KAROO Gatskuur

KAROO Gatskuur Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from KAROO Gatskuur, Sports, Magaliesburg.

05/05/2024
AN EVENT NOT TO BE MISSED! The annual Rum Run to Lugar Do Mar is filling up once again! Come and join us for a run from ...
05/09/2023

AN EVENT NOT TO BE MISSED! The annual Rum Run to Lugar Do Mar is filling up once again! Come and join us for a run from Subaru Pretoria and Subaru Nelspruit to Macaneta in Mozambique. Adventure bikes and Subaru's welcome!
Book now @
[email protected]
+27724261380
+258845780280

KAROO GATSKUUR 2022Dag 10 KIMBERLEY – GROTTO TO GRAVEL 483kmOns het afgespreek om almal 07h00 ontbyt te eet en daarna in...
24/04/2022

KAROO GATSKUUR 2022

Dag 10 KIMBERLEY – GROTTO TO GRAVEL 483km

Ons het afgespreek om almal 07h00 ontbyt te eet en daarna in die pad te val. Vandag is die laaste dag van hierdie toer en in my hart lê ‘n buitengewone tipe hartseer, maar ook ‘n opgewondenheid om by die huis te kom. Ek d**k almal het op daardie stadium so gevoel. Hulle sê mos “there is no place like home” en vandag verstaan ek daardie sêding al te goed!

Om die toer te kon voltooi, was en is vir my niks anders as ‘n absolute voorreg nie. Ek, die enigste platte tussen die klomp latte en hardebaarde. Dit was uitdagend en moeilik, maar ek is so bly ek kon vasbyt en dat my ou Yammie, nooit die agterkant van die sleepwa gesien het nie…nie een sekonde ‘n probleem opgetel het nie en ek nooit eers nodig gehad het om haar op “reserve” te sit nie. Maar, “make no mistake” sy het die hardste sitplek waarop ek nog ooit my agterent neergesit het…baksteen hard en dit is nie ‘n “understatement” nie.

Ek kan ook nie hierdie toer se storie afsluit, sonder om te praat oor die 8 ander Honda CD200 Roadmasters nie. Vandag verstaan ek eerlikwaar, waarom my man se keuse van fiets nooit enige iets anders as hierdie merkwaardige fietsie was nie. Selfs toe ek die Yamaha SR250 vir hom koop en ged**k het ek bederf hom, het hy net geantwoord dat hy van die begin af gesê het hy gaan Karoo toe ry op ‘n Honda CD200 en hy bly daarby!

Elke kilometer van hierdie toer, het daardie Hondatjie van hom voor my gery en kon ek na haar gepurrrrr….luister vir 3500km. Soos Gussie sê: “sy het nie ‘n beat gemis nie”.

Honda het verskeie 200 cc motorfietse vrygestel in die 1980’s. Die model wat onderskeidelik in Suid-Afrika en Pakistan vrygestel is, was die Roadmaster. Die Roadmaster was ‘n twee silinder enjin, met ‘n 10 grade silinder hoek en ‘n 360 grade “crank” hoek, wat beteken het die “pistons” het saam op en af beweeg en “TDC” en “BDC” gelyk bereik. Dit was, soos die slim manne sê, ‘n “detuned version” van die CD185, maar met laer kompressie “pistons”. Die resultate was minder krag, beter brandstof verbruik en ‘n laer top spoed.

Van die hardebaarde op die toer, het hulle “delivery bikes” gedruk tot die maksimum spoed van 120km per uur, maar noodeloos om te sê dat een van daardie fietse op ‘n sleepwa terug gekom het.

Hulle is verseker nie gemaak om te 3500km teen top spoed te ry nie, maar daar is geen perke aan hul BETROUBAARHEID nie.

Ons het soveel VERTROUE in hierdie fietse dat ons beplan om einde Mei ‘n astronomiese +- 7000km met hierdie fietse te ry, wat onder andere die Baviaans, Gamkaskloof, Sani Pas, Tankwa Karoo asook vele ander uitdagende roetes, met ons Honda CD 200’s te ry.

Dit sou nou ook die perfekte tyd wees om te gesels oor my “BMW” Yammie. BMW Motorrad SA het my per kilometer geborg en ek het besluit dat ek my Yamaha SR250 sou “wrap”. Ink Monkey het die pragtige veelkleurige hippie geinspireerde blomme met die BMW logo in die middel ontwerp en dit was presies wat ek in gedagte gehad het. Breë bors trots om as EERSTE en ENIGSTE vrou, hierdie toer te kon doen en te voltooi. Hoekom het Yamaha my nie geborg nie…wel – ek wag nog steeds dat hulle my email moet antwoord! Hierdie toer is ook ‘n bewys van wie die rolspelers in die motorfiets bedryf is. BMW Motorrad SA en HONDA SA...BAIE, BAIE DANKIE!

Wat vir my persoonlik moeilik was, was dat ek nie werklik êrens ingepas het nie. Die manne…wel hulle was tipies manne…drink ‘n bier as ons stop en vergeet dat ek ook daar is…die Gatgabbas in die ondersteuningsvoertuie kuier saam en ek voel half uitgesluit, soos een van daardie ongewilde kinders op skool.

Saans by ons bestemming, het my man meestal verstellings en herstelwerk gedoen aan almal se fietse en ons het heelwat minder tyd saam spandeer as waaraan ek gewoond is, wanneer ons toer! Tipies vroumens, was my bek soms dik.

Ons vertrek presies op tyd en die lug op my gesig is hoendervleis kry, lekker! In my ore blêr Theuns Jordaan se Beauford-Wes. Die Noordkaap is groen en orals lê damme water en dit is pragtig, veral as jy gewoond daaraan is dat dit hier altyd maar vaal en baie droog is.

Net buite Hartbeesfontein, moes Gus verstellings aan Heinro se fiets maak en kon ons die lang en eentonige pad weer aanvat. Leon bel en spreek af dat hy en sy vroutjie Charmaine ons in Ventersburg sal kry met sy Ural en Charmaine op ‘n nuwe Vespa. Hulle wou graag die laaste ent saam met ons huistoe ry, omdat Leon vroeër moes terug gaan huistoe.

In Ventersdorp is dit tyd vir koffie en ‘n “garage pie” en bene rek. Ou Leon blaas daar by die motorhawe sy Ural se “hooter” toe ons afdraai en ons ry soos ‘n string karre na ‘n troue in Soweto, met 'n moerse geraas die parkeerarea binne! Ou Leon is so opgewonde en dis so lekker om ons vriende weer te sien. Linda, met haar seer arm besluit om saam met Leon in die Ural se "sidecar" te ry.

Ons stop sowat 15h00 voor die plaas se hek en die trane loop oor my wange en ek skree vuis in die lug “YES”! Hein “fist bump” my en selfs hy lyk aangedaan. Ons het KAROO GATSKUUR 2022 se g*t geskop! Almal blaas hulle “hooters” en vergeet vir ‘n oomblik van die ongemaklikheid tussen ons en gryp en soen mekaar – net soos wanneer die Springbokke ‘n toets gewen het.

Elouise gee vir my ‘n bloedrooi “safety hat” en ‘n klap soen! Dié parmantige gedoente het plek vir twee biere...een aan elke kant en ‘n pypie om te drink en sy sê dit is omdat ek die toer klaargemaak het. Gussie kry almal bymekaar en bid om vir ons Hemelse Vader dankie te sê vir die voorreg wat ons gehad het om hierdie toer te kon voltooi en dat ons weer veilig by die huis is!

Daar word gewerskaf om bagasie uit te sorteer en kort daarna is almal oppad huistoe en is ons besig om ons laaste goedjies uit te pak. Ons stort en klim in die bed, te moeg om te praat en hou mekaar net vas. Woorde, sou nou oorbodig wees.

Die Karoo Gatskuur 2022 het vir ons en vir my persoonlik, heelwat lesse geleer. Kies ‘n span wat elk ‘n spesifieke rol sal speel en take moet verrig. Moenie alles self probeer doen nie. Mense verskil en het verskillende persoonlikhede en behoeftes en soos die slim mense sê, dit neem net een swak skakel om ‘n ketting te breek. Kies jou deelnemers noukeurig. Elke deelnemer moet verkieslik oor die basiese kennis beskik om klein herstelwerkies self te kan doen. Kry die skriftelike onderneming van borge en ‘n duidelike omskrywing van presies wat hulle vir die toer sal borg, sodat donasie fondse nie gebruik word om 'n borg se uitgawes te dek nie.

Die DOEL van die Karoo Gatskuur is verseker om jouself te geniet, maar die belangrikste van alles is om fondse in te samel vir gestremde- en minderbevoorregte kinders en is dit ook een van die reëls van die toer dat elke deelnemer ‘n borg vir hom/haar per km sal kry. Hierdie toer word geensins gedoen om enige iemand finansieël te verryk nie.

Reëls en regulasies is myns insiens daar om struktuur en eenvormigheid te gee. Los die deelnemers by die huis wat nie by reëls en spertye hou nie, want hulle gaan jou verseker ook op die toer, moerse frustreer!

Ons wil BAIE DANKIE sê vir elkeen wat hierdie droom saam met ons aangepak het en wat bygedra het om daarvan 'n werklikheid te maak! Elke persoon het op hy/sy unieke manier 'n groot bydrae gelewer.

Al was almal vrek moeg, weet ons dat hulle ook soos ons sal d**k...die irritasie, woede en skewe woorde onder mekaar word by verre oorskadu deur die ONVERGEETLIKE TYD wat ons saam kon spandeer in ons mooi land op 'n hol ontploffende harde "delivery bike" sitplek.

Ons is almal so ontsettend BEVOORREG om dit te kon doen en vir ons was dit 'n voorreg om met almal ons HARTSPLEK te deel! Ons het dit gedoen waarvoor ons die liefste is...MEKAAR en "BIKE" RY!

Op die oomblik staan Gus se Honda CD200 Roadmaster by HONDA SA en ek is so bitter trots op my man se handewerk!

Stuur vir my 'n epos na [email protected] as jy graag aan volgende jaar se KAROO GATSKUUR wil deelneem! Daar is net 15 plekke beskikbaar!

Geforseerde diep gedagte vir die dag: JOB SE GEDULD

Daar is ‘n moerse lot interpritasies oor Job se geduld en ek lees dat daar selfs 21 verfskilderye daaroor gemaak is deur William Blake. Job was ‘n goeie en regverdige man en God het Satan as instrument gebruik om vir Job te leer.

As jy die verhale van Job lees, kry jy sommer saam met hom swaar oor als wat hy verloor het…eers sy besittings, toe al sy kinders en daarna sy gesondheid. Job wat eers ‘n gesiene man was in sy gemeenskap, word later ‘n uitgeworpene. Terselfdertyd leer ons van sy vriende. Dis mos wat ons ook doen? As ‘n vriend swaar kry, toon ons medelye en aanvanklik doen Job se vriende dit, totdat hy begin praat. Hy praat sy hart uit. Hy vra vrae. Hy wil graag weet HOEKOM het dit hom oorgekom? Hy is uitgemergel en moedeloos.

Sy vriende hou nie van wat hy sê nie en probeer hom sagkens reghelp, maar soos die tyd verloop en Job nie na hulle wil luister nie, begin hulle met hom redeneer!

Dit laat my wonder… Is dit nie maar hoe ons mensdom ook maak nie? Ons leer, as vriende van iemand wat swaarkry, om te LUISTER na wat die persoon sê, en nie sommer gevolgtrekkings te maak nie en eerder te ondersteun as te verwerp. Ons leer by Job dat, al is hy moedeloos, al vra Hy vir God ‘n klomp vrae en al sê hy dalk verkeerde dinge, dat Hy steeds aan God bly vashou, want waaraan anders moet hy vashou?

Waar presies die uitdrukking, “Job se geduld” vandaan kom, weet ek nie, maar dit het my geleer om te weet dat ‘n oomblik van geduld, in ‘n oomblik van woede, my ‘n honderd oomblikke van spyt , sal spaar.

Tot 'n volgende keer...

Grondpad groete!

Address

Magaliesburg
1791

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when KAROO Gatskuur posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category