige persoon die lewe neem van iemand wat hy probeer stuit nie.

Dieselfde argument moet sekerlik geld waar iemand die lewe van ‘n dief wat hul eindom steel neem. Ontwyking van wettige arrestasie is net so ernstig, indien nie ernstiger as diefstal. In die onlangse uitspraak in die saak Govender vs. die Minister van Veiligheid en Sekuriteit het die hof beslis dat dodelike geweld ten einde iemand te arresteer slegs geregverdig is indien daar ‘n onmiddellike gevaar is dat die vlugtende verdagte lede van die publiek ligaamlike leed kan aandoen.

Indien ons hierdie reël sou toepas op die motordiefstal-scenario hierbo dan is dit duidelik dat jy nie dodelike geweld mag gebruik om die diefstal van jou voertuig te verhoed nie. Jy sal gebruik moet maak van ander nie-dodelike metodes om die misdaad te verhoed........ (Volg Deel 2)

DEEL 2 VAN 2 BESKERMING VAN LEWE EN EIENDOM - WANNER KAN JY SKIET OF DOODSKIET?

Slegs indien die dief tydens jou wettige pogings om die diefstal te verhoed sou teenstand bied en sodoende jou lewe of iemand anders s’n bedreig, het jy die reg om die nodige geweld te gebruik om jouself en ander te beskerm. Dit is belangrik om te onthou dat jy nie mag optree ter selfverdediging voordat die aanval op jou ‘n aanvang geneem het of ten minste dreigend is nie.

Byvoorbeeld, indien die dief sy vuurwapen te voorskyn bring en in jou rigting mik, sal jy die reg hê om dodelike geweld te gebruik om jou lewe te beskerm. Jy kan egter nie die niksvermoedende dief skiet op grond daarvan dat indien jy hom sou konfronteer, hy jou lewe in gevaar sal stel nie. Die ‘voorkomende optrede’ beginsel is nie van toepassing op privaatheidsverweer-sake nie.

Kyk gerus na ‘n ander stel omstandighede:

Jy word wakker een nag en ontdek dat daar ‘n inbreker in jou sitkamer is. Die dief het ‘n vuurwapen en sluip rond in die huis terwyl hy waardevolle items vaslê. Jy weet dat as jy hom sou aanvat hy jou en jou gesin moontlik sal skiet. Mag jy hom ingevolge die wet skiet???
Moet jy jou gesin vat en uit die huis vlug? Moet jy wag dat hy jou en jou gesin aanval?

Anders as die scenario met die motordief, is die inbreker nou in jou huis.

Dieselfde regsbeginsel sal egter geld. Jy mag nie dodelike geweld gebruik om te verhoed dat die dief met jou TV wegkom nie. Inteendeel – jy en jou gesin sal in onmiddellike gevaar moet wees. Daar kan geargumenteer word dat die feit dat die inbreker in jou huis is genoeg is om dodelike geweld te regverdig.

Weereens – elke saak word afsonderlik beoordeel, maar die veilige wettige opsie sal wees om dodelike geweld te vermy totdat jy geen ander keuse het nie. Vermy liewer enige konfrontasie met inbrekers. Dit kan jou lewe red en jou uit die tronk hou.

Die beginsel is eenvoudig: die aanvaller se lewe mag geneem word slegs om jouself of iemand anders se lewe te beskerm of om ernstige besering te verhoed. Dit is onwettig om dodelike geweld te gebruik in enige ander omstandighede.

Met ander woorde: jou eiendom is nie die persoon wat dit steel se lewe werd nie!

(Hierdie regsbeginsels is opgestel deur die Instituut vir Sekuriteitstudies in Pretoria en saamgestel deur PROTEXUM GROUP)

17/03/2021

Hierdie video is lank. Kyk asb tot op einde. Ek d**k hierdie raak baie van ons mense.

02/03/2021

TEAMTAC SOUTH AFRICA (KD - IS)

Naand almal. Vertrou dit gaan goed by elkeen. TEAMTAC was tydens die ingrendel tydperk op Vlakke 5, 4, 3 en 2 geensins gemagtig om enige opleiding aan te bied nie. Dit het ons persoonlik hard gekelder en ons ontneem van ons passie om mense te bemagtig en op te lei.

Die TEAMTAC SPAN is nou deur al die struikelblokke en baie opgewonde om weer aan te kondig dat ons opleiding met nuwe krag, insig, wysheid en geloof ten volle aangepak word..... . JA ONS BIED WEER VOLTYDS ONS OPLEIDING AAN.......Natuurlik binne die raamwerk en reëls van Covid 19 Vlak 1

Daar was lede wat reeds depositos of bedrae betaal het voor die inperkings vir hul opleiding. Kontak asb vir Hannelie pvt sodat ons datums aan jul kan deurgee vir jul opleiding en skedulering.

Dan is daar ook nuwe datums beskikbaar om jul groepe te kan oplei by ons te Secunda of dan by jul venue.

Vir meer inligting, navrae of besprekings kontak asb vir Hannelie by:

084 419 8857 Hannelie
071 476 3982 Louwrens
071 353 7375 Gerdus
[email protected]

Volg ons op ons TEAMTAC groepe en webtuiste

Teamtac Facebook
https://www.facebook.com/TEAMTACCD/

Teamtac Telegram
https://t.me/joinchat/9cHrNRao-E85ZWFk

Teamtac Web
www.teamtactical.co.za
******************************************

DO YOU HAVE THE COURAGE TO STAND BETWEEN YOUR ENEMY AND YOUR LOVED ONES.....

BOOK YOUR SPACE WITH US FOR REALISTIC, EFFICIENT, DEFENSIVE TACTICAL AND CLOSE COMBAT TRAINING

TEAMTAC WILL ADVANCE YOUR SKILLS AND MINDSET SO THAT YOU CAN ACT IN SELF DEFENCE WHEN SO NEEDED FOR PROTECTION.

WE OFFER TRAINING IN:

• Israeli Defensive Tactics
• Tactical Weapon Techniques
• Close Quarter Combat
• Krav4Kids Streetwise
• Tacmed Evac Stop the bleeding
• Woman Warrior Defence
• Hand to Hand Combat
• Advance Weapon Tactics
• Bush Craft and Survival Courses

*"We will Train you for a Fight - that you Cannot afford to Loose"*

Tactical & Close Quarter Combat Training

Firearm Fondamentals, Close Combat, Knife Fighting, Hand to Hand. Tacmed Rescuer, R**e Defense, etc

KD - IS (Krav Defense - Israeli System)

24/12/2020
20/10/2020

BESKERMING VAN LEWE EN EIENDOM - WANNER KAN JY SKIET OF DOODSKIET?

Wat sê die Grondwet en die Handves vir Menseregte?
Wanneer mag jy skiet om jouself te verdedig?

Mag jy dodelike geweld gebruik om jou eiendom te beskerm, en indien wel, wanneer?

Suid Afrikaners is onseker oor hoeveel geweld hulle mag gebruik om hulself teen misdaad te beskerm.

Die verkeerde optrede in hierdie geval kan rampspoedige regsgevolge hê.

Terwyl die wet steeds onduidelik is, sal die konstitusionele reg op lewe waarskynlik voorkeur geniet bó die reg om jou eiendom te beskerm.

In die opname deur die Instituut vir Sekerheidstudies getiteld National Victims of Crime het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrikaners vandag ‘n groter vrees vir misdaad het as wat hulle in 1998 gehad het.

Hierdie groeiende angs het aanleiding gegee tot ‘n wye reeks self-verdedigingsmaatreëls, met baie mense wat vuurwapens aanskaf ingeval hulle met misdaad gekonfronteer word.

Daar was onlangs verskeie goed gepubliseerde gevalle waar dodelike geweld gebruik is om eiendom te beskerm.

Dit was vergesel van media-uitsprake wat daarop neerkom dat dit aanvaarbaar is ingevolge Suid-Afrikaanse wetgewing om iemand te dood ten einde eiendom te beskerm.

Hierdie situasie kom met sy eie gevare.

Sedert die debat rondom die gewysigde wetgewing oor die gebruik van geweld om ‘n misdadiger te stop in koerantopskrifte verskyn het, is Suid Afrikaners onseker oor hoe hulle hul vuurwapens mag gebruik om hulself te beskerm.

Indien hulle té versigtig optree, kan hulle hul lewens verloor. Indien hulle egter die geweldsopsie sou volg, kan hulle hul vryheid verloor.

Ingevolge die gemenereg is “proporsionaliteit” die hoofbeginsel wat geld ten opsigte van die reg om geweld te gebruik om jouself of jou eiendom te beskerm: die verdedigende optrede mag egter nie meer skade aanrig as wat nodig is om die aanval af te weer nie.

Alhoewel daar geen vaste reëls is nie, weeg die howe gewoonlik die belange wat beskerm word deur die geweldadige optrede op teenoor die belange wat geskend word deur die onwettige aanval.

Wanneer daar bepaal moet word of ‘n slagoffer van misdaad redelik opgetree het, sal die hof elke saak op meriete beoordeel.

Daar sal sekerlik nie van ‘n eienaar wat deur ‘n rower gekonfronteer word verwag word om van sy eiendom afstand te doen nie.

Hy het die reg om sy eiendom te beskerm en die hof sal ál die omstandighede oorweeg wanneer daar besluit word of die wyse waarop hy sy eiendom beskerm het redelik was.

Hierdie reg op self-beskerming kan dien as ‘n verweer teen ‘n aanklag van geweld of selfs moord.
Ons wetgewing laat jou toe om jouself, iemand anders, jou eindom of die eiendom van iemand anders te beskerm teen ‘n onmiddellike of dreigende onwettige aanval.

Hierdie gemenereg-verweer word dikwels verwar met die statutêre belang in artikel 49 van die Strafprosesreg, soos gewysig, wat voorsiening maak vir die gebruik van geweld om ‘n misdadiger te stuit.

Ten spyte van sekere ooreenkomste, behoort hierdie tipes verweer nie met mekaar saamsmelt nie aangesien hulle vir verskillende doeleindes gebruik word en aan verskillende vereistes onderhewig is.

Daar moet aan verskeie vereistes voldoen word voordat sodanige optrede as wettig beskou sal word.

Die aanval moet:

- reeds‘n aanvang geneem het of dreigend wees;

- teen ‘n erkende wettige belang gemik wees; en

- onwettig wees

Die optrede ter verdediging moet:

- noodsaaklik wees om die aanval af te weer;

- redelik wees in terme van die mate van geweld wat gebruik word; en

- gemik wees op die aanvaller.

Jou optrede moet dus in reaksie op ‘n dreigende aggressiewe aanval wees en die wetgewing sluit pertinent enige optrede van ‘n voorkomende aard of “wraakneming” uit.

Wat sê die reg soos deur hofuitsprake ontwikkel?

In die saak van die Staat vs. Van Wyk, het ‘n winkelier by wie daar herhaaldelik ingebreek is‘n haelgeweer op so ‘n wyse gestel dat die inbreker die sneller sou aktiveer wanneer hy by die winkel inbreek.

Een nag tydens ‘n inbraak is die sneller toe geaktiveer en die inbreker is noodlottig gewond.

Op die aanklag van moord, het die winkelier staatgemaak op die privaatheidsverweer en die hof het dit aanvaar en hom onskuldig bevind op alle aanklagte.

Die hof het geredeneer dat ‘n persoon in buitegewone omstandighede dodelike geweld mag gebruik om sy eiendom te beskerm wanneer daar geen ander manier is waarop hy sy besittings kan behou nie.

Die enigste beperking wat die hof hierop plaas is dat die waarde van die goedere nie minimaal moet wees nie.

Hierdie uitspraak is egter byna 40 jaar gelede gelewer – lank voordat Suid-Afrika se skuif na ‘n menseregte-demokrasie. Indien die howe vandag met soortgelyke feite gekonfonteer word sal hulle ongetwyfeld anders besluit.

Suid-Afrika se nuwe konstitusionele demokrasie het ‘n drastiese verandering in ons regstelsel meegebring.

Die Handves van Fundamentele Regte (Bill of Rights) beskerm verskeie basiese menseregte, met inbegrip van die reg op lewe en die reg op die beskerming van eiendom.

In geval van die privaatheidsverweer is dit onvermydelik dat hierdie regte opgeweeg sal moet word teenoor mekaar.

Die hof se balansering van hierdie regte sal moet voldoen aan die vereistes soos uiteengesit in artikel 36 van die handves, naamlik: was die optrede redelik en geregverdig in ‘n oop en demokratiese samelewing gegrond op die beginsels van menswaardigheid, gelykheid en vryheid?

Indien hierdie toets gebruik word, is dit onwaarskynlik dat enige hof dit as geregverdig sal beskou om iemand se lewe te neem ten einde eiendom te beskerm.

Kyk na die volgende scenario:

Jy word in die middel van die nag wakker gemaak deur ‘n die geluid van glas wat breek. Jy kyk uit jou slaapkamervenster en sien ‘n dief wat steelsgewys met jou nuwe sportmotor wegry.

Jy skree vir die dief om jou motor uit te los maar hy ignoreer jou en ry weg. In desperasie gryp jy jou vuurwapen en skiet na die dief. Jy tref hom en hy sterf.

Jou verweer is dat jy probeer het om jou waardevolle eiendom te beskerm en dat daargeen ander manier was om te voorkom dat die dief die voertuig steel nie.

Verder, die diefstal was besig om te gebeur, dus sal jou verweer in lyn wees met die vereiste dat die optrede gemik moet wees op ‘n aanval wat nog nie voltooi is nie.

Ingevolge die Van Wyk-beslissing sal hierdie verweer heel waarskynlik suksesvol wees.

In lig van die konstitusionele veranderings soos hierbo genoem, bestaan daar egter die gevaar dat jy moontlik skuldig bevind kan word aan moord.

Andersins kan jy argumenteer dat die Handves van Fundamentele Regte ook jou reg tot eiendom beskerm en dat die grondwet nie voorsiening maak vir ‘n hiërargie van regte nie.

Dit mag waar wees, maar onlangse beslissings het aangedui dat die reg tot lewe nie willekeurig verontagsaam mag word nie en dat dodelike geweld slegs aanvaarbaar is in situasies waar die lewens van onskuldige persone beskerm moet word.

In die keerpunt-saak van die Staat vs. Makwanyane – wat effektief weggedoen het met die doodstraf in Suid-Afrika – het die hof met verwysing na artikel 49 van die Strafproseswet gewaarsku dat indien die staat nie meer die bevoegdheid het om ‘n lewe te neem as straf vir ‘n veroordeelde misdadiger nie, dan kan die wet ook nie toelaat dat enige persoon die lewe neem van iemand wat hy probeer stuit nie.

Dieselfde argument moet sekerlik geld waar iemand die lewe van ‘n dief wat hul eindom steel neem.

Ontwyking van wettige arrestasie is net so ernstig, indien nie ernstiger as diefstal.

In die onlangse uitspraak in die saak Govender vs. die Minister van Veiligheid en Sekuriteit het die hof beslis dat dodelike geweld ten einde iemand te arresteer slegs geregverdig is indien daar ‘n onmiddellike gevaar is dat die vlugtende verdagte lede van die publiek ligaamlike leed kan aandoen.

Indien ons hierdie reël sou toepas op die motordiefstal-scenario hierbo dan is dit duidelik dat jy nie dodelike geweld mag gebruik om die diefstal van jou voertuig te verhoed nie.

Jy sal gebruik moet maak van ander nie-dodelike metodes om die misdaad te verhoed.

Slegs indien die dief tydens jou wettige pogings om die diefstal te verhoed sou teenstand bied en sodoende jou lewe of iemand anders s’n bedreig, het jy die reg om die nodige geweld te gebruik om jouself en ander te beskerm.

Dit is belangrik om te onthou dat jy nie mag optree ter selfverdediging voordat die aanval op jou ‘n aanvang geneem het of ten minste dreigend is nie.

Byvoorbeeld, indien die dief sy vuurwapen te voorskyn bring en in jou rigting mik, sal jy die reg hê om dodelike geweld te gebruik om jou lewe te beskerm.

Jy kan egter nie die niksvermoedende dief skiet op grond daarvan dat indien jy hom sou konfronteer, hy jou lewe in gevaar sal stel nie. Die ‘voorkomende optrede’ beginsel is nie van toepassing op privaatheidsverweer-sake nie.

Kyk gerus na ‘n ander stel omstandighede:

Jy word wakker een nag en ontdek dat daar ‘n inbreker in jou sitkamer is. Die dief het ‘n vuurwapen en sluip rond in die huis terwyl hy waardevolle items vaslê.

Jy weet dat as jy hom sou aanvat hy jou en jou gesin moontlik sal skiet. Mag jy hom ingevolge die wet skiet? Moet jy jou gesin vat en uit die huis vlug? Moet jy wag dat hy jou en jou gesin aanval?

Anders as die scenario met die motordief, is die inbreker nou in jou huis.

Dieselfde regsbeginsel sal egter geld. Jy mag nie dodelike geweld gebruik om te verhoed dat die dief met jou TV wegkom nie.

Inteendeel – jy en jou gesin sal in onmiddellike gevaar moet wees. Daar kan geargumenteerword dat die feit dat die inbreker in jou huis is genoeg is om dodelike geweld te regverdig.

Weereens – elke saak word afsonderlik beoordeel, maar die veilige wettige opsie sal wees om dodelike geweld te vermy totdat jy geen ander keuse het nie.

Vermy liewer enige konfrontasie met inbrekers. Dit kan jou lewe red en jou uit die tronk hou.

Die beginsel is eenvoudig: die aanvaller se lewe mag geneem word slegs om jouself of iemand anders se lewe te beskerm of om ernstige besering te verhoed.

Dit is onwettig om dodelike geweld te gebruik in enige ander omstandighede.

Met ander woorde: jou eiendom is nie die persoon wat dit steel se lewe werd nie!

(Hierdie regsbeginsels is opgestel deur die Instituut vir Sekuriteitstudies in Pretoria).

Address

Secunda

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Team Tactical posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Team Tactical:

Share