27/08/2026
📢 Laaste Geleentheid om te Registreer! 🏉
Alhoewel registrasies amptelik op 22 Augustus gesluit het, het ons 'n finale geleentheid tot Vrydag oopgestel vir ouers wat hul kinders nog wil inskryf vir die Moot Rugby Academy Contact Ready Program.
Maak seker jou kind is reg voorberei vir kontakrugby wat volgende jaar by die skool gespeel gaan word. Hierdie program help jong spelers om die nodige vaardighede, selfvertroue en rugbykennis te ontwikkel in 'n veilige en prettige omgewing.
✅ Vir seuns én dogters
✅ Ouderdomme 8-9 jaar (O/8 & O/9)
✅ Uitstekende voorbereiding vir kontakrugby
✅ Beperkte tyd oor om te registreer
⏳ Moenie hierdie laaste kans misloop nie! Registreer vandag nog.
👉 Registrasievorm: https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSd3AAeHyuiEKh3TJb2xgUP_GV98LXUDNwWdek2DnQS1Zehkzw/viewform?usp=dialog