14/06/2026
Saterdag se Steel Challenge
Saterdag 13 Junie se Steel Challenge
Handwapen en haelgeweer (Andro se op die nippertjie byvoeging) skiet was lekker uitdagend vir ons gewees. 5 ronde ghonge op ±16.5m. Alles het om tyd gegaan. Klink maklik totdat die buzzer afgaan en die senuwees inskop, dan vergeet jy alles wat jy reg moet doen (practice makes perfect nê) en jy skiet te vinnig, skiet mis, of nog erger vergeet die volgorde en kom agter tyd is nie jou maatjie nie. Baie penalties later en jou tyd telling is iets wat maar daar op die baan moet bly. Nietemin was dit baie lekker en het ons almal die dag geniet. Party het selfs kinderlik opgewonde geraak met hulle haelgewere.. LEKKER.
Die uitslae was later nie so belangrik gewees en het 2de viool gespeel na die uiters lekker skiet wat almal terdeë geniet het. Ons moet dit meer doen.
Handwapen uitslae
1. Philippus Hauptfleisch
2. Hanri Theron
3. Christo Coetzer
Haelgeweer uitslae
1. Andro du Preez
2. Christo Coetzer
3. Jannie Hanekom
Ons sal meer moet oefen en die tye is 'n bewys daarvan.
Dankie vir die klein groepie wat kom skiet het. Julle het dit 'n besonderse lekker dag gemaak.
Tot volgende keer. Mooi loop.