02/07/2026
Ineffable Digitale Ontwerp wat 'n groot verrassing vanoggend!
Ineffable Digitale Ontwerp™ gee erkenning aan plaaslike besighede, kunstenaars, buitengewone mense en organisasies deur collages op te dra. Vandag gee ons erkenning deur 'n collage aan Hernu-U op te dra!
Hernu-U is deur Susan Fouché gestig. Susan is ’n gekwalifiseerde persoonlike afrigter wat glo dat ware welstand by die hernuwing van liggaam én gees begin. Met internasionale opleiding as persoonlike afrigter deur Menno Henselmans en kwalifikasies as Pilates-instrukteur, help sy mense om sterker en gesonder te word.
"Die liggaam en die verstand kan nie geskei word nie. Hoe meer ons leer en hoe meer ons die liggaam bestudeer, hoe meer besef ons hoe nou elke aspek saamwerk. Hoe jy eet, oefen, slaap asook jou spanningsvlakke, het alles ‘n impak op die hormone wat jou liggaam afskei en dus ‘n direkte impak op jou gemoed en verstand."
Susan se benadering is gegrond op die oortuiging dat ’n gesonde liggaam en ’n gesonde verstand onlosmaaklik verbind is. Deur Hernu-U inspireer sy mense om ’n positiewe U-draai in hul lewens te maak deur beweging, gesonde leefstylgewoontes en persoonlike groei.
Mag jy van krag tot krag aangaan, Susan!
Geniet jou Donderdag!
© Ineffable Digitale Ontwerp 2026