Moorreesburg Golf Club

Moorreesburg Golf Club β›³ Enjoy a round on our beautiful 18-hole golf course, offering great value and a welcoming atmosphere.

We’re also the perfect venue for meetings, functions, end-of-year celebrations and special occasions.

πŸ’š 'n Opregte dankie aan almal wat ons Sundowner Steakete en kuieraand so 'n groot sukses gemaak het! πŸ₯©πŸ”₯Namens Moorreesbu...
09/09/2026

πŸ’š 'n Opregte dankie aan almal wat ons Sundowner Steakete en kuieraand so 'n groot sukses gemaak het! πŸ₯©πŸ”₯

Namens Moorreesburg Golfklub wil ons ons opregte waardering uitspreek aan elke lid, sosiale lid, besoeker, vriend en ondersteuner wat die aand saam met ons geniet het.

Julle teenwoordigheid, geselligheid en ondersteuning het van die aand iets besonders gemaak.

'n Spesiale woord van dank aan die span van Ysters op die Platteland en Homebrew Films. Dit was vir ons 'n voorreg om julle by die klub te ontvang en ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om die program vroeg in 2027 op televisie te sien.

Baie dankie ook aan almal wat hul tyd afgestaan het om hul stories, kennis en passie vir ons klub te deel:

🏌️ Vanes-Mari du Toit
🏌️ Jannie Durr
🏌️ Ben Smit
🏌️ Gys Liebenberg
🏌️ Johan Loubscher
🏌️ Alet van der Merwe
🏌️ Andre Kriel

Julle insette help om die geskiedenis, mense en toekoms van Moorreesburg Golfklub op 'n besondere manier uit te beeld.

Aan ons personeel en elkeen wat agter die skerms gehelp het om die aand moontlik te maak – baie dankie! Julle harde werk en toewyding word opreg waardeer.

Nou wag ons in afwagting vir die "air date"! πŸ˜„ Sodra ons die uitsaaidatum ontvang, sal ons dit dadelik met almal deel.
Weereens, dankie dat julle deel is van ons klub en hierdie spesiale geleentheid. Ons sien uit na nog baie sulke lekker saamkuiergeleenthede! πŸ’šβ›³

πŸŽ¬β›³πŸ» YSTERS OP DIE PLATTELAND KOM KUIER IN MOORREESBURG HIERDIE WEEK! πŸ»β›³πŸŽ¬Op 8 & 9 September is daar groot opwinding by Mo...
06/09/2026

πŸŽ¬β›³πŸ» YSTERS OP DIE PLATTELAND KOM KUIER IN MOORREESBURG HIERDIE WEEK! πŸ»β›³πŸŽ¬

Op 8 & 9 September is daar groot opwinding by Moorreesburg Gholfklub wanneer die filmspan van Ysters op die Platteland by ons kom verfilm!

πŸŽ₯ Dinsdag 8 September
Die filmspan skop reeds die oggend af met verfilming by die klub.

En wanneer die dag se verfilming klaar is, maak ons die aand lekker sosiaal! 🍻

🍻 SOSIALE AAND | DINSDAG 8 SEPTEMBER | 18:00

Ons nooi graag ons lede, golfspelers, families en vriende van die klub om saam met ons te kom kuier.

Kom geniet 'n lekker aand in die kroeg, vang op met vriende, geniet 'n drankie en wees deel van die lekker atmosfeer terwyl Ysters op die Platteland by ons verfilm. πŸŽ¬β›³

🍽️ ETEKAARTJIES IS OPSIONEEL

Vir diΓ© wat graag iets wil eet, sal ete-kaartjies die aand beskikbaar wees tot ongeveer 19:00 - net beperkte hoeveelheid beskikbaarπŸ‘ˆπŸ‘ˆ

Kom kuier gerus net saam en geniet die aand!

Ons wil graag hΓͺ hierdie moet 'n lekker klub-aand wees waar ons lede en ons gholf- en sosiale gemeenskap saamkom om die geleentheid te geniet. πŸ₯‚πŸ»

πŸ“ Moorreesburg Gholfklub
πŸ“… Dinsdag 8 September
⏰ Vanaf 18:00

Kom kuier saam, ondersteun die klub en wees deel van die Ysters op die Platteland-ervaring! πŸŽ¬β›³πŸ»

πŸŽ‰ GROOT NUUS vir Moorreesburg!
KykNET se gewilde program Ysters op die Platteland kom kuier by Moorreesburg Golf Club op 8 & 9 September! πŸŒοΈβ€β™‚οΈπŸŒΎ

Ons sien uit na ’n fantastiese paar dae vol verfilming, kuier en ontspanning.
Klublede – kom wys julle gees en wees deel van die aksie! πŸ’š

πŸ“ Moorreesburg Golf Club
πŸ“… 8 & 9 September
πŸ“Ί Binnekort weer op kykNET

Hou hierdie blad dop vir meer inligting – dis iets wat jy nie wil misloop nie!

πŸ‘‡πŸ‘‡πŸ‘‡
05/09/2026

πŸ‘‡πŸ‘‡πŸ‘‡

πŸŽ‰ Beplan jy 'n jaarafsluiting, privaat funksie of Kerspartytjie? πŸŽ‰Maak Moorreesburg Golf Club jou bestemming vir 'n onve...
04/09/2026

πŸŽ‰ Beplan jy 'n jaarafsluiting, privaat funksie of Kerspartytjie? πŸŽ‰

Maak Moorreesburg Golf Club jou bestemming vir 'n onvergeetlike geleentheid.

Ons venue is ideaal vir:
πŸ₯‚ Korporatiewe jaarafsluitings
πŸŽ„ Kerspartytjies
🎊 Privaat funksies
🀝 Spanbou-geleenthede
🌿 Wellness-oggende
🍼 Baba-tee's
πŸ’ Kombuistee's
πŸŽ‚ Verjaarsdagvieringe
πŸ– Gesellige braaie
✨ En nog baie meer!

Geniet ons:

β›³ Pragtige gholfbaan
🚢 Skilderagtige staproete
🌳 Rustige, natuurlike omgewing
🍽️ Eie spyseniering-opsies beskikbaar
πŸ’³ Cashless kroeg beskikbaar

πŸ“… Bespreek nou om teleurstelling te voorkom!
πŸ“ž Bespreek by die kantoor:
☎️ 022 433 1848
πŸ“± 081 021 2496
πŸ“§ [email protected]

Ons sien uit daarna om jou volgende spesiale geleentheid by Moorreesburg Golf Club aan te bied! β›³πŸƒ

πŸ‰πŸ‡ΏπŸ‡¦ KOM KYK SAAM RUGBY BY MOORREESBURG GOLFKLUB! πŸ‡³πŸ‡ΏπŸ‰πŸ“… Saterdag, 29 AugustusπŸ•” Afskop: 17:10πŸ“ Moorreesburg Golfklub – Club...
29/08/2026

πŸ‰πŸ‡ΏπŸ‡¦ KOM KYK SAAM RUGBY BY MOORREESBURG GOLFKLUB! πŸ‡³πŸ‡ΏπŸ‰

πŸ“… Saterdag, 29 Augustus
πŸ•” Afskop: 17:10
πŸ“ Moorreesburg Golfklub – Clubhuis
🍻 Yskoue drankies

πŸ₯ƒ Vra die kroegdame oor ons Bokkies, Melktertjie en JΓ€ger Bomme!πŸ‘ˆπŸ‘ˆ

🎟️ Ete kaartjies vir Ysters op die Platteland is by die kroeg beskikbaar, moet dit nie misloop nie, nog net 'n paar dae oor!!πŸ‘ˆ

πŸŽ‰ Lekker atmosfeer en goeie geselskap.

Kom geniet 'n lekker rugbymiddag saam met ons.

Ons sien julle daar! πŸ’šπŸ’›

β›³ Begin jou naweek reg!Windstil, sonskyn en 'n baan wat op sy mooiste lyk. Daar is geen beter tyd om 'n rondte te kom ge...
28/08/2026

β›³ Begin jou naweek reg!

Windstil, sonskyn en 'n baan wat op sy mooiste lyk. Daar is geen beter tyd om 'n rondte te kom geniet nie.

Ons sien jou by die klub! 🏌️🌿

🚨 MOENIE UITMIS NIE! 🚨Die tyd loop vinnig uit en kaartjies is beperk! ⏳Kom geniet 'n heerlike aand van lekker kos, goeie...
24/08/2026

🚨 MOENIE UITMIS NIE! 🚨

Die tyd loop vinnig uit en kaartjies is beperk! ⏳

Kom geniet 'n heerlike aand van lekker kos, goeie geselskap en plattelandse gasvryheid saam met Ysters op die Platteland – Sundowner Braai by Moorreesburg Gholfklub.

πŸ₯© 200 g Plankie-Steak met sous en chips
πŸ’΅ Slegs R120 per kaartjie

🎟️ Kaartjies is beskikbaar by die kroeg of kontak ons om jou plek te bespreek.

πŸ“… Dinsdag, 8 September 2026
πŸ•• Vanaf 18:00

πŸ“ž Besprekings:
☎️ 022 433 1848
πŸ“± 081 021 2496

Moenie wag tot die laaste minuut nie – koop vandag nog jou kaartjie voordat dit uitverkoop is! Ons sien uit daarna om saam met julle 'n onvergeetlike aand te geniet! πŸŒ…πŸ·

πŸ‰ Kom kyk saam hoe die Springbokke kragte meet met die All Blacks by Moorreesburg Golf Club.πŸ“… Saterdag, 22 Augustus 2026...
21/08/2026

πŸ‰ Kom kyk saam hoe die Springbokke kragte meet met die All Blacks by Moorreesburg Golf Club.

πŸ“… Saterdag, 22 Augustus 2026
⏰ 17:10

Kom geniet 'n lekker atmosfeer, koue verversings en ondersteun ons Bokke saam! Moenie dit misloop nie! πŸ’ͺπŸ‡ΏπŸ‡¦

πŸŽ‰ GROOT NUUS vir Moorreesburg!  KykNET se gewilde program Ysters op die Platteland kom kuier by Moorreesburg Golf Club o...
17/08/2026

πŸŽ‰ GROOT NUUS vir Moorreesburg!
KykNET se gewilde program Ysters op die Platteland kom kuier by Moorreesburg Golf Club op 8 & 9 September! πŸŒοΈβ€β™‚οΈπŸŒΎ

Ons sien uit na ’n fantastiese paar dae vol verfilming, kuier en ontspanning.
Klublede – kom wys julle gees en wees deel van die aksie! πŸ’š

πŸ“ Moorreesburg Golf Club
πŸ“… 8 & 9 September
πŸ“Ί Binnekort weer op kykNET

Hou hierdie blad dop vir meer inligting – dis iets wat jy nie wil misloop nie!

13/08/2026

Address

River Street
Moorreesburg
7310

Opening Hours

Monday 09:00 - 20:00
Tuesday 09:00 - 20:00
Wednesday 09:00 - 20:00
Thursday 09:00 - 20:00
Friday 09:00 - 20:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 17:00

Telephone

+27224331848

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moorreesburg Golf Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share