04/09/2026
🥋 KARATE-GRADERING 🥋
Baie geluk aan ons groep leerders wat tydens die onlangse karate-gradering hul beste gegee het en met trots na die volgende vlak gevorder het!
Ons is besonder trots op Micheala-Marie Smit (Gr. 5) en Henno de Wet (Gr. 6) wat op ’n jong ouderdom reeds hul blou belt verwerf het!
Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë is iets om op trots te wees. Ons sien uit om te sien hoe julle verder groei en ontwikkel! 💛💙🔒