Gimmies Atletiek Potchefstroom

Gimmies Atletiek Potchefstroom Sport GIMMIES SE SPOGSPORT!!! Talle leerders van GIMMIES sal bogenoemde stelling beaam!! Junior en Jeug kampioenskappe! Hierdie wêreld noem ons “geleenthede” !!

Reeds die laaste 20 jaar word GIMMIES as die top atletiekskool in die Noordwes provinsie beskou. Dié spogsport was al vele kere in die verlede beskryf as: ”kweekplek van kampioene, medaljefabriek , mekka van atletiek” en vele meer!!!In die laaste tien jaar het ons meer as 240 atlete wat gaan deelneem aan die S.A.Skole en S.A. Vanjaar alleen word die meeste atlete in die skool se geskiedenis (

35) gekies vir die SA’s.Ons medalje oes is BRILJANT en ook hier verower ons 17 medaljes wat 4 goud, 6 silwer en 7 brons insluit! Verseker weer die beste vir ʼn plattelandse skool in SA!!! Selfs beter as skole soos Waterkloof en Kemptonpark wat as gerekende atletiek skole beskou word ! By Gimmies het vele meisies en seuns met 'n “vonkel in die oog”, ʼn drif om hard te werk of ʼn passie vir prestasies, onder leiding van uiters knap afrigters gegroei tot nasionale medalje wenners of tot uiters gemotiveerde of begeesterde interhoër wenners!! Vele opkomende atlete het hiér die vreugde van atletiek ontdek wat ʼn nuwe wêreld vir hulle oopgemaaak het!

Address

20 Molen Street
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gimmies Atletiek Potchefstroom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share