Kitaarlesse

Kitaarlesse Ongelukkig gee ek nie meer kitaarlesse nie. Kontak gerus vir Andri Nienaber by 0824413787.

https://youtu.be/SXspp4Y3QZ8
02/02/2025

https://youtu.be/SXspp4Y3QZ8

Kom sit hier by my met geskryf en opgeneem deur Naudé Kritzinger***(Bm Em A Bm)Kom sit hier by mylaat die dag sy end krym...

'n Liedjie live uit ons kerk...
16/09/2024

'n Liedjie live uit ons kerk...

Alive en Afrikaans "Hy leef"Alive, alive alive forevermore / Hy leef, Hy leef, Hy leef hier in my hartLewendig opgeneem by NG Wonderboompoort, Apr 2024 ...

‘n Vriendin herinner my van hierdie gedig van my. Dis waar ek eintlik wil woon. (En toe maak ek dit ook ‘n liedjie)ek wi...
30/08/2024

‘n Vriendin herinner my van hierdie gedig van my. Dis waar ek eintlik wil woon. (En toe maak ek dit ook ‘n liedjie)

ek wil in 'n wêreld woon
waar ek net kan skryf
waar ek woorde van bome kan pluk
en kan eet soos brood

ek vra nie luuksheid nie
wil net lewe saam met hulle wat my liefhet
diep asemhaal onder 'n dak en kombers
en die spasie wat vriende terugweerkaats

ek wil in 'n wêreld woon
waar die datastrome apokalipties
stil geraak het, ophou skreeu op
plekke waar hulle nie welkom is nie

ek wou in 'n wêreld woon
waar ek net kon skryf
en 'n versreël soos 'n skaam nagapie
met boomgom uit sy nes kan lok

Ek wil net woonWoorde en musiek: Naudé Kritzinger (2021)Ek wil net woon in ‘n wêreld waar ekwoorde van bome kan pluk, eet soos brood – en danvra ek nie luuks...

Baie dankie vir al die verjaarsdagwense gister. Ek wil iets sê en ek gaan dit sê... 50-jariges is darem BAIE cooler as w...
17/07/2024

Baie dankie vir al die verjaarsdagwense gister. Ek wil iets sê en ek gaan dit sê... 50-jariges is darem BAIE cooler as wat hulle was toe ek klein was :-)
Kyk watse cool musiek het ek bv nou pas ontdek wat ek graag met julle deel. Daar's altyd nog meer om te ontdek i hierdie lewe.

"In 1988, Israel Kamakawiwo'ole called the recording studio at 3 a.m. and said he had to record a song right away. 15 minutes later, Israel arrived at the studio. The studio owner, Milan Bertosa said, "And in walks the largest human being I had seen in my life." A security guard gave the 500-pound man a large steel chair to sit on. Milan said, "Then I put up some microphones, do a quick sound check, roll tape, and the first thing he does is 'Somewhere Over the Rainbow.' He played and sang, one take, and it was over."
Today, Israel Kamakawiwo'ole's version, is the most requested one of this classic song."

"ALERT" This Youtube Channel is not monetized. Full monetization of the video goes to the copyright holders of the song. Thanks. Over the Rainbow / Wha...

Ons kerk se nuutste liedjie wat opgelaai is op die youtube kanaal NG Wonderboompoort Gemeentesang:
18/04/2024

Ons kerk se nuutste liedjie wat opgelaai is op die youtube kanaal NG Wonderboompoort Gemeentesang:

Alive en Afrikaans "Hy leef"Alive, alive alive forevermore / Hy leef, Hy leef, Hy leef hier in my hartLewendig opgeneem by NG Wonderboompoort, Apr 2024 ...

Ek het al te lekker gesing by Hercules Biblioteek gister.  Oulike spul mense - hull ehet hande geklap en alles!
21/03/2024

Ek het al te lekker gesing by Hercules Biblioteek gister. Oulike spul mense - hull ehet hande geklap en alles!

Ons kom omOriginal deur Naudé Kritzingerlive in Hercules 2024

12/02/2018

Speel/het jy 'n kitaar en jy's mal oor gadgets? Hier is 'n paar nice en soms selfs nodige stuff:

1. 'n Tuner (as jou kitaar nie een het nie)... mens kry ook vir net oor R100 een wat jy vasknyp op jou kitaar wat dan op vibrasies gaan. (handig as jy op 'n lawaaierige plek wil stem).... selfoon app: Free Universal tuner
2. 'n Capo
3. 'n Metronoom om jou te help om 'n vaste ritme te hou.... selfoon app: Metronome Beats
4. In plaas van 'n metronoom kan jy 'n app aflaai wat drumbeats in 'n "loop" gooi , bv "Loopz".
5. Jy kan jou pogings/songs op app: "Soundcloud" direk record op die cloud

Laaste maar nie die minste nie. Die eerste keer dat Ma**ca (en ek op kitaar, mondfluit en backing vocal) haar liedjie "T...
13/12/2017

Laaste maar nie die minste nie. Die eerste keer dat Ma**ca (en ek op kitaar, mondfluit en backing vocal) haar liedjie "The Wizard" sing. 'n Towerlied.

Ma**ca sing haar eie song "The Wizard", 10 Desember 2017 by Lucit Restaurant in Pretoria.

Watter drukke (/akkoorde/chords) op die kitaar moet ek mee begin?  My voorstel: begin met D, A en dan G. (Baie eenvoudig...
17/10/2017

Watter drukke (/akkoorde/chords) op die kitaar moet ek mee begin? My voorstel: begin met D, A en dan G. (Baie eenvoudige liedjies, soos volksliedjies kan jy met net daardie 3 drukke speel). Daarna C en E. Dan kan jy die woord "CAGED" met jou drukke spel :-) As jy dit onder die knie het, begin met Am (A mineur), Em en Dm - en spel so CAAGEEDD. In die prentjie is hoe die drukke op die nek van die klavier gedruk word. Enige vrae?

Jy het die basiese drukke onder die knie en wil begin om solo/lead kitaar te speel. Waar begin jy? Wat my betref kan die...
01/07/2017

Jy het die basiese drukke onder die knie en wil begin om solo/lead kitaar te speel. Waar begin jy? Wat my betref kan die hierdie pic jou help. Begin om te weet en te oefen watter note jy moet druk in C majeur. Dit is dus liedjies waarin C, F, G (en dalk hulle verwante mineure) voorkom. In C majeur is daar geen molle en kruise (die swart note op die klavier) nie.

Die onderste reel in die prentjie is 'n TAB, wat beteken dat dit die 6 snare van 'n kitaar voorstel met die lae E snaar onder. 'n "3" op die tweede onderste snaar (soos in die prentjie) beteken dus dat jy in die 3e fret van die A-snaar met jou linkerhant druk. Vir die doel van die oefening: Gebruik deurgaans jou linker-wysvinger op die 1ste fret, jou middelvinger op die 2e fret en jou ringvinger vir die die derde fret.

Address

Pretoria
0082

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 17:00

Telephone

+27845056567

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kitaarlesse posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share