31/08/2026
Klein span, groot gees!
Oryx se jeugklub is nog in sy beginskoene, maar ons jong spelers wys reeds hoeveel liefde en entoesiasme hulle vir rugby het. Saterdag het hulle met groot opgewondenheid in hul splinternuwe truitjies gespeel en ’n heerlike rugbyoggend voluit geniet.
Ons is trots op hierdie jong span en sien uit daarna om saam met hulle te groei!
Wil jou kind ook deel wees van die Oryx-jeug? Nuwe spelers is baie welkom.
Kontak Coach Brink: 065 806 8650