12/04/2026
Op 29 Maart 2026 het WCSL die 7de kompetisie vir die jaar te Bet-el dam aangebied. 18 vis is geland met 'n totale gewig van 62.33kg. Grootste karp vir die dag was gevang deur JC JV Rensburg met 'n gewig van 7.02kg. 'n Graskarp het ons ook verras. Die 6.46kg graskarp is gevang deur Marcel Liebenberg. Baie geluk aan die wenners JC JV Rensburg, Jaco Coetzee en Kwagga Swart.