Riversdal AAN'T HEIDE Staproete

Riversdal AAN'T HEIDE Staproete Die staproete is Ε‰ inisiatief van die gemeenskap aan die gemeenskap. Los niks behalwe jou voetspoor.

Gevlekte Kousband/Spotted Harlequin gister op paadjie. Foto: Rina Kapp
12/10/2025

Gevlekte Kousband/Spotted Harlequin gister op paadjie. Foto: Rina Kapp

Vandag was BAIE spesiaal.Sowat 17 mense het opgedaag en behoorlik hulle staal in die hitte gewys πŸ’ͺ🏻Dit is wat alles die ...
04/10/2025

Vandag was BAIE spesiaal.
Sowat 17 mense het opgedaag en behoorlik hulle staal in die hitte gewys πŸ’ͺ🏻
Dit is wat alles die moeite werd maak.
Deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.
Ε‰ BAIE groot dankie aan elkeen vir die swoeg en sweet. Julle is almal ysters.

Wat is jou eerste gedagte wanneer jy Ε‰ miershoop sien ? πŸ€”β˜ΊοΈ
29/09/2025

Wat is jou eerste gedagte wanneer jy Ε‰ miershoop sien ? πŸ€”β˜ΊοΈ

Nog so bietjie bederf op ons eie wandelpad.❣️
29/09/2025

Nog so bietjie bederf op ons eie wandelpad.❣️

Susan van Rooyen: Sy sorg vir die gedopte nageslag op ons paadjie...... Besluit toe mos om haar eiertjies onder die tjip...
29/09/2025

Susan van Rooyen: Sy sorg vir die gedopte nageslag op ons paadjie...... Besluit toe mos om haar eiertjies onder die tjips te lΓͺ....... Wonder wanneer gaan die goedjies uitbroei?
Wees asb bedagsaam en maak seker jou hondekind krap ook nie hier nie. Baie dankie.

Huis Wallace Anderson  se Prefdraf is die eerste van nog baie wat hierdie roete ook gaan geniet.Dankie aan elke deelneme...
20/09/2025

Huis Wallace Anderson se Prefdraf is die eerste van nog baie wat hierdie roete ook gaan geniet.
Dankie aan elke deelnemer en organiseerders dat julle ons roete so mooi skoon agtergelaat het.
5km, 10km, 21km πŸƒπŸƒβ€β™€οΈπŸƒπŸƒβ€β™€οΈπŸ’šπŸŒΏ
Hessequa Tourism Hessequa Munisipaliteit Riversdal Toerisme/Tourism Riversdale Community Page/Riversdale Advertising

Ons staproete se skatte uit ons Skepper se hand vir almal om te geniet. Kom word stil en sit op die spesiale  "stilte ho...
20/09/2025

Ons staproete se skatte uit ons Skepper se hand vir almal om te geniet. Kom word stil en sit op die spesiale "stilte hoekies" en vergeet vir Ε‰ oomblik van die "rat race" daarbuite.

Daar is geswoeg en gesweet, die gemeenskap se betrokkenheid is  Ε‰ riem onder die hart wanneer daar iets vir ons dorp op ...
20/09/2025

Daar is geswoeg en gesweet, die gemeenskap se betrokkenheid is Ε‰ riem onder die hart wanneer daar iets vir ons dorp op so Ε‰ sigbare manier gedoen word. Dit was en is nog Ε‰ enorme projek met Ronnie as " Projekbestuurder".
Dankie, elke werker, elke donasie, elke hand wat bygedra het. πŸ™

Welkom natuurliefhebbers 🌿Die paadjie van 380m wat in Covid as Ε‰ "ontsnapping" ontspanning so skelmpies onder die Munisi...
20/09/2025

Welkom natuurliefhebbers 🌿
Die paadjie van 380m wat in Covid as Ε‰ "ontsnapping" ontspanning so skelmpies onder die Munisipaliteit se neus deur Werner Kapp langs sy huis begin is, is gedurende 2024/2025 onder leiding van Ronnie van Rooyen van Wyk 7, wat die regte kanale met die owerhede en natuurbewaring ken, verder ontwikkel in Ε‰ besonderse staproete waarop elke Riversdaller vandag kan trots wees.
Riversdale Community Page/Riversdale Advertising Hessequa Tourism Hessequa Munisipality, Riversdale

Address

Heide Street
Riversdale
6670

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Riversdal AAN'T HEIDE Staproete posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share