Karp Bonanza

Karp Bonanza Karp Bonanza at Loskop Dam - the ultimate in fishing experience with millions in prizes to be won!!!

Baie Dankie aan Juan Swart van Loskop Fishing Charters vir julle borgskap weereens vir die Karpbonanza 2026.Juan borg R5...
06/09/2026

Baie Dankie aan Juan Swart van Loskop Fishing Charters vir julle borgskap weereens vir die Karpbonanza 2026.
Juan borg R5 000 kontant vir die span met die Beste gees en eenvormige hengeldrag. Juan is julle " kontak" by Loskopdam en ken die dam soos die palm van sy hand. Hy doen hengeluitstappies vir bass/ kurper en ander vissoorte. Hy het n absolute slag met junior hengelaars en maak elke uitstappie n onvergeetlike ervaring. Kontak Juan gerus op 082 754 1325.

06/09/2026

Aan Al ons Karpbonanza volgelinge: Ons het BITTER SLEGTE nuus ontvang! Francois Steenkamp van Fuchs Olies en sy vrou Santa was by die Loskopdam Classic by Loskopdam die naweek. Gisteraand het huisrowers by hul huis ingebreek in Witbank. Hulle twee seuns was tuis en is oorval deur die rowers. Francois die oudste seun (38) wou sy jonger boetie (32) beskerm en is 7 keer geskiet en op die toneel oorlede. Hulle jonger seun is in die maag gewond en moes n noodoperasie ondergaan. Hy is stabiel.

Ek het vanoggend met twee STUKKENDE MENSE gesels....
Fuchs is die afgelope 17 jaar n groot borg van die Karpbonanza.
Kom ons dra die gesin ASB op in ons gebede in die BITTER HARTSEER tyd.

05/09/2026
05/09/2026

Wen met www.MiddelburgApp.co.za

KOOP PLAASLIK. ONDERSTEUN PLAASLIK. WEN PLAASLIK!

Het jy ’n besigheid op M-APP gevind en hulle ondersteun? 🛍️

Kies een opsie:
1. Stuur jou bewys van aankoop na 079 987 8110.
Of
2. Maak 'n Post op Facebook en Tag ons en die Besigheid.
OF
3. Skryf in op www.MiddelburgApp.co.za

• Verdien jou Star-Badge
• Staan elke kwartaal ’n kans om fantastiese pryse en afslag te wen!

VIND PLAASLIK. ONDERSTEUN PLAASLIK. WEN PLAASLIK.

📲 M-APP | www.middelburgapp.co.za

BAIE DANKIE aan Panarottis Middelburg vir julle Wonderlike borgskap van 300 x R100 vouchers wat ons tydens die prysuitde...
05/09/2026

BAIE DANKIE aan Panarottis Middelburg vir julle Wonderlike borgskap van 300 x R100 vouchers wat ons tydens die prysuitdeling vir ons mense beskikbaar gaan maak! Waarde R30 000.

05/09/2026

BAIE GOEIE NUUS vir almal in Middelburg en Witbank en omgewing! M-APP koppel besighede,inwoners,boere, nywerhede ens om julle besighede en dienste bekend te stel. Van plaasprodukte, varsgebak en TALLE meer! Om die APP af te laai gaan na www.middelburg app.co.za en volg net die eenvoudige stappe. Dis baie vinnig en maklik en heeltemal Gratis. Vir verdere navrae kontak Derick op 072 012 7619.

05/09/2026

Die Middelburg APP (M-APP) is 'n Advertensie & Promosie p
Platform wat gebou is vir die gemeenskap van Middelburg, Mpumalanga.

Dit bring plaaslike besighede, diensverskaffers, boere, entrepreneurs en gemeenskapsorganisasies saam in een maklik-gebruikbare Webblad asook Mobiele APP— en gee elke plaaslike onderneming 'n betroubare, bekostigbare plek om ontdek te word sonder die hoë koste en ingewikkeldheid van groot korporatiewe advertensieplatforms.

Die platform dek meer as 20 sektore, van plaasprodukte en vleis, tuisgebak en mode, tot restaurante, gastehuise, professionele dienste, gesondheid en welstand, motorhandelaars, en gemeenskapsorganisasies.

Besoekers kan besighede volgens kategorie blaai, promosies en spesiale aanbiedinge bekyk, opkomende plaaslike geleenthede op die gemeenskapskalender ontdek,

Besighede kan kies uit 'n reeks advertensiepakkette — van 'n basiese lys tot 'n volledige premium profiel met 'n foto-karrousel, sosiale media skakels, en 'n toegewyde besigheidsprofielbladsy.

Die M-APP is ontwerp vir almal in Middelburg: inwoners wat plaaslike produkte en dienste soek, besoekers wat die area verken, en besigheideienaars wat meer plaaslike kliënte wil bereik en groei. Dit ondersteun ook gemeenskapsverheffing deur nie-winsgewende organisasies en gemeenskapsprojekte 'n gratis plek te gee om gesien te word.

Dis Plaaslik, Dis Maklik en Lekker nou alles op een Webblad en APP - Die M•APP

04/09/2026

Address

LOSKOP DAM FOREVER RESORT
Middelburg
1055

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Karp Bonanza posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Karp Bonanza:

Shortcuts

Share