14/12/2021
Week Een
Tema: Touspringkompetisie
Elke lid van die gesin moet kyk hoeveel spronge kan in drie minute gespring word. Die gemiddelde van die ouers se totale word by die gemiddelde van die kinders se totale getel om ‘n GESINSTOTAAL te kry. Daar waar daar net een ouer is wat kan deelneem, of net een kind wat kan deelneem, is die ouer of kind se totaal outomaties die gemiddelde ook.
Bv:
Ouer 1: 25 spronge
Ouer 2: 35 spronge
= 60 spronge. Dws 60 ÷ 2 = 30 (gemiddelde van twee ouers saam)
Boeta: 20 spronge
Sus1: 25 spronge
Sus2: 42 spronge
= 87 spronge. Dws 87 ÷ 3 = 29 (gemiddelde van die kinders saam)
Gesinstotaal is dus 59
Hierdie telling saam met ‘n videotjie van waar julle spring, moet op jou FB bladsy gepost word en die Laerskool Rustenburg, sowel as die MB Larries moet ge-“tag” word met .
Elke lid van die gesin kan soveel kere as wat hul wil probeer om die hoogste telling op te stel vir die DAG, en daardie poging se telling en videotjie word dan gepost.
BAIE BELANGRIK... jul moet noem OF DIE HELE GESIN deelgeneem het of NIE. As dit nie genoem word nie kom jul gesin NIE IN AANMERKING vir die 50 BONUSPUNTE NIE!!
Daaglikse wenner sowel as weeklikse wenner word bepaal en bekend gemaak.
Om die eerste week se wenner te bepaal word die tellings van die hele week bymekaargetel.