19/08/2026
💙 Interskole-gees is in die lug! 💙
Gisteraand was dit weer tyd vir lekker netbal, lekker speel en sommer net goeie gees! 🏐🔥
Omdat dit Interskole-week is, het ons natuurlik die blou uitgehaal en die gees behoorlik laat wys! 💙💙 Baie van ons dames het in blou opgedaag om ons Robbies te ondersteun. 🔵🙌
Ons is dalk ’n sosiale netbalklub, maar een ding is seker, ons speel met hart, lag baie en geniet elke oomblik saam! 😄🏐
Môreaand maak ons weer so. Sien ons jou daar?
Tyd: 17:15-18:15
Plek: Hoërskool Robertson
💙: Trek enigiets BLOU aan!