21/12/2025
So staar ons 2025 se einde in die gesig, en maak gereed vir n nuwe jaar.
Maar voor die jaar se uurglas uitloop, Wil ek die tyd gebruik, om vir elke ma, pa, kind en ruiter dankie te sê vir nog n onvergeetlike jaar!
Ouers dankie dat julle my die geleentheid gun om julle kinders kampioene te kon maak, baie trofees gewen, rosette in gepalm, soms net om vrese en struikelblokke te kom oorkom! Ek hul kon help om hulself te vind en mens te word!
Dankie vir die ure wat julle langs arenas deur gebring het! Dankie vir die duisende rande wat julle op jul kinders spandeer het! Julle help om klomp drome waar te maak!
Saam het ons gelag as dit lekker was en ook gehuil as dit seer was, maar saam julle doen ek dit enige tyd weer!
Geniet die Christusfees en wees veilig sluit 2025 goed af en begin 2026 sterker as ooit!
Droom groot! Sprei jul vlerke en gaan vlieg hoog! So trots!
Mag die Here elkeen genadig wees.
Ek is lief vir elkeen van julle
Coach A
Xx