23/07/2026
Vir die van jul wat my nie ken nie, ek is Nicole Powell, eienaar van Kova Kinetics – Ladies-Only Boutique Fitness Atelier.
Kova het begin met 'n Groot droom en 'n KLEIN tassie vanuit my kar se boot. 8 Jaar later is ek baie trots om te kan sê my "baba" is nou gevestig in 'n pragtige studio, met 'n absolute wonderlike tribe, wat ek gelukkig genoeg is om my kliënte te noem.
Hulle is die polsslag en hartklop van Kova en verryk my lewe daagliks!
My gunsteling woord is 'meraki':
"To do something with love and passion and to put something of yourself into your work."
Dit is my motto en in hierdie beroep is dit vir my moontlik om dit elke dag te kan uitleef.
My droom en visie met Kova was om 'n "safe space" vir vrouens te skep – vir ALLE vrouens!!!
Every shape and size. Enige ouderdom, fiksheidsvlak en selfs persoonlikheidstipe.
'n Mooi, skoon spasie, waar ons hard kan oefen, uit die maag uit kan lag, trane afdroog, mekaar kan optel en opbou en hegte vriendskapsbande kan smee.
By Kova, "please come as you are", of dit nou in 'n lekker gemaklike sweetpakbroek is waarin jy gisteraand geslaap het, non-matching kouse en jou "not so fresh" oggend gesiggie, of 'n fabulous gym outfit en jy kom slegs om te sparkle – hier is geen judgement nie!
Kova is 'n "1-stop-fitness-shop".
Met ons Personal Trainig opsies, word die volgende ingesluit:
'n Oefenplan,
eetplan, supplement plan en 'n body assessment.
By Kova oefen ons slim, nie dood nie!
(Alhoewel die "dood" soms effens later intree.)
Ons het al talle suksesverhale deur ons hande en deure, wat wissel van gewigsverlies tot lean muscle gains, asook positiewe selfbeeld en verhoogde selfvertroue.
Daar is verskillende P.T. pakkette beskikbaar:
• 1-on-1
• 2-women-slots
• Small group training
Kova het ook ook "commercial" gegaan. Hierdie gedeelte staan bekend as "Kova.com."
(Vir almal wat se lewens net te vol is om op spesifieke dae en tye te oefen, nou kan jy op 'n kontrakbasis in jou eie tyd kom oefen.)
Ek sluit af met die volgende 2 quotes...
" It is a shame for a woman to grow old without ever seeing the strength and beauty of which her body is capable."
En...
"Today I am luminous. I love my body, this incredible and complex vessel that is me. I am in awe of my body's ability to heal, to nurture, to transform, to love and to flourish with vibrant health, devine energy and radiant feminine beauty. I see the perfection in everyone of my cells and honor this physical vehicle that I have been blessed with."
Ek sien uit om jou deur Kova te leer ken!
Gesels met my by:
📱076 476 4544
Saam pak ons jou "fitness journey" aan!