18/08/2026
Lapésa is trots op hierdie jong tennisspan!
Welgedaan aan elkeen 💎🎾
🎾💎 JONG DIAMANTE STAAN HUL MAN IN CRADOCK!
Diamantveld het van 12–15 Augustus aan die Marilie Moolman-tennistoernooi in Cradock deelgeneem. Weens ons senior spelers se eksamenverpligtinge het ons vanjaar ’n besonder jong span, wat hoofsaaklik uit juniors bestaan, gestuur om aan dié o/18-toernooi deel te neem.
Ons jong spelers het hul uitstekend van hul taak gekwyt! 👏 Die seunspan eindig 8ste en die meisiespan 9de – ’n prestasie waarop ons baie trots is.
Diamantveld stap boonop weg met die trofee vir die beste talent van die toernooi! 🏆🎾
’n Verdere hoogtepunt was die benoeming van Resé Delport en Jeane Harding vir die gesogte Marilie Moolman-toekenning. Hierdie toekenning vereer spelers wat uitblink in nederigheid, respek vir die spel en teenstanders, deursettingsvermoë, sportmanskap en ’n positiewe ingesteldheid.
Diamantveld was die enigste skool met twee spelers wat vir dié besondere toekenning genomineer is – ’n groot eer en ’n bewys van die waardes waarmee Resé en Jeane ons skool op die tennisbaan verteenwoordig. 💙💛
Baie geluk aan al ons spelers! Ons is trots op die uitslae, maar nóg trotser op die karakter, respek en sportmanskap waarmee julle op én van die baan af opgetree het.
Julle het Diamantveld se naam hoog gehou! 💎