19/08/2026
Well done Badskuim !
Proud academy , changing lives one at a time!
Rugby Travel Academy teken oud-Pietie by top klub in Frankryk.
Juan Jansen van Vuuren het ń geleentheid van ń leeftyd ontvang en sluit homself eersdaags by Provence-rugbyklub aan.
Provence het vanjaar in die Franse Pro D2-eindstryd teen Vannes Rugby Klub die knie gebuig.
Die legendariese Phillip Saint-André wat 69 toetse vir Frankryk gespeel het en Frankryk in 1995 se Wêreld beker verteenwoordig het en 32 toetsdrieë gedruk het, is die direkteur van rugby.
Julian Dupuy (9 toetse vir Frankryk) asook Jules Plisson (19 toetse en meer as 200 Top 14 wedstryde) is deel van Provence se afrigtingspan.
“Juan het heel jaar skitterende rugby gespeel en verdien hierdie geleentheid. Hy is defnitief goed genoeg om in meeste junior provinsiale spanne in SA te speel , maar hy is ongelukkig nie raak gesien nie en sal nou sy heil in Frankryk gaan soek, ons is baie trots op hom.” het Len Olivier gesê.
Juan het verlede jaar vir die Hoërskool Pietersburg se 1ste span uitgedraf asook die Limpopo Blou Bulle in die 2025 Cravenweek verteenwoordig.
Hy het die Blou Bulle se Onder 20 Presidentspan ook vanjaar verteenwoordig.
RTA teken jaarliks ń klompie seuns oorsee en is daar al heel party spelers wat groot naam maak oorsee.
Tissen hulle tel die haker Jason Cornelius wat vir Portugal al gekies is en in die Toyota Challenge paar weke gelede gespeel het, asook Herman Coetzee wat sy buiging vroeër van jaar vir Racing-92 gemaak het toe hy teen Ulster en die Cheetahs uitgedraf het.
Jason word tans deur die Portugese geoormerk om in volgende jaar se Wêreldbeker toernooi in Australië te speel.