12/09/2019
Die Westelike Posduif Unie, in samewerking met CANSA vrywilligers van Bothaville het weereens n baie suksesvolle Wings for CANSA projek aangebied. Dit behels dat n R100 kaartjie gekoop word en aan n sekere duif se nommer gekoppel word. Die duiwe het op die 24ste Aug vanaf Drie Susters na hulle huise gevlieg en die wenduif se kaartjie het R10 000.00 gewen!
Die pryswenners is soos volg:
R10 000.00 I Ludick
R5000.00 Johann van Wyk
R2500.00 Robert de Villiers
R1000.00 elk K Seboni, Morne Humpel, Lize Stoter, Rudolph van Vuuren, S Rossouw
Baie baie dankie aan elkeen wat ons ondersteun het deur n kaartjie te koop, en ook baie dankie aan die borge wat die projek moontlik gemaak het.