Heartprints

Heartprints Pastoral and Christian Counsellor
Art Life Coach
Ecometrist

'n Ma se verdriet... My kleindogter het verlede week Graad 1 begin. Sy is in 'n nuwe land, 'n nuwe skool, met 'n nuwe ta...
09/09/2026

'n Ma se verdriet...

My kleindogter het verlede week Graad 1 begin. Sy is in 'n nuwe land, 'n nuwe skool, met 'n nuwe taal. Die klein kleuterbussie is nou vervang deur 'n gemengde skoolbus met kinders van alle ouderdomme.

Die eerste drie dae was opwindend, maar ek het geweet dat hierdie week nie so maklik gaan wees nie. Maandag was daar bietjie trane en "Can I stay with ouma for one day?" - maar gister kry ek die boodskap:

"Today was worse than yesterday; had to physically place her in the bus and leave. She actually came off the bus and refused to go on."

Toe my dogter hierdie boodskap stuur, breek my hart in stukke.

Die verdriet van 'n ma.

Later stuur ek vir haar 'n boodskap:
"You were brave today. It is difficult but you made the right choice to leave. She will find her rhythm, just give it some time. This is the first time that you feel your arms are too short to protect your child."

Dit is 'n ma se stille verdriet.

My eie gedagtes het natuurlik teruggegaan na my eie lewe. Ek het onthou dat altwee my kinders in Graad 8 vir die eerste keer gesukkel het om skool toe te gaan. Gerhard het koshuis toe gegaan en ons het hom in die kattebak uitgesmokkel (direk Wimpy toe!) as die trane vlak was. Charlotte het geweier om uit te klim by die skool en die hele dag onder my lessenaar by die werk gelê. Ons moes deurdruk en aangaan terwyl my hart gebrand het van jammerte.

Ek skryf verder vir haar:
"You are teaching her to find her own strength. This process will help her to find her own identity. Your pain, tears and courage will teach your daughter to be brave. I am so proud of you, but my arms are too short to comfort you today."

'n Ma se verdriet.

Ek weet dat jy ook soms voel asof jou hart wil breek. Dit kan wees oor jou kind, jou volwasse kind, jou hondekind, jou vriendin, of jouself.

"These are the times I speak to God. Not pray, but speak. He can reach where our arms are too short."

Ek weet ook dat dit nie altyd pleisters op 'n seer hart plak nie.

Jy het altyd 'n plek op die Heartprints-bank. Kom deel jou verdriet met my. 💛

ek loop en dink vandagdis asof ek myself van vêr af sienouerstilleren ordentlik plat op die aardeek het tyd gemors, dink...
05/09/2026

ek loop en dink vandag

dis asof ek myself van vêr af sien
ouer
stiller
en ordentlik plat op die aarde
ek het tyd gemors, dink ek
en dít op nonsens

maar dit is goed so
ek sien die wêreld nou heeltemal anders
en ek waardeer die mense
wat my liefhet
dít beteken ek is
vry

Goeie besluite kan ook toksies raak.Mens kom dikwels te staan voor keuses, of geleenthede. Die bang en hoop trek tou om ...
04/09/2026

Goeie besluite kan ook toksies raak.

Mens kom dikwels te staan voor keuses, of geleenthede. Die bang en hoop trek tou om te help om die finale besluit te neem.
Ek praat nie vandag oor slegte besluite nie. Ek wil fokus op goeie besluite - die beste keuse wat jy kon maak, op die oomblik, met die inligting wat aan jou bekend was.

Daar is ’n fantastiese werksaanbod. ’n Geleentheid om in Italië te stap. ’n Nuwe vriend om te leer ken. ’n Kerk wat uitreikwerk doen. ’n Kursus wat jy kan bywoon. ’n Man of vrou waarmee jy wil trou...

Eers bekyk jy die geleentheid vanaf ’n afstand. Dan onthou jy al die kere wat jy verkeerde besluite geneem het – en tree jy drie tree terug. Maar dan kyk jy weer. Die ding raak al hoe mooier. Jy begin uitsien.

Op ’n goeie dag neem jy die besluit.
Jy aanvaar die werk. Jy raak betrokke. Jy raak verloof en trou. Jy is gelukkig. Die wêreld lyk kleurvol en positief.

Dan, so mettertyd, begin die prentjie skeef trek. Die werksplek het daardie een boelie-baas wat almal regop laat sit. Die kerk wend nie die geld aan soos wat jy geglo het hulle doen nie. Die een wat jy liefhet begin drink op naweke, of spandeer meer tyd met die foon as met jou.

Jy is ewe skielik meer eensaam as wat jy was voordat jy hierdie geleenthede aangeneem het.

Dan begin die self-twyfel: Miskien is ek jaloers op my kollega. Dalk is ek die party-pooper. Almal by die kerk lyk so gelukkig en gemotiveerd... wat is fout met my?

Jy begin jouself bietjie aanpas. Jy raak selfkrities. Op ’n goeie dag voel jy donker, en dit is moeilik om positief te bly.
Jy baklei met die Here: "Ek het so hard gebid vir hierdie werk, hierdie persoon – hoekom voel iets dan nou verkeerd?"

Jy onthou: Mens gee nie net op nie. Jy werk bietjie harder. Miskien sal die baas sien dat jy jou KPI’s oortref. Die kerk bestaan al vir jare – miskien weet jy nie presies wat hulle alles agter die skerms doen nie. Dit kan nie wees dat hierdie persoon wat ek so bitter liefhet, pornografie verkies nie...

Almal vertel jou: "Jy het die jackpot geslaan."

Dis hier waar die besef posvat:
Goeie besluite – die beste keuse wat jy op daardie oomblik kon maak – kan ook toksies raak. Jy kon nie die skadukante sien toe jy die besluite moes neem nie. Nou sien jy die groter prentjie, en dinge maak nie sin nie.
Jy het dalk ’n fout gemaak.

Wat doen jy nou?

As jy vandag in ’n ruimte is waar besluite jou meer vrae as antwoorde gee, of as die donker gevoel te swaar begin voel – jy hoef nie alleen te wees nie.

Heartprints is daar om na jou te luister, sonder oordeel. Stuur ’n boodskap, maak ’n afspraak, of kom praat net. Saam kan ons die pad vorentoe vind. 💙










Ek word ouer, ek is nou 'n rolbos. 🌿  🌿   🌿Ek het onlangs eers behoorlik gedink oor hoe 'n rolbos eintlik werk - en dit ...
28/08/2026

Ek word ouer, ek is nou 'n rolbos. 🌿 🌿 🌿

Ek het onlangs eers behoorlik gedink oor hoe 'n rolbos eintlik werk - en dit het my diep geraak. Dis nie 'n dooie, nuttelose bos wat net deur die wind rondgegooi word nie. Dis iets met 'n laaste, belangrike doel.

En ek besef dit is eintlik die storie van my lewe ook.

Eers was daar die groei.
Die jare wat ek gebou het, vertak het, moedig gebly het. Ek het my wortels gegrawe en my plek gevind. Ek het geleef en volwasse geraak.

Dan kom die droogtetyd.
Die dinge wat nie meer nodig is nie, val weg. Die geveg om te bewys, die behoefte om relevant te bly - dit word bros en los. En dis oukei.
Dis die natuur.

Dan kom die losbreek.
Ek is besig om die laaste dinge wat my nog vashou, stadig los te laat. En dit maak my nie meer so bang soos vroeër nie.

En dan kom die rondwaai.
Die lewe en omstandighede het my stelselmatig gevorm - deur die wind wat my gebuig en gedraai het - dat ek nou 'n mooi ronde vorm het.
Sag en vol.

En ek besef: dis nou my tyd om te rol.

Om doelbewus deur die wêreld te beweeg en my saad uit te skiet

🌿 die wysheid wat ek geleer het
🌿 die sagte oor wat kan luister
🌿 die hand wat kan help
🌿 die hart wat kan liefhê

Ek word nie meer vasgehou deur my eie behoeftes nie. Ek kan nou gee, so ver as wat die wind my dra.

Totdat ek tot rus kom. Uitmekaar. Stilte. Vry.

Ek dink dis 'n mooi manier om oud te word. Ek word nie minder nie - net 'n ander soort meer. ❤️

As jy my pad kruis, moenie verras wees as ek iets vir jou agterlaat nie. Dis mos wat rolbosse doen. 🌬️

🌿 🌿 🌿 🌿 🌿 🌿 🌿 🌿 🌿 🌿

Gesels gerus met my as jou lewe nie sin maak op die oomblik nie.
Kom ons kyk of jy dalk in een van hierdie fases is.
As jy weet wat met jou gebeur, as die gesukkel ‘n doel dien kan jy jou kop oplig.












Die gewone mens.Daar was 'n tyd toe "aanvaarbaar wees" beteken het: doen dit, doen dát - sodat jou ouers trots is, jou s...
24/08/2026

Die gewone mens.

Daar was 'n tyd toe "aanvaarbaar wees" beteken het: doen dit, doen dát - sodat jou ouers trots is, jou skoonfamilie tevrede is, jou beste vriendin kan knik, en die sosiale kring kan sê ja, sy's oukei. Ek ken daardie tyd. Ons almal ken dit.

Dan kom die moeite. Jy werk harder. Jy jaag die perfekte lyf - minste plooitjies, gesondste hare, tande wat skitter. Alles moet perfek wees, anders kan jy nie op Instagram post nie. En as jy regtig eerlik is: alles lyk tog net bietjie beter as dit slegs in twee- of drie kleurskakerings is.

Maar dan kom die diepste steek. Die een wat niemand vir jou sê nie: jy moet jouself verloor. Jy moet conform. Jy moet jou lewe buig en pas sodat jy kan inpas.

En êrens in daardie buig en pas, vergeet jy wie jy was.

🌿🌿🌿🌿🌿🌿🌿🌿

Ek wil jou vertel van my gewone lewe.

Ek hou van bont lappe en los rokke. Ek was 'n gewone ma - mal oor my kinders, maar soms het ek gewens ek kon hulle teruggedruk het na waar hulle vandaan gekom het. Ek het 'n gewone werksgeskiedenis. Ek leef 'n gewone lewe.

Ek koop soms 'n interessante boek en lees dit 'n jaar later. Ek het 'n paar projekte begin en hoop om dit te voltooi voordat ek dood neerslaan. Soms eet ek Lays chips en noem dit 'n ete.

Ek is gelukkig.

🌿🌿🌿🌿🌿🌿🌿🌿

Ek wonder of ons nie in hierdie mal gejaag weer kan terugkeer na gewoon nie.

Daar sit mammas voor my met ernstige anxiety, en stres het hul beste maat geword. Ek werk met besigheids-eienaars wat die kers aan albei kante brand. Onderwysers wat nie kan asemhaal nie. Kompeterende tieners wat voel hulle brand uit.

En ek dink: wanneer laas het iemand vir hulle gesê - jy mag net gewoon wees?

Gewoon is nie 'n mislukking nie. Gewoon is nie minder nie. Gewoon is die plek waar jy weer kan asemhaal.

🌿🌿🌿🌿🌿🌿🌿🌿

So ek vra jou vandag: Kan jy onthou wanneer laas jy net gewoon was? Net jy, sonder die filters, sonder die regmaak, sonder die inpas? Of het jy ook, iewers langs die pad, verander sodat jy kon inpas en vergeet wie jy eintlik was?

As jy vandag een ding kon aflê - net één ding wat jy dra sodat ander kan goedkeuring gee - wat sou dit wees?

Vertel my in die kommentaar. Ek lees elke een. 🤍

Mens moet iemand hê wat vir jou wag.Ek onthou die dae wat ek soos 'n mal mens gery het om my kinders by hul bestemmings ...
20/08/2026

Mens moet iemand hê wat vir jou wag.

Ek onthou die dae wat ek soos 'n mal mens gery het om my kinders by hul bestemmings te kry.

Ek het twee lewens gehad. Toe die kinders klein was het ek hulle self grootgemaak. Deur elke fase saam met hulle gegroei - judo, ballet, voortrekkers, ninjitsu, koor, biblioteek en terug.

Natuurlik het ek self ook 'n lewe gehad; van die huis af gewerk voor dit 'n ding was. Tennis gespeel, facials en naels en gekookte kos gereed gehad vir aandete. As die kinders buite gespeel het, het ek Oros en koekies aangedra, naaldwerk gedoen met my dogtertjie op my skoot. Klein handjies op mamma s'n.

Die tweede lewe was heeltemal anders. Ek het voltyds gewerk, die tieners ingeskryf by Affies en toé het die manoeuvring begin.

Donker opstaan, tieners rondry - seuns- en meisies koor op verskillende tye. Ninjitsu, naweek-werk, partytjies en so het dit gesorg dat sewe jaar weggevlieg het.

Toe kom die stilte.

Albei jong mense vat die pad. Universiteit toe, begin werk, woon op hul eie en toe twee troues.

Aanvanklik was dit wonderlik. Ek het opgehou jaag, bietjie later werk toe gery en baie tyd vir myself gehad.

Nou - na 17 jaar is ek weer in 'n ander fase.

Vandat Charlotte te siek is om self te ry gaan haal ek haar drie keer 'n week by dialise. Soms wag sy vir my, maar meeste van die tyd wag ek vir haar. Wat 'n onbeskryflike voorreg om haar weer te kan rondry.

Dan is daar 'n baie spesiale klein dogtertjie wat een maal 'n jaar vir ouma wag. Ek wag ook vir haar facetime oproepe en boodskappies.

Soms wag my sussie vir my om by haar garage in te ry, of, ek wag vir haar.

Ek weet nie in watter hoofstuk jy is nie.

🌱 Dalk in die mal fase van jaag en jy vat nie grond nie.

🌱 Dalk waar jy voel jy kry nie meer asem nie.

🌱 Dalk is daardie oulike babas nou tieners.

🌱 Dalk kry jy die spulletjie nie ge'launch' nie.

🌱 Dalk is jy nou in die stilste tyd van jou lewe en jy voel alleen en 'onnodig'

🌱 Dalk bly jy oorsee en nou voel jy skuldig want jou ouers raak oud.

🌱 Dalk bid jy vir iets nuuts, of hoe om met jouself saam te leef.

🌱 Wel, dalk hou jy nie eers baie van jouself of jou skoonma, of ma, of kinders nie.

Dis okay. Dis 'n fase.

Ek wag vir jou.

Jy kan op die Heartprints bank kom sit en al jou gal braak.

Daar is altyd 'n uitweg. Dalk wag jou binne-mens al jare vir JOU!

Aanlyn afsprake is beskikbaar terwyl hierdie ouma bietjie gaan speel by daardie dogtertjie daar in die verte.

ps. My skoondogter wag ook vir my... MIL moet Boere groenboontjies en soet patats vir haar maak.






1980. Wimbledon. Die les wat bly. 🎾Ek onthou die Sondagmiddag, my pa op sy stoel, coke in 'n bierglas en sy geel pakkie ...
17/08/2026

1980. Wimbledon. Die les wat bly. 🎾

Ek onthou die Sondagmiddag, my pa op sy stoel, coke in 'n bierglas en sy geel pakkie 'Rembrand van Rijn' si*****te.

Ek is op die bank onder die groen kombers en ons altwee staar na die Sony Boks TV.

Bjorn Borg en John McEnroe het teen mekaar te staan gekom, in die eindstryd.

McEnroe het rakette gegooi, teen die grond stukkend geslaan, met sy emosies geveg soos ’n bondel vuur.
Borg? Kalm. Gefokus.

"Mens moet ’n Big Match Temperament hê," het my pa gesê terwyl hy die rook stadig uitblaas.

Toe ek vraend na hom kyk, verduidelik hy...

"Jy moet altyd na die groter prentjie kyk, waar wil jy uitkom? ... wie wil jy wees?...
Dan vat jy die slegte oomblikke en dink 'n plan uit om verby dit te kom sodat jy by jou einddoel kan uitkom."

McEnroe het dit nie gehad nie - dis hoekom hy verloor het.

Ek onthou daardie woorde gereeld as frustrasie, irritasie of moedeloosheid my pad kruis.

Dit gaan nie oor die onmiddelike bal of situasie nie.

Dit gaan oor die groter visie – die Big Match Temperament – sodat jy aan die einde kan sê:

"Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het die geloof behou." 2 Timoteus 4:7 ❤️

Ek weet die lewe is moeilik vandag. Ek lees ook van die moeilike situasies waardeur gesinne stoei op facebook groepe.

Die raad word goed bedoel..."run"..."ek sien rooi vlae 🚩"... "los hom"..."sny hulle uit jou lewe"

Maar, ek nooi jou.

Kom sit hier by my. Kom ons vind jou "Big Match Temperament"






Boelies is nie wenners nie!Ek ry Vrydagmiddag rustig op die N14 na my sussie. Dis eers toe ek verkeer slaan wat ek besef...
14/08/2026

Boelies is nie wenners nie!

Ek ry Vrydagmiddag rustig op die N14 na my sussie. Dis eers toe ek verkeer slaan wat ek besef "O, ja! Dis 'n langnaweek."

Ek hou by 120km 'n uur want teen hierdie tyd weet ek presies waar die TMP wegkruip. Skielik is daar 'n massiewe kar/bakkie/ding-op-wiele wat almal uit die pad probeer druk.

Hy jaag op karre af, rev/flikker ligte/druk die to**er en slaan remme aan.
Toe hy nie in die regterbaan regkom nie teister hy elke kar in die middelste baan. Al gee sommige karre pad, jaag hy op die volgende af.

Ek meen, die pad is vol karre, waarheen moet almal gaan sodat hy voor kan wees?

Ons almal skud koppe toe alles tot stilstand kom op die snelweg en Boelie sit vas in die linkerbaan terwyl ons almal rustig by hom verby ry.

Die lewe is maar so.

🌱 Daardie boelie by die werk wat op almal skree of bevordering passief-agressief terughou.

🌱 Die man wat op eiers loop by die huis want sy vrou het permanent PMS.

🌱 Die vriendin wat so mooi is voor jou maar agter jou rug oor jou skinder.

🌱 Die selgroep-leier wat bid voor die groep oor egbreuk direk nadat jy hom in vertroue gesê het jy gaan skei.

Boelies dink hulle sing voor in die koor maar eintlik het hulle geen selfvertroue of selfkennis nie. Agter 'n boelie skuil 'n gekneusde ego.

En jammer hoor! Jy gaan NOOIT eerste op die pad wees nie - die ou wat in Kroonstad begin ry het met sy 1400 Nissan bakkie is wragtag VOOR jou!

As ek vandag op my seepkas kon klim, sal ek së:

"Wel jy het 'n probleem… of jy IS die probleem. Dalk ken jy iemand met 'n probleem, of iemand wat iemand ken met 'n groot probleem!”

Punt is, daar is plek vir jou op die Heartprints bank. Of jy daaroor wil skree, kla of huil, ek luister graag.







Toe Heartprints ’n naam geword het…Dit was midde-in Covid toe ek besluit het om ’n ekstra spasie te maak vir wie ook al ...
11/08/2026

Toe Heartprints ’n naam geword het…

Dit was midde-in Covid toe ek besluit het om ’n ekstra spasie te maak vir wie ook al hulp nodig het.

Ek het nie geweet waar kliënte vandaan sou kom nie - maar ek was seker dat daar geen ouderdomsbeperking, geen siftings-proses en geen landsgrens sou wees nie.

Dis soms moeilik om iemand te vind wat bereid is om na jou probleem te luister. Dit is oorweldigend om jou hart oop te maak vir ’n vreemdeling, daar is vrees vir oordeel…vir kultuur… of, dat ’n gelowige sal luister na die gemors wat jy aangevang het. Daar is groot-oog kinders wat bang is om te praat oor die boelies by die skool, by die huis word hulle net stil en huiwerig om skool toe te gaan.

Ek wou 'n mooi spasie maak en het ’n ou bank opgemaak, twee stoele neergesit. Maar ek het geweet: my hart moes die grootste spasie en bêreplek wees, want ek huur en my adres sal verander.

Hoe kliënte by my sou beland? Deur “word of mouth” of sommer terloops. Ek het geen idee gehad hoeveel sessies sou kos nie. As dit bedoel is om te werk, sou die inkomste sy pad wel vind.

Ek het ’n bietjie gedink en besef dat elke storie ’n ‘print’ in my hart los.

So is die naam eenvoudig gebore: Heartprints.

As jy iemand is wat 'n veilige plek soek omdat jy soms buite die lyne inkleur; of deur daardie stories wat jy diep weggedruk het wil sif en wegsmyt...

Kom! Ek het vir jou 'n spesiale bank!

Address

582 John Scott Street, Constantia Park
Pretoria

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 18:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 10:00 - 16:00
Saturday 11:00 - 15:00

Telephone

+27790431646

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Heartprints posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share