03/06/2025
Die dood kom soms soos 'n ongenooide gas in ons lewens en laat ons met die grootste hartseer.
Ons wil hiermee ons innige simpatie oordra aan die Flucks familie en die bree gemeenskap. Ons weet julle hartseer is onbeskryflik groot en julle verlies kan nie in woorde omgesit word nie.
Zinnia Zinbol Flucks haar groot hart en haar vermoë om vir ander te gee, was wyd bekend. Sy het nooit geskroom om ander te help nie.
Op talle platforms het sy haar storie gedeel en baie mense het haar bewonder vir die wyse waarop sy haar lewe geleef het. Ons bevraagteken nie God se weë nie, maar ons is dankbaar dat hierdie 'kind van Witzenberg' soveel harte en lewens kon aanraak.
Ons harte en opregte gebede gaan uit na haar man, kinders en die breë familie van Zinnia. Mag onse God julle seer harte kom aanraak en julle krag en genade gee om hierdie verskriklike groot verlies te kan hanteer.
Hou vas aan die mooi tye saam met haar en koester dit in jul harte.
Rus in hemelse vrede Zinnia🙏
Psalms 34:19
Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.