13/08/2020
Throwback Thursday.
Paarl oorkom Franse aanslag
Paarl Rugby Club het Saterdag 11 Augustus teen Franschoek RFC te staan gekom in 'n vol gepakte Dal Josaphat Stadion om te bepaal wie die voorpunt gaan neem in vanjaar se WP Super Liga B kompetisie.
Die Paarliete was op Dal Josaphat se C-veld geseรซn met uitstekende weers omstandighede om Rugby te speel en gegroet deur hordes Franschoek Rugby liefhebbers wat op die Paarl toegesak het.
Die wedstryd het afgeskop met Franschoek wat meer lis gelyk het vir die besigheid en 'n strafskop vlak voor die pale verdoel.
Franschoek het weer die Paarliete onder druk gesit maar die X-Faktor, Wilfred Bouwers het ander idees gehad en 'n onderskep drie vanuit sy eie 22 met spoed en vaart, briljant afgerond.
Franschoek het weer die voortou geneem met 3 ongeantwoorde strafskoppe maar dit was die Paarl se Sumo-Senter Aulante Losper wat soos 'n man besit gespeel het.
Losper het talle male deur die Franse se verdedegings-lyn gebars en duikslae uitgevoer wat biesies laat bewe. Dit was nie sonder sy krag en vasbeslotenheid dat Danwel Demas een van die maklikste drieรซ van sy roemryke loopbaan kon druk nie. Aulante is ook aangewys as speler van die wedstryd.
Voor rustyd het Paarl 'n strafskop verdoel deur losskakel Fred Muller maar dit was die manne van Franschoek wat die voortou geneem het met 'n goeie span drie.
Halftyd-Telling: 13-16 vir Franschoek
'n 2de Helfte wat gesorg het vir vuurwerke van beide spanne het afgeskop met die Paarliete wat meer aanvallend en honger vir drieรซ lyk.
Oud-Boland Senter PJ Vermeulen het sy teenwoordigheid laat voel met dartelende lopies en was met 'n drie beloon in die linkerkanste hoek wat Fred Muller met gemak verdoel het. 20-16 vir Paarl.
Franschoek, met die ondersteunende rol van hul skare het terug geveg en deur die Paarl muur gebreuk en 'n verdoelde drie ge-druk. Die wedstryd sou altyd tot op die einde gespeel wees. 20-23 vir Franschoek.
Die Paarliete het geweldadige druk op die Franse begin plaas en dit het gewys toe 2 van Franschoek se spelers van die veld af gestuur is met rooi kaarte deur skeidsregter Mrulwa Sinethemba vir gevaarlike spel.
Paarl nou met 2 manne meer en vol self-vertrou het die bal die praatwerk laat doen. Die Kaptein, Oswald Thomas het 'n briljante span poging afgerond om vir Paarl in 'n bevelende posisie te plaas. 25-23 vir Paarl met 2 minute oor.
Franschoek het in die laaste minute van die wedstryd nog geleenthede gehad om die wedstryd te klink, maar was uitoorlรช deur vasberede Paarl-verdediging.
Eind-Telling: 25-23 vir Paarl.
Paarl se 2de span het die mas opgekom en weereens die diepte by Paarl Rugby Club ten toon gestel toe hulle Franschoek, 27-20 wen.
Paarl se talentvolle groep 0/20's sal terugkyk en wonder waar hulle kan verbeter toe hulle, 13-elk gelykop speel.
Dankseggings aan ons Hemelse Vader vir 'n beeldskone Rugby dag. Dankie ook aan die Franschoek-familie vir klipharde Rugby wedstryde wat in goeie gees gespeel was.
Paarl Rugby Club speel die opkomende naweek teen Bellville (weg) in wat nog 'n klipharde WP Super Liga B uitdaging gaan wees.
Photo: Die telbord en die Paarlmanne wys tande vir die kamera met 'n pragtige sonsak agter die Paarl-berge.