Wildri Braaimate

Wildri Braaimate Mushroom braai pan All South Africans Loves to “Braai”, and what better than a few delicious big brown mushrooms with the braai. You can cook anything with it.

The Braaimate pan is designed for this popular delicacy, and prevents the mushroom filling from spilling or ending up in the fire. The Braaimate is a versatile tool that can be use for potbread dough, lovely bread rolls, hamburger patties, pie’s, “braai broodtjies”, eggs and “breakfast nessies”. The Braaimate can even cook starter meals like garlic snails and cream garlic mussels! It is ideal for camping, or even for the “braai” at home. It can be used on the stove plate or in the oven!

Geloftedag, 'n dag van oorwinning. “en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.”‭‭P...
16/12/2016

Geloftedag, 'n dag van oorwinning.

“en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.”
‭‭PSALMS‬ ‭50:15‬ ‭AFR53‬‬
“Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.”
‭‭PSALMS‬ ‭91:7‬ ‭AFR53‬‬

• Vandag herdenk 'n Christen volk 'n dag van oorwinning, 'n dag waar die aanslag groot was.
• Die geveg was 10000 teenoor 470 kinders van God. Hierdie volk het die Here aangeroep in 1838 uit hulle benoudheid en die Here het hulle bewaar.
• Die Here se woord is waar en staan vas, al was daar tienduisend het die Here 'n dag van oorwinning belowe.
• Op die dag is daar 'n Gelofte gemaak. "Gelofte" ('n spesifieke belofte) en dit was om die Here te eer vir 'n dag van oorwinning.
Vandag is jou gelofte dag om die Here te eer vir al die oorwinnings in jou lewe. Jy het dalk 'n siekte oorwin, 'n finansiele deurbraak gekry in jou besigheid, bevordering by die werk gekry, jou lewensmaat gevind waarvoor jou die Here vertrou het ens.
• Kom ons hou ons belofte op gelofte dag en eer die Here vir al die oorwinnings in jou lewe.

Gebed: Here dankie vir al die tye wat U my deur gedra en gelei het tot oorwinning. U het my beskerm teen baie aanslae, U het my gered in tye waar ek baie benoud was. Here vandag eer ek U ek loof U en prys U groot en heilige naam. Amen

04/10/2016

DIE TIEN GEBOOIE WORD TIEN BELOFTES..

Omdat Jesus Christus vir ons die wet volkome vervul het, word die tien gebooie in Hom tien beloftes aan ons.

EERSTE GEBOD
As God die eerste plek in jou lewe inneem, sal jy geen ander gode wíl dien nie ~ Hy sal die eerste, enigste én ereplek in jou lewe hê.

TWEEDE GEBOD
As God in jou hart is, sal jy geen gesnede beelde van Hom wíl maak nie. Dit sal nie vir jou nodig wees nie, want jy sal self Sy Beeld dra en uitstraal na ander. Wanneer mense na jou kyk, sal hulle Jesus IN jou sien.

DERDE GEBOD
As jy Hom liefhet sal Sy Naam nooit 'n vloekwoord oor jou lippe kán wees nie, maar sal Sy Naam in alle omstandighede deur jou in ere gehou en gerespekteer word.

VIERDE GEBOD
As God die ereplek in jou lewe het sal Sondae die absolute hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou 'n vreugde wees om kerk toe te gaan ~ 'n dag, nie om teen op te sien nie, maar na uit te sien met verwagting!

VYFDE GEBOD
As God in jou lewe is sal dit vir jou 'n voorreg wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal vir jou nie moeilik wees nie, ten spyte van wie of wat hulle mag wees, want agter hulle sal jy Hom sien, wat hulle vir jou spesiaal uitgekies en geleen het.

SESDE GEBOD
Jy sal nooit iemand wil seermaak nie, wat nog te sê van doodmaak! Want Sy Woord leer ons van onbaatsugtige liefde en opoffering. Sy Gees sal die stille influistering van jou gewete wees.

SEWENDE GEBOD
As jy Hom liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. Gee God 'n ereplek in julle huwelik en Hy sal julle liefde vir mekaar én julle geluk, in Sy hande bewaar en vashou.

AGTSTE GEBOD
As Hy op die troon van jou hart sit sal jy daarop ingestel wees om nie altyd iets van 'n ander te wil neem nie. Jy sal daagliks vra : Aan wie en waar kan ek iets GEE?

NEGENDE GEBOD
As God in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van 'n ander kwaad te praat nie. Hy sal deur Sy Gees jou 'n lojale mens maak, wat van ander geen woord sal sê as dit nie iets goed kan wees nie.

TIENDE GEBOD
Hy belowe dat Hy deur Sy Gees jou so sal vul met dankbaarheid, dat jy niks meer sal begeer nie. Jy sal vergenoeg wees met wat jy het, met die besef dat God gee soos wat Hy dit nodig vind. En wanneer Hy gee, gee Hy ALTYD genoeg, sodat niks jou sal ontbreek nie...

SLOTSOM
As God op die troon van jou hart sit, is Hy in beheer en nie jy nie. Dan sal dit nie moeilik wees om Sy tien gebooie te hou nie, want deur Sy Gees sal jy dit WIL onderhou en HOM BO ALLES EER.

Ervaar voorspoed in tye van nood. “STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou...
26/09/2016

Ervaar voorspoed in tye van nood.

“STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.”
‭‭JESAJA‬ ‭60:1-2‬ ‭AFR53‬‬

• Glo jy dat jy die meeste voorspoed kan ervaar wanneer die wêreld duisternis en donkerheid ervaar.
• Geliefde dit is die wil van die Here vir Sy kinders wat Hom in Gees en waarheid aanbid. Hy wil Sy beste vir jou gee maak nie saak hoe donker die omstandighede.
• Nader vandag tot die Here, plaas AL jou vertrou in Hom en laat toe dat die heerlikheid van die Here opgaan oor jou.

Gebed: Here dankie vir U lig wat oor my opgaan en alle duisternis verteer in my lewe. Oor my sal U Here opgaan, en U heerlikheid sal oor my gesien word. In Jesus naam. Amen

Geen einde aan die liefde van die Here. “Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van ...
06/09/2016

Geen einde aan die liefde van die Here.

“Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.”
‭‭KLAAGLIEDERE‬ ‭3:21-23‬ ‭AFR83‬‬

• Geliefde wat 'n voorreg om 'n God te aanbid wat jou lewe vernuwe, verander en jou vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.
• Luister mooi na die woord dit gee jou hoop om te weet daar is geen einde aan die liefde van die Here nie en geen einde aan Sy ontferming oor jou nie.
• Weet vandag God se liefde en trou is elke dag nuut. Hy wil Sy beste vir jou Sy kind gee. Vertrou Hom vandag met alles in jou lewe en ervaar Sy liefde en ontferming oor jou.

Gebed: Here dankie vir nuwe hoop vandag met die wete daar is geen einde aan U liefde en ontferming nie. Lei my vandag in U voetspore van oorwinning. In Jesus naam. Amen

Jesus loop vooruit volg Hom. “En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, ...
02/09/2016

Jesus loop vooruit volg Hom.

“En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.”
‭‭JOHANNES‬ ‭10:4‬ ‭AFR53‬‬

•In die weermag sal die sersant sê: "gaan deur die rivier. Ek sal jou van agter beskerm, " omdat hy vermoed dat die rivier vol krokodille is. Dit is nie die soort leier wat jy nodig het nie.
• Ons is Sy skape en Hy wil ons beskerm. Jesus is nie die soort leier wat ons wil bestuur nie, maar Hy lei ons, Hy gaan voortuit.
• Geliefde, Jesus jou herder wil hê jy moet Hom net volg. Solank as wat jy Hom toelaat om jou te lei, sal Hy in al jou behoeftes voorsien.
• Hy is jou voorsiening, geneser, berader, wysheid, geregtigheid, heiligmaking ... Jesus is alles wat jy nodig het.

Gebed: Here ek verklaar vandag: Jesus is my Herder en ek volg Sy stem. Lei my vandag in oorwinning op die pad wat U vir my beplan het. Ek sal volg. In Jesus Heilige naam. Amen.

BELLE FOI SPA at Pont de Val Riverside Escape OPENS ON 16 SEPT! De-stress in a private treatment room overlooking the ri...
01/09/2016

BELLE FOI SPA at Pont de Val Riverside Escape OPENS ON 16 SEPT! De-stress in a private treatment room overlooking the river & enjoy a wide range of treatments, incl. world-renowned TheraVine based treatments - developed in Stellenbosch & made from Pinotage grape-derived ingredients - high in anti-oxidants. Info & bookings: Email: [email protected] / Call Charmaine on 079 389 1907 or see www.pontdeval.co.za/spa

OPENING 16 SEPT 2016 For bookings & more info kindly call Charmaine on 079 389 1907 or email [email protected] Body Experience the ultimate Vine Therapies   TheraVine is a world-renowned, highly scientific spa treatment range developed by a specialized team … Read More

Book online at www.pontdeval.co.za/accommodation •  Pont de Val Riverside Escape's La Grande Évasion Boutique Hotel - ti...
29/08/2016

Book online at www.pontdeval.co.za/accommodation • Pont de Val Riverside Escape's La Grande Évasion Boutique Hotel - timeless French countryside style, just an hour from Joburg on the Vaal River.

Vaal River accommodation near Parys. French-style holiday homes and boutique hotel, with restaurant and wedding venue on premises.

Book your wedding at the prestigious, intimate, French countryside-style Pont de Val Riverside Escape 1 hour from Joburg...
27/08/2016

Book your wedding at the prestigious, intimate, French countryside-style Pont de Val Riverside Escape 1 hour from Joburg. Get a quick & easy cost estimate at www.pontdeval.co.za/weddings

Wedding Venue on Vaal River near Parys

môre! 💞🌷💞Here Jesus, Heer van my hart, in liefde en eerbied nader ek U nou in gebed. Heers oor ons gedagtes Here. Laat U...
25/08/2016

môre! 💞🌷💞Here Jesus, Heer van my hart, in liefde en eerbied nader ek U nou in gebed. Heers oor ons gedagtes Here. Laat U lig in ons denke skyn, en elke gedagte wat nie 'n lig gedage is nie, onmiddelik uitwis. Vul ons hart met U liefde Here Jesus, hernu ons totdat ons siel sing in ons. Here Jesus, neem ons hart en maak U hier tuis, want dis wanneer U in in ons hart heers wat ons die wonder van U liefde ontdek. Neem ons liggaam Here Jesus, omskep dit in 'n stralende tempel van lig. Herskep ons en maak ons nuut, gereed vir 'n nuwe dag, 'n heerlike lewe saam met U. Dankie Here, U vul ons met U helende lewenskrag. Ek loof en dank U dat U elke dag saam met ons betree.
Ek bid U seën af op ons liggaam en gesondheid, ek bid U seën af op positiewe denke en ons emosies, ek bid U seën af op ons woorde en dade vandag, ek bid U seën op die opdrag van U en bid dat ons in gehoorsaamheid sal handel, Here ek bid U seën af op my kinders en kleinkinders, U seën op hierdie blad en elke gebedsmaat. U Here Jesus, is ons Vriend, ons Leidsman en die Lig op ons pad. Hoe kan ons U ooit dank vir die wonder van U stralende Teenwoordigheid in en om ons.
Ek loof dank en eer U en het U lief. Dankie dat U ons eerste liefgehad het.
In Jesus kosbare Naam bid ek dit,
Amen💞🌷💞🌷

Book online at www.pontdeval.co.za/accommodation •  Pont de Val Riverside Escape's La Grande Évasion Boutique Hotel - ti...
20/08/2016

Book online at www.pontdeval.co.za/accommodation • Pont de Val Riverside Escape's La Grande Évasion Boutique Hotel - timeless French countryside style, just an hour from Joburg on the Vaal River.

Address

McIntyre Street
Sasolburg
1947

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 17:00

Telephone

0729986969

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wildri Braaimate posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Wildri Braaimate:

Shortcuts

Share