Malmesbury Tennis Klub

Malmesbury Tennis Klub Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Malmesbury Tennis Klub, Sports Club, St Francis Street, Malmesbury.

MTC Results - 5 September
09/09/2026

MTC Results - 5 September

Season Opener 📢Lets support the boytjies and girls 💪
04/09/2026

Season Opener 📢
Lets support the boytjies and girls 💪

🚨 Ons spog met Splinternuwe Alarmstelsel!🚨Ons is trots om aan te kondig dat ons, in samewerking met Swartland Munisipali...
20/07/2026

🚨 Ons spog met Splinternuwe Alarmstelsel!🚨

Ons is trots om aan te kondig dat ons, in samewerking met Swartland Munisipaliteit, 'n nuwe alarmstelsel by ons klubhuis geïnstalleer het om die veiligheid van ons fasiliteite verder te verbeter.

'n Spesiale woord van dank aan PACRS vir die professionele, netjiese en uitstekende installasie. Julle diens en vakmanskap was uitstaande, en ons kan julle met vertroue vir enige werk aanbeveel.

🎾 Baie dankie Malmesbury Sports Forum  🎾Malmesbury Tennisklub wil ons opregte dank en waardering uitspreek aan die Malme...
08/07/2026

🎾 Baie dankie Malmesbury Sports Forum 🎾
Malmesbury Tennisklub wil ons opregte dank en waardering uitspreek aan die Malmesbury Sportforum vir hul ruim donasie wat n bydrae gemaak het om ons stoeparea en omliggende gedeeltes van ons klubhuis 'n nuwe voorkoms te gee.

Die verskil wat julle in ons gemeenskap maak, word opreg waardeer. Julle ondersteuning help om sport in Malmesbury te bevorder en skep beter fasiliteite vir almal wat daarvan gebruik maak.

Ons wens die Malmesbury Sportforum net voorspoed toe en hoop dat julle van krag tot krag sal groei en nog lank sal voortgaan met die uitstekende werk wat julle doen om sport op ons dorp te ondersteun en te bevorder.

Baie dankie vir alles wat julle vir plaaslike sport doen! 🙏🎾
(Sien voor- en ná-foto's van die projek hieronder)

04/07/2026
🎾 Mini-tennisinisiatief bring nuwe geleenthede vir Swartland 🎾’n Mini-tennisopleidingskursus is onlangs by die Malmesbur...
27/05/2026

🎾 Mini-tennisinisiatief bring nuwe geleenthede vir Swartland 🎾

’n Mini-tennisopleidingskursus is onlangs by die Malmesbury Tennisklub aangebied as deel van ’n tennisontwikkelingsinisiatief in die Swartland.

Vier plaaslike skole — Chatsworth Primêr, Vooruitsig Primêr, Liebenberg Primêr en St. Thomas Primêr — het tennis toerusting ontvang om jong spelers aan die sport bloot te stel en talent vroeg te ontwikkel.

Die kursus vir opvoeders en vrywilligers is deur mnr. Clifton Swartz aangebied namens die Suid-Afrikaanse Tennis Ontwikkelingsfondasie (SATDF), in samewerking met die Wes-Kaapse Tennisfederasie. Die opleiding het gefokus op mini-tennisvaardighede, basiese afrigting en deelname onder jong spelers.

Die projek word ondersteun deur DCAS en vorm deel van ’n groter poging om tennis en sportontwikkeling in plaaslike gemeenskappe te versterk.

🎾🔥Malmesbury Tennisklub slaan weer groot in AMEX-toernooi!🔥🎾Die jaarlikse American Express (AMEX) Tennistoernooi in Stra...
26/05/2026

🎾🔥Malmesbury Tennisklub slaan weer groot in AMEX-toernooi!🔥🎾

Die jaarlikse American Express (AMEX) Tennistoernooi in Strand het weer vir opwinding gesorg, en Malmesbury Tennisklub het gewys hoekom hulle ’n krag is in die Wynland Tennis Distrik.

Met drie spanne ingeskryf, het die klub sterk vertoon in ’n taai kompetisie. Here for the Exercise (Jean le Roux, AJ Swart, Jolize Fourie, Anna-Mari Fitchet) eindig 4de in hul groep, terwyl Wheat-Eaters (Kristoff Isaacs, David Isaacs, Jessie Liebenberg, Suzanne Christian) net-net uitmis op provinsiale uitspele met ’n knap 2de plek in hul groep.

Die uitblinkers van die naweek was egter die Tennis Elbows (Braam Isaacs, Warrick Dreyer, Anna-Mari Newton, Hannelize Upsher) wat met sterk spel 3de eindig in 'n moeilike A-Afdeling en net-net die provinsiale uitkloppe misloop.

Provinsiale wenners sal later vanjaar in Sun City teen die land se bestes gaan meeding — en volgende jaar gaan Malmesbury Tennisklub beslis weer terug wees om nóg harder aan te klop by die top plekke se deure! 🎾🔥

Baie Dankie 🎾 Leoco Damme
25/05/2026

Baie Dankie 🎾
Leoco Damme

🌊 MTK STAAN SAAM NA VLOED SKADE 🌊Die afgelope swaar reën het groot skade by Malmesbury Tennisklub aangerig, met ernstige...
19/05/2026

🌊 MTK STAAN SAAM NA VLOED SKADE 🌊

Die afgelope swaar reën het groot skade by Malmesbury Tennisklub aangerig, met ernstige vloedskade aan die bane, klubhuis en omliggende areas.

Ten spyte van die omvang van die skade, het klublede saamgestaan en reeds groot vordering met die opruimings- en herstelwerk gemaak. Hoewel daar nog baie werk voorlê, is daar reeds merkbare verbetering danksy die harde werk en ondersteuning van verskeie betrokkenes.

’n Besonder groot bydrae is gelewer deur Celeste Walters en haar span van Leoco Damme , wat oor drie dae onverpoos gewerk het om drie bane weer speelbaar te maak. Die klub spreek hul opregte dank en waardering teenoor die span uit en erken dat die situasie baie moeiliker sou wees sonder hul ondersteuning.

Die klub bedank ook opreg al die lede en persone wat hul tyd, toerusting en hulp aangebied het. Die gees van samewerking en omgee binne die tennisgemeenskap het weereens duidelik na vore gekom.

Address

St Francis Street
Malmesbury
7299

Telephone

+27832687188

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Malmesbury Tennis Klub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Malmesbury Tennis Klub:

Shortcuts

Share

Category