Western / Vaal Reefs Old Boys Rugby Club

Western / Vaal Reefs Old Boys Rugby Club Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Western / Vaal Reefs Old Boys Rugby Club, Amateur Sports Team, Orkney.

September verjaarsdae πŸŽ‰
01/09/2026

September verjaarsdae πŸŽ‰

05/08/2026

Tonie Botha het hierdie huldeblyk geskryf ter nagedagtenis aan Lood Esterhuizen:

β€œTer nagedagtenis aan Loot Esterhuizen

Vandag het ons slegte nuus ontvang. 'n Besonderse mens, vriend en rugbyspeler is vandag oorlede.

Loot en my rugbyloopbane het jare gelede saam begin in die Onder-9-span in Orkney. Ek het vandag nog die foto van daardie eerste wedstryd. Van die begin af het hy sy merk gemaak en sommer gou 'n staatmaker in die span geword.

Op hoΓ«rskool is hy na 'n naburige skool, waar hy vrees ingeboesem het wanneer hy die bal op vleuel gekry het. Dit was Γ³f deur jou Γ³f om jou – maar hy het verbygekom.

Nadat ek my weermagdiens voltooi het, het ek by Vaal Reefs gaan speel, en daar was hy weer – "Oubaas" vir almal, en vir Koekie, sy geliefde vrou van meer as 40 jaar. Loot was groot, sterk en ongelooflik vinnig. Hy het jou nie net getakel nie; hy het jou aan die kraag gegryp en jou amper tussen die toeskouers ingegooi.

Ongelukkig was daar mense wat gesΓͺ het hy het nie die beste hande gehad nie. As dit nie daarvoor was nie, sou hy beslis baie meer wedstryde vir Wes-Transvaal gespeel het. Dat hulle hom nie gekies het nie, was egter Vaal Reefs se geluk. Saterdag nΓ‘ Saterdag het hy drieΓ« ingeryg, terwyl die ondersteuners van die kantlyn geskree het: "Kom Oubaas! Mooi, Oubaas!"

Later het ek die voorreg gehad om saam met Loot te werk. Buiten sy rugbyvernuf was hy 'n besondere mens – opreg, lojaal en altyd gereed om ander te help.

Loot, ons gaan jou opreg mis. Ons innige meegevoel aan Koekie, julle kinders en die hele familie. Mag julle vertroosting vind in die baie mooi herinneringe wat julle saam opgebou het.

"All men die, but not all men truly live."

Rus sag, Oubaas. Jou spore sal vir altyd deel wees van ons lewens.”

05/08/2026

Die Old Boys het die hartseer nuus ontvang dat Lood Esterhuizen gisteraand oorlede is. Ons innige meegevoel aan Koekie en sy familie. Rus in vrede Lood πŸ‰πŸ‰

04/08/2026

Die Old Boys dra graag vir Lood Esterhuizen op in gebed - hy is baie ernstig siek. Ons staan saam sy familie om hom hier deur te dra πŸ™πŸ‰πŸ‰

Augustus verjaarsdae - Geluk manne!πŸ‰πŸ‰
01/08/2026

Augustus verjaarsdae - Geluk manne!πŸ‰πŸ‰

28/07/2026
24/07/2026

Die Old Boys het met leed verneem van die afsterwe van Chris Vorster (snr) gister. Chris was een van ons oudste lede en n getroue ondersteuner. Mag hy in vrede rus πŸ‰πŸ‰

Baie geluk aan al die Old Boys wat in Julie verjaar!
04/07/2026

Baie geluk aan al die Old Boys wat in Julie verjaar!

Baie geluk aan die Old Boys wat in Junie verjaar πŸ‰πŸ‰
01/06/2026

Baie geluk aan die Old Boys wat in Junie verjaar πŸ‰πŸ‰

Address

Orkney

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Western / Vaal Reefs Old Boys Rugby Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share