11/09/2026
Baie geluk aan mnr. Hanco Deale (2011) wat pas as die Witbulle se agterlynafrigter aangestel is.
Hanco ken die Witbultrui goed – hy het self 20 wedstryde in dié trui gespeel en was veral vir sy dodelike skopskoen geken.
Ons is seker dat sy ervaring, kennis en passie hom uitstekend sal toerus vir hierdie nuwe uitdaging.
Die OAB staan bankvas agter jou en sien uit na ’n opwindende 2027-seisoen.
Eenmaal ’n Affie, altyd ’n Affie!