Schweizer-Reneke Rolbalklub

Schweizer-Reneke Rolbalklub Rolbalklub

17/11/2017

Die Intervaal dames enkels word more op Schweizer Reneke rolbalbaan gespeel.Sterkte aan al die dames wat deelneem.

24/08/2017

Ons AGM was gisteraand gehou.Dankie aan die lede wat die vergadering bygewoon en insette gelewer het.Die bestuur vir die nuwe seisoen is soos volg verkies.
President:Daan Lubbe.
Visie President:Laura Fauche.
Sekretaresse:Tanya.
Kompetisie Sekretaris:Wimpie Viljoen.
Tesourier:Nico Killian.
Addisionele lede:
George Fauche
Chris van Tonder
Henriette Meyer
Piet Nel.
Geluk aan die lede en sterkte vir die jaar se bedrywighede wat voorle.

06/06/2016

Baie geluk aan ons dames span Laura,Manda,Duifie en Esbeth wat die Intervaal 4re gewen het.Die mans span van Wimpie,Ivan,Piet en Johan het 3de geeindig,maar gaan ook deur na die Noord Kaap 4re in Kimberley die naweek.Sterkte en hou Schweizer se naam hoog.

30/05/2016

Sterkte aan ons 2 mans en damesspan wat die naweek aan die Intervaal 4re op Bloemhof deelneem.Hoop dat dit goed sal gaan.

22/05/2016

Die seksies spel vir mans pare is gister afgehandel.Ongelukkig kon geen van die Intervaal spanne deurgaan nie.Sterkte aan die spanne wat vandag in die semis en finale speel.

20/05/2016

Die Noord Kaap pare word die naweek in Kimberley gespeel.Die dames speel op De Beers en die mans op Solplaaitjie.Sterkte aan die mans spanne Wimpie en Johan Boonzaaier,en Nick Meckenzie en Johan Du Toit wat Schweizer Rolbalklub verteenwoordig.Sterkte aan almal wat die naweek deelneem,

18/05/2016

Ek is opsoek na n stel 00,0 of nr 1 b***e om te koop.As daar iemand is wat kan help skakel my asb by 0834401427.Dankie Wimpie.

17/05/2016

Schweizer Rolbalklub is op die oomblik besig met hul klubkampionskappe.Van die kompetisies is al afgehandel en is die uitslae soos volg.GEMENDE PARE:Wenners:Wimpie Viljoen en Laura Fouche,2de Piet Nel en Baba.DAMES ENKELS:Wenner:Laura Fouche,2de Mariska du Toit(Sy speel nog net 5 maande)MANS ENKELS:Wenner:Wimpie Viljoen,2de Kobus Roos.Baie geluk aan die wenners en sterkte met die res van die kompetisies wat nog afgehandel moet word.

17/05/2016

Vanaf 17 tot 23 April was die Nasionale Kampioenskappe vir die Siggestremde en Liggaamlik gestremde rolbalspelers gehou.Wat n lekker toernooi was dit nie,en om weer ou vriende te sien en nuwes te ontmoet.Van Schweizer Rolbalklub het Wimpie Viljoen deelgeneem en n silwer medalje in die enkels en brons medalje in die pare gewen.Dankie Noord Kaap vir n baie lekker Nasionals.

Waar die besighede teen mekaar speel
14/03/2016

Waar die besighede teen mekaar speel

Address

Posbus 341
Schweizer-Reneke
2780

Telephone

0826551374

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Schweizer-Reneke Rolbalklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category