10/12/2022
Die jaar 2022 word afgesluit met ń heerlike braai en welverdiende swem-pret vir die karatekas!
Sensei DeWet v Wyk en Senpai André Breytenbach word bederf as ń klein blyk van waardering vir hulle harde werk en toewyding! Ons karatekas is bevoorreg met julle!
Die 1ste oorhanding van die klub se "DeWet v Wyk Wisseltrofees" vir beste vordering word ook uitgedeel:
• Beste Vordering Belde Wit-Groen: Theané vd Linden (ongelukkig afwesig op die aand)
• Beste Vordering Belde Blou-Bruin: Ickhardt Muller
Baie geluk!!! Ons sien uit na 2023!!