15/06/2026
πSWARTLAND AQUATICS PRYSUITDELING 2026π
Op Vrydag, 12 Junie 2026, het Swartland Aquatics die voorreg gehad om ons jaarlikse prysuitdeling te vier en erkenning te gee aan die harde werk, toewyding en prestasies van ons swemmers gedurende die afgelope seisoen.
Baie geluk aan al ons toekenning- en trofeewenners!!!
'n Opregte dankie aan:
π₯ Ons swemmers wat die klub met trots verteenwoordig het.
π₯Ons ouers en families vir hul voortdurende aanmoediging en opofferings.
π₯ HoΓ«rskool Swartland & Swartland Munisipaliteit dat julle ons altyd ondersteun en altyd ons hand vat deur die jaar.
π₯ 'n Opregte dankie aan ons borge vir julle waardevolle ondersteuning deur die jaar. Sonder julle sou baie van ons klub se suksesse nie moontlik gewees het nie. Julle maak 'n werklike verskil in die lewens van ons swemmers. (Mr K Somerset Wes - Theo Meintjies, Vernetha Kruger, Maritsa Liedeman, Clint Kruger, Lize-Anne Spreeth, Ada Barnard)
Swartland Aquatics is meer as net 'n swemklub β ons is 'n familie. Ons is ongelooflik trots op elke swemmer, ongeag die uitslae, ons vier die groei, vriendskappe en herinneringe wat gedurende die seisoen gevorm is.
Dankie aan almal wat deel was van nog 'n suksesvolle jaar. Ons sien uit na 'n opwindende nuwe seisoen vol nuwe uitdagings, geleenthede en sukses.
πβ€οΈπ