Latigo Arabian Stud

Latigo Arabian Stud Latigo stud was started by Celia Theron in 1988. Focusing mainly on old English and Crabbet lines.

15/11/2024
28/06/2024


11/03/2024

Ek skryf vandag hierdie post met die grootste eerbied en dankbaarheid aan ons Hemelse Vader.

Toe Boaz by my aangekom het om oor geleer te word met die doel om verkoop te word, was die arme perd 'n nagmerrie. Hy het geen self-vertroue gehad nie en alhoewel ek NOOIT ervaar het dat hy my WIL seer maak nie, was daar tye wat ek gevrees het om met hom te werk.
Tenspyte van dit het hy met my siel gepraat.
Ek was glad nie van plan om 'n perd te koop nie, maar die Here het dit so laat uitwerk dat ek hom toe op die ou end koop.
Na BAIE ure se werk het Boaz verbeter en toe raak ek swanger. Ek oorweeg dit toe om hom te verkoop, maar het heeltyd vasgehou aan hoe die Here hom aan my gegee het en die profisieë wat ek oor ons as span gekry het.
Ek het weer na my swangerskap begin ry en toe deur 'n moeilike tyd met die perd gegaan, omdat ek gereeld afgeval het (nie net sy skuld nie, maar myne ook). Ek het op 'n dag gebid en gevra dat as ek daardie dag afval is dit 'n teken dat ek moet ophou met die perde, maar as ek nie doen nie, sal ek met Boaz verder uithouritte ry.

Noodeloos om te sê ek het nie afgeval nie. Ek en my niggie gaan ry toe Colesberg die naweek met 2 besonderse onfiks perde. (Arme Boaz het vir voorbereiding vir die rit 1x 30km en 2x 15km gery).
Ek het net gebid dat die Here se wil sal geskied en dat Hy ons perde die nodige krag sal gee.

Om te sê dat Boaz my verbaas is het, is 'n understatement!
My arme perd was seker die onfikste perd op die rit, maar tenspyte van dit het hy 80% v.d tyd voor getrek, met tye 'n groep van 4 perde agter hom. Ek het nie 1 keer gesoebat of gevra vir 'n sekere spoed nie, hy het net geweet wat om te doen en te gee.

Op die laaste been was dit alreeds warm en kon ek voel ons perde het hulp nodig. Ek het gebid dat as die Here ons genadig sal wees dat daar 'n windjie sal waai en indien Hy ons nog meer sal help dat ons dit heelpad van voor af sal kry. Die laaste been ry mens in so draai en die Here was getrou! Ons het HEELPAD 'n ligte briesie van voor af gekry. Asof dit nie genoeg was nie - die laaste deel huistoe het my perd dit wraggies nog in hom gehad om te kompeteer vir 1ste klaar maak ook.

Alhoewel ek regtig nie gegaan het met die doel om plek te kry of vinnig te ry nie, maar net klaar te maak en eintlik net my perd lekker fiks te kry op die rit, was ons wragtig die enigste perd wat in die standaard gewigskategorie die rit suksesvol voltooi het (en dan natuurlik plek gekry het in daardie kategorie ook).

Maar dit was nie al nie. Na elke been wat my perd by die veearts moes draf het hul my gekomplimenteer oor hoe goed en vars hy nog lyk - dit vir 'n perd wat REGTIG onfiks was.

Mense, die Here bestaan WERKLIK! Hierdie perd alleen het storie op storie oor hoe die Here voorsien en hoe Hy getrou is. Niks van my en Boaz se hele journey tot nou toe was enigsins moontlik sonder die Here nie.
God is good all the time and all the time God is good!

Elke rit, selfs net oefen, wat ek en Boaz nog sal ry is slegs tot eer en verheerliking van Sy naam!

Spreuke 21:31

15/09/2022

Latigo Silver Prince trying to do the Spanish walk.......I didn't teach him how to do it.
Thanks to Amar's horsemanship for backing our young horses, you did a superb job.

Colts Látigo Valiant(Olford Silver Snap x Osiris Vanita) and Látigo Prince(Olford Silver Snap x LátigoLora) having a cha...
12/01/2022

Colts Látigo Valiant(Olford Silver Snap x Osiris Vanita) and Látigo Prince(Olford Silver Snap x LátigoLora) having a chat and checking out the mares

Address

Reddersburg
9904

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Latigo Arabian Stud posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share