06/09/2026
🧡 Vandag vier ons 11 jaar van LuisterFM! 🎉🥳
11 jaar terug het LuisterFM amptelik die luggolwe betree. Wat ’n voorreg, wat ’n reis en wat ’n ongelooflike rit!
11 jaar van gesels
11 jaar van lag
11 jaar van musiek
11 jaar van stories en herinneringe
11 jaar van ons wonderlike LuisterFM-familie bou ❤️
Hoe sê mens genoeg dankie? 🙏
Dankie aan elke luisteraar wat dag na dag saam met ons luister, saam kuier en deel is van hierdie ongelooflike reis.
Dankie aan ons lojale kliënte, ondersteuners en vriende wat in ons glo en ons help om aan te hou groei.
Dankie aan ons wonderlike omroepers, tegniese span en almal agter die skerms wat hulle tyd, talent en passie gee om LuisterFM elke dag tot nuwe hoogtes te neem.
Sonder julle sou hierdie 11 jaar nie moontlik gewees het nie. 🧡
Hier is op die volgende 11 jaar… en nog baie meer! 🥂🎂🎙️🎶
LuisterFM – Jou Lekker Luister Stasie!
🧡💙💛🩷 Baie dankie vir julle ondersteuning!