Marlothpark Jukskeiklub

Marlothpark Jukskeiklub Kom beoefen 'n eg Suid-Afrikaanse sport. Daar is geleentheid vir sosiale spel sowel as ligas. Belangstellendes word touwys gemaak deur ervare jukskeispelers.

Die Mpumalanga Jukskei ligaseisoen het Saterdag 23 Aug in aanvang geneem. Marlothpark het n span ingeskryf wat voortrefl...
24/08/2026

Die Mpumalanga Jukskei ligaseisoen het Saterdag 23 Aug in aanvang geneem. Marlothpark het n span ingeskryf wat voortreflik hulle jukskeivernuf vir die dag bewys het. 👏💪

Vir navrae kontak
Johan Bosman op
0824090185

Dis altyd aangenaam as besoekers n draai by die jukskeibane maak. 5 spelers van Thipiese het Saterdag kom inloer en saam...
24/08/2026

Dis altyd aangenaam as besoekers n draai by die jukskeibane maak. 5 spelers van Thipiese het Saterdag kom inloer en saam ons skeie gegooi.
Dankie vir julle teenwoordigheid. 💫

Johan Bosman is gekies as voorsitter van Marlothpark Jukskeiklub na die afsterwe van ons vorige voorsitter.Sterkte Johan...
19/08/2026

Johan Bosman is gekies as voorsitter van Marlothpark Jukskeiklub na die afsterwe van ons vorige voorsitter.
Sterkte Johan, ons vertrou dat jy jou jukskei kennis en passie vir jukskei met ywer sal uitvoer.
Saam GAAN ONS GROOT.

Vir enige navrae kontak Johan op 082 409 0185

08/08/2026
Dis met diepe hartseer dat ons n groot boom en voorsitter van ons klub na n kort siekbed moet groet. Cas jou menswees sa...
04/07/2026

Dis met diepe hartseer dat ons n groot boom en voorsitter van ons klub na n kort siekbed moet groet. Cas jou menswees sal vir altyd in ons midde bly.
Marlothpark Jukskeiklub salueer jou 🤗💫
Sterkte aan Mariè en familie in hierdie bitter hartseer tyd. 🙌 💝

Op Saterdag 20 Junie bied Marlothpark Jukskeiklub die 1ste jaarlikse Winterjukskei vir Mpumalanga op ons bane aan.Spelfo...
19/06/2026

Op Saterdag 20 Junie bied Marlothpark Jukskeiklub die 1ste jaarlikse Winterjukskei vir Mpumalanga op ons bane aan.
Spelformaat beloof om elke speler n regmatige kans te gee om hulself te laat geld. 🥳

Kom maak gerus n draai by Henk van Rooyen park om die dag se verrigtinge te bespeur. 🤩

Woensdag het ons spelers weer gaan skei gooi om op te warm vir die dag.
Kontak
Cas Joubert op
0787780944

Kom geniet n heerlike sosiale jukskei dag saam met Marlothpark Jukskeiklub.Enige persoon welkom. Jukskei het nie ouderdo...
03/06/2026

Kom geniet n heerlike sosiale jukskei dag saam met Marlothpark Jukskeiklub.
Enige persoon welkom. Jukskei het nie ouderdomsbeperking.
Kom klop aan en geniet die dag saam met ons.

Om in te skryf watsapp
Gerda op 0636098744

Juksei het geem ouderdomsbeperking!! Die sport is gebou vir jonk en oud.Tydens n oefensessie het die spelers oom Daan se...
07/05/2026

Juksei het geem ouderdomsbeperking!!
Die sport is gebou vir jonk en oud.
Tydens n oefensessie het die spelers oom Daan se 90ste verjaarsdag gevier.
Wat n voorreg om n persoon met soveel lus vir die spel in ons midde te hê. Oom Daan met sy kwinkslae maak ons gemoed ligter. Oom Daan is nie deel van ons liga spanne maar daag getrou op tydens sosiale oefening.

Vir meer inligting mbt Marlothpark Jukskeiklub
Kontak Cas Joubert op
0787780944

🌸OKTOBER🌸Ons dra kanker op die hart, want ons gee om. Marlothpark Jukskeiklub oefen vandag in pienk..Kontak Cas Joubert ...
04/10/2025

🌸OKTOBER🌸
Ons dra kanker op die hart, want ons gee om.
Marlothpark Jukskeiklub oefen vandag in pienk..

Kontak Cas Joubert op
0787780944

Address

Henk Van Rooyenpark, Maroelastraat 587
Komatipoort
1321

Opening Hours

Wednesday 15:00 - 18:00
Saturday 08:00 - 11:00

Telephone

+27636098744

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Marlothpark Jukskeiklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Marlothpark Jukskeiklub:

Shortcuts

Share

Category