21/05/2022
My dertien-jarige seun het onlangs effens snobisties begin optree. Asof hy te goed is om PEP klere te dra, en of die kinders by sy skool wat tweedehandse klere dra nie goed genoeg is nie.
Ek kon dit nie verdra of laat voortgaan nie. Vandag het ek hom met R200 van sy eie geld na 'n liefdadigheidswinkel geneem om vir hom skoolklere vir die week te koop. Dit wat hy daar kon vind is dit wat hy gaan dra.
Hy is glad nie gelukkig hiermee nie en het selfs 'n paar trane gestort, maar ek weet vir 'n feit hy gaan oor 15 jaar van nou af terug kyk na hierdie dag en lag vir sy ma wat hom by 'n liefdadigheidswinkel laat inkopies doen het.
Ek wil my kinders leer dat geld nie alles is nie, en dat mens nie ander wat minder het as jy afbreek nie. Ek wil ook net noem dat ek persoonlik gaande is oor liefdadigheidswinkels!
Gekry op https://www.facebook.com/unbelievableworldofficial/